September 2010

jongklomp
storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

posbus

 
na grootmense
 
soek

Skrywer van die maand


Theresa van Baalen

Kuier by Theresa

Meer oor Theresa

Kom kuier by..

Theresa van Baalen is die skrywer van Aspris-krokkedis en Karla Krullebol. Jaco Jacobs het by haar gaan uitvind waarom skryf is soos om 'n olifant te eet en waar haar storie-idees vandaan kom.

Christien Neser is die skrywer van Kondensmelk. Marlize van die Walt het die boek baie geniet en het met Christien gesels oor boeke, skryf, stories en interessante karakters.

Jaco Jacobs het onlangs by die Laerskool Mikro in Kuilsrivier gaan kuier. Hulle het hom 'n paar lekker vrae gevra.

Riana Scheepers en Suzette Kotze is die samestellers van die Nuwe Kinderverseboek. Marisa Beeton het hulle 'n klompie vrae gevra.

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp skryf saam die SSS-avonture. Anika Pienaar is mal oor die boeke en het 'n paar vrae vir haar gunsteling skrywers gevra.

Nelia Engelbrecht is die skrywer van 'n rits boeke, waarvan die nuutstes kinderboeke soos Die seun met die blou hare en Alicia en die Zitzappers is. Elana van der Vyver het by haar gekuier.

Chrisna van Rensburg is die redaktrise van die Kakkerlak. Stefan Fanoy het met Chrisna gesels oor haar tydskrif en wat 'n redaktrise alles doen.

Formule Drie, Twee, Een! Franci Greyling en Vian Oelofsen en se prenteboek het in September 2007 verskyn. Franci het by Vian gekuier en met hom oor die boek en sy werk gesels.

Leon de Villiers se nuwe jeugboek, Toko, het in April 2007 op die rakke verskyn. Ihette Jacobs het met Leon gesels oor die boek en die unieke ruimte, karakters en plot.

Die debuutroman van Anzil Kulsen, vertel die storie van Zita. Anneretha Combrink het saam met Anzil gekuier en gesels oor die uithou en aanhou van skryf.

Deon Meyer se spanningsverhale is al in verskeie tale vertaal en het etlike pryse węreldwyd ingepalm. Orion is ook as 'n televisiereeks op kykNET en MNET in 2006 uitgesaai. Elzebet Venter het met hom gesels.

Piet Grobler, die skepper van Storiewerf se lettervrate, is 'n veel bekroonde illustreerder van kinderboeke. Braam Bredenkamp het met hom gesels oor sy werk, wat hom inspireer en waar hy aan al sy idees kom.

Kuier ook by:

Marianna Brandt
Riana Scheepers
Kobus Geldenhuys
Fanie Viljoen
Carina Diedericks-Hugo
Barrie Hough
Lizz Meiring.
Marita van der Vyver
Janie Oosthysen
Jackie Nagtegaal
Jaco Jacobs
Louise van Niekerk Louise Prinsloo
Leon de Villiers
Martie Preller
PG du Plessis
Hesma Nel
Francois Bloemhof
Verna Vels
Elkarien Fourie
Balkie Balkie

Verbeel jou . . . ja, jy kan . . . verbeel jou jy is by 'n boekbekendstelling. Om jou maal ander mense. In netjiese hopies staan die boek wat vanaand bekendgestel word. Hierdie een:

Terwyl jy die boek in jou hand het, stel iemand die skrywer voor en hy begin te praat oor lewe in die onderwęreld . . .

Wie is wie?

Kry die antwoord by Storiemakers.

Ken jy 'n skrywer met wie jy vir Storiewerf 'n onderhoud wil voer?
Laat weet bietjie

Volg 'n kursus in skryfkuns en kreatiewe denke aangebied deur dr Riana Scheepers, bekende en bekroonde skrywer in Afrikaans. Die klasse word aangebied in die historiese opstal op De Compagnie, Wamakersvallei, Wellington. Lees alles hieroor.

