2013-05

jongklomp

storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

boeksoek

soek

posbus

 
na grootmense
 

Versies en gedigte om te lees en te skryf
nuwe versies

My held
Valentynverse
As ek maar net...

 


Gedigte
Familie
Skoollewe

Ons omgewing

Skep seisoenmusiek
Vars versies
Verlies
Skryf 'n limerick
Spookversies
Bou 'n naamrym

Kwetterpret
Kortetjies
Om te reis
Vleg 'n tongknoper
Nimmerland
Met min woorde
Net vir die pret

Skryf 'n versie of gedig in enige van die afdelings.

Gebruik die posbus en om jou bydrae aan Storiewerf te stuur.
(Slegs skoliere.)

My laaste gedig

 

My laaste gedig

Liewe storiewerf ek is nou aan die einde van matriek
nou sal ek my versfabriek inskrywings moet laat briek

vanaf graad 6 was dit my maandelikse hoogtepunt
om skryfgeheime en letterpret  in jou werf te vind

as die lang slaaplose ure my sou verveel
sou ek my middernagtelike pyn met ‘n briefie in jou posbus kom deel

nou gaan ek grootmense–wêreld betree
en my deel aan dinkskrums en nostalgie gee.

Liewe storiewerf hierdie was my laaste gedig
hoor tog asseblief hoe hartseer en diep ek sug.....
 

(Dalene de Vente - 2012)


Januarie 2010 - Storiewerf is 10

Wengediggie

  Storiewerf verjaar!

Veels geluk liewe maatjie
omdat jy verjaar
mag die Here jou seën
en nog baie jare spaar.

Mag jou stories baie word
en jou jare mooi optel
Mag die lees-kinders grys word
en jou stories oor vertel.

Mag tannie Franci geseën word
vir dit wat sy doen
Mag al die skrywers se penne
gevul word met roem.

Vonkelfiksie, haasbekkies,
letterpret en kompetisies
Is alles lekker speelplek
vir kindertjies soos ek.

Ek is trots op my taal
en op Storiewerf bly dit vars
Altyd nuwe stories
wat die webwerf laat bars.

'n Dekade is lank
3650 dae in die tand
En al die storie karakters
is dankbaar vir hierdie land.

Afrikaans is bobaas
- ons almal weet dit.
Storiewerf is ons toekoms
- baie geluk!!

(Bea Labuschagne, 11)



Mei 2009

Nuwe versies van Grace Boshof, Janita Engelbrecht, Benita van der Merwe, Sven Benson, Mia Vermaak, Mika Stanvliet, Dalene de Vente, Jean-Pierre Manuel, Blignaut Viljoen, Nadine Witbooi, Lara Crafford, Suelandre Keys, Evette Brandt, Tiaan Bester, Liza-Mari Wolhuter, Marlise Jordaan.

Wengediggies

Joanita Engelbrecht - Op 'n plaas woon 'n haas
Sven Benson - klarinet
Lodewikus Wandrag - Die groot hou
Jean-Pierre Manuel - Stories
Lara Crafford - Ek is Mr. Ples
Dalene de Vente - Jy is dood
Mika Stanvliet - Driedubbele whisky 'seblief


Wenners verjaarsdagwedstryd 2007

Cari Viljoen (7) Grietjie
Blignaut Viljoen (11) Vlekkie
Liza Combrinck (12) Klein Karoo
Dalene de Vente (13) Bontvoël
Alida Louw (17) As


Wenners verjaarsdagwedstryd 2006

Maryke Wennick (17) Pianis
Brigitte Smit (19) Gaan aan
Clarisa Sutherland (14) Sutherland sonnet
Blignaut Viljoen (10) Die padda
Angenita van den Berg (12) Ek huil ek lag

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2013