|
Crime
issie djou pellie nie
Vi' djulle
wat my nie ken nie: ek is op Grootaar gebore. Makie saak wa'it issie. Ma' ek sal
djou één ding sê, allie mense het na my geboorte uitgesien.
Dit was innie Cummunity Paper. Da' was drie jare g'n enkele seunskind oppie dorp
gebore nie, so ammal het gehoop en gebid en so aan. Die pastoor ok. Vannie preekstoel
af. Hulle sou die dag na my vernoem het, ma' toe decide die mayor se kleinseun
hy boek in dieselle dag. En boonop twee uur vo' my. So'se bleddie Ingilse Lord.
Watter chance het ek gehad? Late'
het my oom wat poeliesman is die klein bliksem ge-arrest vir obstructing the law.
Suits him right! Ma' disse anne' storie. Hoekom
ek hiersô staan? Hie'sô innie openbaar? Vi' ammal om te sien hoe ek
'n guy maak va' myself? Sal djou sê. Om te praat oor'ie subject, 'Crime
doesn't pay.' Oukei? Nou,
daar's baie maniere om vir djou kos en drienks en overnight te betaal.En dis'ie
iets wat djy somme'so kan los nie. After all, djy moet eet en drink,oukei? Enne
bedjie om op te slaap en soe? Djy wiet nooit wanner djou luckin issie. So kom
ons kyk bietjie na die ways om vir djouself te sorg. Sonner om anner ouens innie
oë te kyk. Dit sal djou image 'n boost gee. Ma' disse 'n anner storie. Eers'ie
Lotto. Ek weet djy sal sê hy moet eintlik laaste gesit word, hy'sie ligitimate
nie, maar djy moet kyk na sy potential vo' djy kan besluit. Ek meen, djy kan 'n
miljoenêr word, voor djy djou naam kan sê, oukei? It has been proved
beyond a shadow of a doubt. So die potential is da'; djy moet hom net 'n fair
chance gee en hoop en bid en so, oukei? Anyway,
ek het uitgewêk ek het oor'ie duisend rand verloor die afgelope djaar. Oukei,
ek stem saam dit lyk stupid om so baie geld in te sit in iets wat maar nette may
be is. Maar dis exactly die point. 'n May be isse half certainty en dis bieterder
as fôkkol, of wil djy stry? Anyway, ek kon'ie jackpot ok geslaan het, oukei?
Soos hoeve'le anner! En wat sou djy dán gesê het? Sou
djy dan ook gesê het ek was plain stupid om elke Woensdag en Saterdag 'n
kaartjie uit te vat? Sou djy dit gesê het? Not likely, my broe.' More likely,
djy sou djou hand uitgesteek het en gebêg het vir 'n favour - right? Sou
ek nee gesê het, sou ek? Of course not; because why, ek het 'n hart in my.
Anyway,
net in case hiersô mense is wat anner gedagtes het - dis baie bieterder
om djou eie geld te wed as om 'n anner ou se geld te gaps. Maar dis joú
choice. Jy vat 'n kans of djy vat hom nie, dis so plain soos the nose on your
face. Nog iets, dink aan al die welfare outjies wat gaan score. Of course, djy
kan ook een van die welfare outjies word wat elke maand sakgeld vannie Government
kry, maar dit sal djou nie 'n gelukkige man maak nie; djy sal die hele tyd wônner
of iemand djou miskien bedônner en dis hoe crime begin. Sal djou sê
hoekom: Omdat jy ontevrede is met jou present circumstances wat'ie bright lyk
nie, oukei? Dis hoekom ek altyd sê, a satisfied outjie isse happy outjie.
Sorg net dat djy satisfied is met als, even met niks, en djy's oukei. Dis
ma' my opinion, you can take it or leave it, dis djou choice. Ma' disse anner
storie. Wat
van 'n job vat? Ek kan sien perty ouens se gesigte val oppie grond, maar voor
jy da'op trap, luiste' eers, oukei? Ek sal plein lieg as ek sê dis 'n vinnige
manier om rich and famous te word. Dis'ie eers 'n sure ene nie. Behalwe
as djy die baas se dogter alleen te siene kry as hy by 'n meeting is en sy friendly
word en djy nie ongeskik wil wees nie. Dissie tyd dat djy djou beste moet gee.
