2009-08
jongklomp
storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

posbus

 
na grootmense
 
soek

Ek het van hierdie boek gehou...

Wil jy vertel van 'n gawe boek wat jy gelees het?
Gebruik die posbus en om dit aan Storiewerf te stuur.

Ek is mal oor Afrikaanse boeke en het al self een by Storiewerf gewen. Dit was die eerste keer wat ek op op die webtuiste afgekom het en dadelik toe ek die boek Onderwêreld sien wou ek hom hê!! Ek het ingeskryf en was baie gelukkig, want ek het hom gewen. Dit is 'n baie goeie boek en my vriende staan tou om hom by my te leen. Nog 'n baie mooi boek wat ek gelees het was Druppelkie deur Arno Fourie. Dit is 'n ware verhaal van 'n meisie wat kanker gehad het. Nog 'n boek wat vir my baie mooi was is Hoor jy die skoenlapppers. Dit gaan oor 'n dowe meisie. Sy vind uit dat skoenlappers ook doof is. Ek is mal oor lees en wens ons biblioteek kan meer Afrikaanse boeke kry!

Charmaine Vorster (15) 2009

Is Anton werklik 'n goeie invloed op Hannes? Is Hannes dalk te geheg aan Anton? Voel Anton en Hannes dalk meer vir mekaar as wat hulle behoort? Dit is alles vra wat ek deur die lees van hierdie boek vir myself gevra het... Vlerkdans, my voorgeskrewe boek vir afrikaans verlede kwartaal was... onbeskryflik! Dit gaan oor 'n jong kunsstudent, Hannes en 'n balletdanser, Anton en hoe hulle verhouding groei... ek wil nie die storie weggee nie, maar ek sal jou een ding sê, hou vas aan jou stoel, jy's in vir die storie van 'n leeftyd!...

Ciska Kruger (14) 2009

Seesand, Sonbrille en Smokkelaars is DIE beste boek. Snaaks, romanties, onvoorspelbaar en het 'n goeie einde. WOW!

Anika Pienaar (12) 2009

Ek het nou onlangs 'n boek gelees met die naam van: Geraamte in die klas deur Fanie Viljoen. Julle die boek is regtig AWSOME!!!!!!!!! Die boek is vrek snaaks ook daarby. As daar seuns is wat die boek gan lees, stel ek voor moet nie idees kry, en dit op die meisies te probeer trek nie!! Oom Fanie jy mag maar skryf want jy's die beste!! Ek het maagkrampe gekry so lekker het ek gelag! Ek was 24/7 vasgenael voor die boek. Hy's nommer een op my lysie!!!!!!

Alicia Smit (12) 2009

Dit is in die tyd van die oorlog tussen die Franse en die Engelse. Die skip Jeanette lê rustig in die hawe en wag. Dit is douvoordag en almal slaap behalwe een man. HI daar! Ontmoet die reeks van een van my gunsteling storiehelde. Hy is 'n seeman duisend! Sy naam? Hoe kan jy vra? jy behoort te weet! LAFRAS CUYPER 'n afrikaner met ongelooflike fantastiese oë! 'n Hartseer geskiedenis, maar 'n opwindende toekoms! Hierdie merkwaardige reeks is 'n MOET vir oud en jonk. Na die eerste paar bladsye sal jy al die seelug ruik en die golwe hoor. Jammer hulle druk nie ook hierdie reeks nuut uit nie!!

Natasha Ferreira (10) 2008

Ek is mal oor die Thomas@ boeke en ek is ook mal oor elektroniese goed soos selfone en REKENAARS. Ek het op storiewerf.co.za gelees dat hulle sê Trompie was vir 50 jaar 'n baie goeie reeks vir kinders. Ek het ook gelees hulle sê dit sal cool wees as Thomas@ ook vir 50 jaar baie bekend en cool sal wees. Dit beteken dat Carina Diedricks-Hugo nog ten minste 15 Thomas@ boeke moet skryf. Ek het nou net 'n brief gestuur en gevra of Carina Diedricks Hugo nog 'n boek in die reeks moet skryf. Die goed Rock!! Dit sal cool wees as daar nog 'n boek kom, want die boeke is opwindend ek lees so vinnig deur, daar moet tog nog boeke in die reeks kom. Ondersteun vir Carina Diedericks Hugo dat sy nog Thomas@ boeke moet skryf.

Ek hou baie van Moord.net. WRRR Dit spooooooooook!!!!
En SMS.net. Die REEKSMOORDENAAR gaan my vang! BRRRRR!