Hou jy van skryf? Wil jy by 'n universiteit studeer? Het jy geweet dat Skryfkuns as 'n vak by die Noordwes-Universiteit (PUK) aangebied word? Lees meer hieroor.


Vars nuus

Klik en wen!
Klik met jou kamera of klik op jou sleutelbord en deel jou idee van kliekkry. Gebruik jou rekenaar om 'n nuwe taal aan te leer en kliek met nuwe mense.


Klik 'n sleutelbord, klik jou tong en kry 'n nuwe kliek. Al die inligting oor die kompetisie.

Nova: Die begin. Lees hoofstuk een uit Fanie Viljoen se Grilgrot

Waarom hou jy van spookstories?


Ons vertel altyd in ons boomhuis bangmaakstories dan kyk ons wie is nie bang om af te klim nie.
(Ben Swart)

Ek hou van spookstories van daardie skrywers want jy kan gewoonlik nie die boek neersit nie.
(Barbara Cronje)

Dis lekker om so te lag as almal bang is.
(Zettie de Vos)

Spookstories is wonderlik, want hulle is grillerig en rillerig... en die monsters is soveel meer skrikkerig, want jy kan jou verbeelding gebruik om te sien hoe hulle lyk (in plaas daarvan om te sien hoe iemand anders aan hulle dink).
(Adri Brits)

Dit is interessant om van spoke en allerhande grillige goed te lees!! (Gloudien van Zyl)

Die rede hoekom ek nog altyd van spookstories hou is op dit spannend en opwindend.
(Jean-Pierre Manuel)

Dit laat die hare in jou nek regop staan en dan het jy 'n verskoning om by mamma en pappa te slaap.
(Johan du Toit)

Dit laat my ril tot in my tone!
(Nicholas Jansen v Rensburg)

Ek hou van spookstories want dit laat die adrenalien pomp.
(Anri du Plessis)

Ek is mal oor Fanie Viljoen se spookstories, hy maak altyd sy stories so werklik!
(Simone van Eede)

Ek hou daarvan om soms angstig en bang te wees.
(Lizelle Willimse)

Ek hou daarvan om te sien hoe my maats onder die laken kruip en bang is.
(JA du Toit)

Ek kan dit oorvertel en my maats bang maak.
(Maruis Weyers)

Dit laat my bang voel en ek hou daarvan. (James Hayes)

Spookstories laat my gil.
(Lize Watts)

Dis lekker om laataand spookstories met jou maats te deel op 'n kamp.
(Armand Ritter)

Dit gee jou 'n lekker opgewonde-bang gevoel.
(Inge van Jaarsveld)

Dit maak my bang en laat my lag.Ek hou van dinge wat onwerklik is. Hierdie boek is deur die meeste van my gunsteling skrywers geskryf.
(Edward Lottering)

Lees 'n bangmaakstorie wat Fanie Viljoen spesiaal vir Gril!grot geskryf het. Die wraak van Erik, die Vampire.

Boeke lyk soms anders. In die projek Oor die einders van die bladsy van die NWU is ongeveer 40 skrywers en kunstenaars genooi om 'n eie boek te maak. Wat het hulle uitgedink? www.bookboek.co.za



Pynstiller is 'n grafiese verhaal van Fanie Viljoen as deel van Oor die einders van die bladsy-projek. Wees gewaarsku: die storie is ontstellend en bloederig. Dit gaan oor selfskending en spesifiek tieners wat hulself sny.

Hoezit! In Maart 2008 stel die ATKV 'n opwindende nuwe kindertydskrif bekend. Hoezit! is gerig op 9 - 12-jarige Afrikaanssprekende kinders met 'n onblusbare lus vir die lewe. Lees meer.

"Stories is lekkerder as vla." Jean Goosen (3 jr)


Laat weet vir STORIEWERF van interessante boekdinge wat by julle gebeur.