Sy sal dit nie vergeet nie, djy kan my woord da'vo' vat, ek het experience. Anyway,
dan's jou kop deur. Behalwe as haar pa hoor da'van en hy issie so vergewingsgesind
soos die Pastoor sê ons ammal moet wees nie, en hy krap haar naam uit sy
Last Will en Testament uit. Wys jou hoe difficult dit is om te forgive. To sin
is human, to forgive devine. Ma' disse anner storie. Any
case, dan's jy plain gebôl en jou future is opgebôkker. Dit betieken
net één ding - djy sal moet aanhou kaartjies koop elke Woensdag
en elke Saterdag. Ma' da's 'n secret wat jy moet weet van. Djy sê vi' niemand
djy vat kaartjies uit'ie, oukei? Helfte van'ie lekkerte is as mense NIE weet nie.
So be careful. Djy wil'ie skielik hoor djy't family van wie djy nog nooit gehoor
het nie, oukei? Vat djou tyd; moenie corners cut nie. 'n Outjie wat corners cut,
soek vir 'n ongeluk. En dan wil ek'ie by wees nie, oukei? Ma' disse anner storie
Oukei,
as djy so gelukkig is om 'n wêk te hê, moet djy juig en bly wees en
halleluja skree met djou hanne in die lug. Wees bly djy kry elke maand 'n pay
packet - al sal dit djou nie inspire om 'n song da'oor te skryf nie. Groet jou
baas -'skies virrie woord - groet die ou ballie met die nodige respect, ma' moenie
dink hy sal djou special favours doen nie. Hy'sie da' om djou te please nie. Hy's
da'sô om stinkryk te word. Maar hier's nog'e secret: Maak of djy bly is
saam met hom. Ma'ie saak hoekom hy smile nie; dis sy worries. Lag as hy lag en
heil as hy heil. Solank sy bank balance gesond is, is hy happy. en dan sal hy
nie rede hê om djou te fire nie, oukei? So luiste' wat die ou ballie sê.
Op'ie ou end vannie dag, soos my pêl Naas sê, is HY die outjie wat
vi' djou dop en tjop betaal. Oukei, hy doen'it'ie omrede hy lief is vir djou nie,
hy doen'it omdat hy 'n contract geteken het. The truth is, hy kan'ie sy gat roer
nie, anners dônner die Law hom op van 'n kant af. Ma' dit beteken nie
DJY kan droogmaak en smile oor sy problems nie. JY'T ook gesign, oukei - of het
djy vergeet? Ma' disse anner storie. Ek
prat'ie graag oor crime nie, maar da'is outjies hiersô wat dink'is cool.
En disse dangerous attitude. Djy ken daai soort. Die pa' stukkies lekkerte wat
hy vannie lewe geproe het, ma'kom net gulsig genoeg om 'n alie van homself te
maak. Hy lê nog so en dink aan die lekkerte, dan ho' hy die Police by sy
vo'deur en agte'deur tegelyk, en trust me, dan gaan jy kak. Ma' disse anner storie.
Nee,
my broe' crime issie 'n joke nie. Crime is 'n anderster soort ding. As djy eenkeer
in die tjoekie was, dink mense jy hoort ma' daarsô, en as djy uitkom, probeer
ouens wat jaloers is op djou good looks, djou weer binne kry. Net om djou 'n punt
te wys! My motto is: 'Djy't niks da'binne ve'loor nie,' oukei? En al het djy iets
da' ve'loor, iemand het dit lank al opgetel en djy kan vergeet da'van. As ek djy
is, vra ek'ie eers nie. Die secret is, hou djou cool, oukei? Ma' disse anne' storie. Nee,
my broe", ek praat nie somme' nie. Luister bietjie na hier'ie storie, dan
vra djy djouself 'n paar important questions. Net laas week klop 'n hardegat poeliesman
aan my ma se agte'deur en hy sê uit die hoogte, 'wa's Polla?" Net
so: 'wa's Polla? - nie eers Mister Petersen nie; djy sal dink ek is nie important
nie. En Ma sê - ek wens djy kan gehoor het hoe sy hom aanvat. Kaalvuis!
