|
Marita
van Aswegen is die skrywer van Roer jou riete, Pampas.
Sjané
van Aswegen se
eerste verhaal, Mietjie van Muisedam, is met die hand geskryf.
Theresa
van Baalen skryf kleuterboeke soos Aspris Krokkedis.
Dolf
van Coller is die skrywer vn die jeugroman, Skoonveld.
Prevot
van der Merwe skryf Skoenlappers vlieg voor brekfis
en Poppe wil nie altyd dans nie.
HS
van Blerk skryf verhale soos Bewaker van die oerbos en Die edelvalk
van donkerkruin. Kas
van den Bergh skryf veral vir grootmense maar het ook 'n klompie gawe jeugboeke
geskryf soos Spesialiste van Overvaal en Nuwe seun op Overvaal. Marita
van der Vyver is bekend vir haar romans vir volwassenes. Sy het ook kinder-
en jeugboeke geskryf. Lees gerus Olienosters op die dak en Tien vir
'n vriend. Johan
van Lill is die skrywer van Agtervolger. A.A.J.
van Niekerk skryf dierestories, volksverhale en kleuterverhale soos Die
wit perd van Calvinia en Die ring om die maan. Betsie
van Niekerk hou van verhale wat in die natuur afspeel. In Gamkab onderneem
Louis en sy pa 'n kanovaart op die Oranjerivier. Sy is ook die skryfster van Die
Rooiberg is hol. Dolf
van Niekerk se verhale is vir jongmense is Die haasvanger, Skrik
kom huis toe en Karel Kousop. Roelf
van Rensburg is die skrywer van jeugverhale soos Die nagboek, Die droomboom
en Gooi hom in die sloot. Louise
van Niekerk is die skepper van die Reënboograntreeks en die Monstermaanboeke.
Tienertantrums, Wat borrel in die pot? en Drome en dramas is van
die stories wat sy geskryf het.
Mary-Ann
van Rensburg is die skryfster van jeugverhale soos Die
geur van jasmyn, Die wit duif en Ontdekkings.
Engela
van Rooyen het 'n groot klomp jeug- en kinderboeke geskryf. Bekendes is
die Gesieboeke (Gesie van Sonsig, Gesie maak lig) en Die duiwe van Botala.
Sy skryf ook verhale vir volwassenes. Marietjie
van Rooyen is voltydse skrywer, vertaler en redigeerder. Sy het Die
Vyfletterwoord geskryf. Nanette
van Rooyen skryf stories met lekker titels soos: Houtpapegaaie praat
mos nie,
Lila langs die rietkuil, Die
groen koei en Maaneiers. Sy skryf ook kortverhale vir grootmense. Annico
van Vuuren is die skrywer van Boetebossie en 'n Vlermuis vir kersfees. Jan
van Tonder se jeugverhale is Is Sagie en Die kind. Verna
Vels
is die
skepper van die Liewe Heksie-boeke. In Liewe Heksie en die rekenaar raak
Heksie nog steeds deurmekaar met Koning Rose... se naam. Kan jy sy naam onthou? Ben
Venter is bekend vir sy jeugboeke Waterbobbejaan en Salmaklak. De
Waal Venter skryf van radiodramas tot rolprente. Gelukkig skryf hy ook
jeugboeke soos Mieg
se kort en lang middag, In die klein woud en
Swaartekrag
een komma een. F.A.
Venter is bekend vir sy boeke oor die Groot Trek. Hy is die skrywer van Die
geheim van die berg en Wit Oemfaan. Onder die skuilnaam Meiring Fouche
skryf hy saam aan die Swart Luiperd-reeks.
Paul
C Venter is die skrywer van Die maan skyn so helder jy kan op Jupiter sien. Arnold
Vermaak is 'n jong skrywer wat met die jeugverhaal Buys gedebuteer
het. Jan
Vermeulen het die Sanlamprys gewen vir Geraamtes dra nie klere nie.
Fanie
Viljoen is die skrywer en illustreerder van Slym, die verhaal van
die eerste wurm wat in 'n paddakonsert opgetree het en die jeugboek Breinbliksem. A.G.
Visser is veral bekend vir sy kinderversies. A.J.J
Visser het 'n groot klomp kinderverse geskryf, en ook poësie vir
volwassenes. "Het ek my verbeel of hoor ek 'n orkes wat deur
die strate speel?" |