Stories is self oortuigend
Tandknerse grillend
O
pwindend
Romanties en rillend
Interessant
En sommer baie lekker

Jean-Pierre Manuel (14)

Wen lekkerlees boeke

WENNERS AUGUSTUS

Jan-Albert Pienaar -
Franco Brand - Kaitlyn Bauer -
Mari Esterhuyse -
Rohan Magerman -
Trisa Hugo - Sophia Pienaar - Lara Posthumus -
Rumay Strauss -

Storiewerf 10

Verjaarsdagwense
wenner

Bea Labuschagne

Soek jy 'n boek? Besoek Oondvars en ontdek wonderlike Afrikaanse kinder- en jeugboeke. Die boeksoekfunksie maak dit nog makliker om 'n boek op te spoor. Die nuwe databasis op Oondvars is moontlik gemaak deur die PUK-Kanselierstrust.




GRATIS NUUSBRIEF

Wil jy elke maand 'n nuusbrief van Storiewerf kry?

Naam

Van

E-pos adres
Ouderdom


Soek op Storiewerf

Soek jy altyd iets om by kunswedstryde op te voer? Kom na Kollig op Storiewerf. Dalk kry jy net die regte monoloog of samespraak hier.

Lees 'n nuwe storie in Haasbekkies:

Vlooitjie loop weg

|

Almal is altyd vrek opgewonde oor al die nuwe Afrikaanse boeke wat uitkom. Hulle geniet hulself gate uit en soek altyd nog lees pret. Ek hou ook daarvan om te lees, maar vandag wil ek net graag dankie sę aan ALLE Afrikaanse jeug-skrywers vir die wonderlike bydrae wat julle in ons land en ons lewe lewer! Mens vergeet party keer om dankie te sę en daarom wil ek graag namens Laerskool Eikestad en sommer die res van die land net sę dankie!! Ons is almal mal oor al julle boeke en julle moet NOOIT ophou om WONDERLIKE stories te skryf nie! Baie dankie! Adriaan Louw, Laerskool Eikestad.

Boeke laat jou op reis gaan en verskillende mense ontmoet, dis net lekker.
(Lara Crafford )

Boeke is my beste vriende en ek is nooit alleen as ek 'n boek het om te lees nie.
(Lize Bester)

Boeke vat my na plekke toe, laat my mense ontmoet en avonture beleef wat ek nooit self kan doen nie.
(Tiaan Bester)

Boek is fantasties, net om dat hulle is.
(Anika Pienaar )

Met elke boek wat jy lees is dit asof jy op 'n avontuur gaan.
(Anč Louw)

Ek hou van boeke, want jy weet nie altyd wat volgende gaan gebeur nie.
(Anika Pienaar)

Boeke is nou maar eenmaal 'n ander węreld.
(Adri Brits)

Wat is dan nou lekkerder as lees, om jou kennis te verbreed en sommer net lekker te ontspan.
(Maurné Pieters)

 

Vertel ander van Storiewerf dat hulle ook boeke kan bestel. Vertel die bib onderwyser van die webtuiste dat sy boeke vir die skool kan aankoop, want ons is 'n skool wat lees weer terug gebring het deur boeke vir elke graad aan te koop. So ons lees dat dit bars oor webtuistes soos julle. Nou weet die onderwyser wat om te koop en wat ons lees.
Tinette Brummer, Kroonheuwel Primęre skool.


Wat kan ons doen?
Ons is só verveeld!

Dit kan nie wees nie
dis eenvoudig nie waar nie!
Is hier dan nie 'n televisie, 'n radio of rekenaar nie?


Wat kan ons doen?
Wat kan ons tog maak?

Ons hou 'n resies -
'n wedren op wiele!



Formule drie, twee, een! se lewendige teks is ideaal vir allerlei opvoerings - of vir vervelige vakansiedae.

Kollig

 

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2010