2008-02

jongklomp
storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

posbus

 
na grootmense
 
soek

So is dit hier by ons

Suiwer of de not...

Nooit sou ek die waarde besef
van 'n antwoord in Afrikaans
'n Eenvoudige sin
sonder 'n handgebaar
sonder huiwering
sonder die gekraak van 'n telefoonlyn

'n Antwoord in Afrikaans,
suiwer of de not,
net plein direk

Wat ek nie sou gee as
De la Rey De la Rey
net kon kom lei
want
waar my hart hoort
borrel dit van verlange na

'n Eenvoudige sin
sonder 'n handgebaar
sonder huiwering
sonder die gekraak van 'n telefoonlyn

'n Antwoord in Afrikaans,
suiwer of de not,
net plein direk.

Helené Prinsloo (18) 2008

Ek is 'n uitruilstudent in België, reg in die hartjie van die Franse deel. Ek het hierdie gedig geskryf in klastyd. Helené Prinsloo (18) 2008

Suid-Afrika en België ontmoet...

Twee klasse, een uit Potchefstroom (Suid-Afrika) en die ander uit Lichtervelde (België) het 'n interessante projek onderneem en sommer baie pret gehad.

In die projek, In de warmte van moeder Braaien, het die kinders uit twee vastelande, vriende gemaak, geskryf, gelees, geleer, gelag, geniet...

Suid-Afrika en België ontmoet - Bydraes uit die projek

'n Gedig uit Belgie - Helené Prinsloo

G'day, mate! - Lynnéh Cilliers

'n Briefie uit Kanada - Ashley Lange

My skool is in die woestyn - Lindi Botes

'n Brief uit Engeland - Lize Marx

In Nieu Seeland is alles groen - Elke Vermeulen

Ons lewe in Jakarta, Indonesië - Cheryl-Ann Needham

Ons aankoms in Japan - Nico de Wet

Die pad na die middelskool, Fukuoka, Japan - Nico de Wet

Woon jy ver oor die see? Wil jy op Storiewerf vertel van jou wedervaringe? Hier is die plek!
Kontak Storiewerf met jou besonderhede.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2009