Tian Alberts (10)

Ek is 'n jong Afrikaanse onderwyseres en lees al die wonderlike jeugboeke wat daar deesdae bestaan om die kinders daarvan te vertel. Ek WENS ek het al hierdie boeke ontdek (of Storiewerf het al bestaan) toe ék nog op skool was. Wat 'n plesier is die boeke van Jaco Jacobs nie! Ek wens net daar was meer jeugboeke wat so eenvoudig was dat ek dit saam met sukkelende tweede taal (hoërskool) leerders ook kon lees. Kinders wat nog nooit 'n (Afrikaanse) boek opgetel het nie, is in vervoering oor My ouma is 'n rock-ster, Sit! Oom Paul, Liefde laat my rice krispies anders proe, Ouens is nie pizzas nie, Tippex dit uit. Dankie vir skrywers wat sulke wonderlike boeke skryf om kinders te laat glo in die wonderwêreld van boeke! Lees is 'n FEES!

Liesbet Gelderblom

Dokter Jan Baumann se groot dubbelverdieping huis teen die kant van die heuwel het n pragtige uitsig oor die vallei. Dit is skemer - 'n tyd van vrede. Maar skielik word die stilte verbreek deur n klavier wat hard in dokter Baumann se huis gespeel word. 'n Opgewekte deuntjie weerklink deur die buurt. Dan begin iemand sing. Dis n suiwer stem. Menige inwoners se voete begin op maat van die vrolike musiek tik. Hulle glimlag en sê met n teer kyk in die oë: "Die Saartjie... Ai die Saartie..."

Dit is die gedeelte wat agter elke Saartjie boek staan en ai 'n mens word nooit moeg daarvan nie! Of sy nou heuning uit 'n byekorf haal en of sy nou net sit en lees, iets is altyd aan die gang. Ek is mal oor Saartjie want jy lees oor al die kattekwaad wat die drie (Saartjie en haar vriendinne Anna en Linna) in die stad van Lynekom aanvang en dink net aan hoe "cool" dit sou wees om dit te doen!!!!

Ciska Kruger (12)

PS NEEM DIE BOEK UIT OF KOOP DIT(dit gee baie tips oor hoe om daardie tannie wat jou wange so knyp 'n les te leer! ens. HAHA LOL!! :)

Sekere boeke trek mens se aandag doodeenvoudig meer as ander. Die boek wat werklik my aandag vasgevang het van die eerste oomblik af was Die dinge van 'n kind deur Marita van der Vyfer. Ongelooflike boek. Incredibly amazing. Ek was aanvanklik huiwerig omdat die boek van my ma se boekrak kom en dus was ek skrikkerig dat dit dalk bietjie oudoos sou wees. Not at all!

Die verhaal is die van Mart Vermaak en haar beste vriendin op kosskool, Dalena van Vuuren. Die twee se antics en avonture is vir die ietwat ouer leser, die volgende stap na die trefferreeks Maasdorp-boeke. Saam swoeg Dalena en Mart deur die deurmekaar wereld van 'n Suid-Afrikaanse tienermeisie. Alles word gedek van swangerskap tot seuns, sjokolade en vodka, partytjies en vriendskap.

Die boek is fantasmagories en sal tot in lengte van dae sy plek op my eie boekrak behou. Ek het dit vreeslik geniet, een van daardie boeke wat weer en weer en weer gelees kan word. Ek kon identifiseer met die gebeure in die boek en dus het dit die boek meer interessant vir my gemaak. So ook die karakters, die jonger sussie van Mart Vermaak, Mart haarself en die spontane Dalena. Deur al die oppervlakkige lawwigheid van tienermeisies is daar ook baie ernstige onderwerpe wat onderlangs en tussen die lyne opgehaal en bespreek word. Die politieke krisis in Suid Afrika en so meer. Magical. Die boek is werklik stunning en ek beveel dit aan vir enigeiemand, verkieslik nie meer laerskool nie. Die boek is tog great al is sekere dele nie geskik vir jonger lesers nie, maar dit gee die boek sy karakter en sy absolute waarde. Full marks.

Mika Stanvliet (16)

My skool het ongelukkig nie 'n biblioteek nie, maar gelukkig werk my ma by een en ek is net mal daaroor om Saartjie te lees. (Ek trek by boek agt). Saartjie is een van die wonderlikste boeke in die wêreld. Dit laat jou voel of jy in die storie self is! Dit is baie lekker om te lees! Saartjie is een van die beste reeks boeke wat ek al gelees het! Baie dankie vir wonderlike boeke soos Saartjie!

Almé Bester (14)

Verjaarsdagwedstryd 2007

Die wenners is: Ciska Kruger en Liesbet Gelderblom
    Nog storiegedorie boeke

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009