' Wat wil djulle met my seun maak; hy's nog'ie eers lank genoeg uit om misdaad
'n gedagte te gee nie, la' staan nog doen; hy'se herbore Christen van laas Sondag
af. Vra Pastoor Blackie, hy sallie lieg nie; hy't 'n preek gehad orie naasteliefde
en ammal het geheil, djy sal gesê het disse begrafnis, maar dit was omlat
ammal geweet het hulle het nie naasteliefde nie; djy kan djouself ok ma' ondersoek,
Sersant; djy'sie heilig nie.' So
praat sy, maar hy's nie interested nie. Hy sê, weer so uit die hoogte, asof
my Ma nie die Wet ken nie, 'Dis 'n misdaad om 'n criminal te huisves, Mevrou.
As Mevrou hom wegsteek, kan ons Mevrou arresteer en ons wil'ie. Ons
het ok harte in ons, al dink mense nie so nie.' En al sulke kak. Dink seke' ons
het semels vi' breins. Dis toe dat ek vi' myself sê: as jy eers eenkeer
in was, kan jy maar djou ID weggooi en djou begrafnis reël. Amen
halleluja!"
Ma'
disse anner storie. Any
case, wat sal djy gedoen het? Kan djou een ding sê, djy sou niks gedoen
het'ie. Sal djou sê hoekom. Want djy't nie'n blerrie kat se kans nie, dis
hoekom. Van allie negative dinge van crime, is dit die negative-ste. Sal jou sê
hoekom: allie hyse het burglar proofing; djy kan nie deur'ie venster klim nie. Because
why, djy's nie 'n marsmannetjie nie, oukei; djy kan'ie deur mure loop nie. Dis
hoekom ek toe uit my kamer uit kom en ek sê vir hom, ook so uit die hoogte
uit, net om hom te wys ek weet ok van argue as dit moet. Ek sê, 'Sorry as
dit stupid klink, Sarge, maar wat het ek so likely gedoen wat djou so constipation
gee?' Hy
reken toe ek'is nie so stupid soos ek lyk'ie en ok nie so clever as wat ek dink
nie, so wat doen hy? Boek my vir 'n crime wat ek nog nooit van gehoor het nie.
Net om my 'n punt te wys. Blerrie cheek!. Ma' disse anne' storie. Vo'
djy sê, 'dis waar die klein dônner met die groot bek hoort,' luister
eers, voor djy dink djy's slim. Hulle kon NIKS proof nie. Hulle het twee outjies
gehad wat my glo gesien het by die garage waar die roof was. Maar toe sê
my lawyer - ek kon sien hy enjoy homself: 'Julle hou nie van die beskuldigde nie,
true of untrue? 'Hoekom sal ons hom nie like nie?' vra hulle toe. 'Omdat hy eenkeer
teen julle getuig het, toe sweer julle julle sal hom kry - en nou dink julle dis
julle kans - true of untrue?' Toe kom dit uit, hulle het 'n grudge teen my, want
ek was in hulle girls se goeie boekies. Issit my skuld as ek meer personality
en looks het as hulle? Maar dis 'n anner storie. Anyhow,
dit was toe wat ek besluit het crime is yt; die tjoekie sien my nie we'nie, ek
het niks da' ve'lo'rie; ek gaan leer vir 'n lawyer. Ma' disse anner storie wat
ek late' sal vertel. Sal
djou een ding sê: innie tjoekie leer djy om serious te wees. Djy lag nog,
djy joke nog, ma' djou gesig bly sêd. Want djy weet wat anner ouens wat
hulle so heilig hou, nié weet nie. Djy weet in die tjoekie lê djy
snags wakker en djy dink en djy wonne' oor die lewe. Djoú lewe, wat djy
so opgedônner het. En partykeer heil djy, want djy verlang na djou mense,
al het hulle nie aldag kos om te eet nie. En al het djou girl djou gelos omdat
djy 'n rekord het en nou dink sy djy's rubbish. Djy kan'ie help nie; djy verlang
nog na haar. En pe'tykeer weet djy nie eers hoekom djy heil nie, want da's so
baie dinge wa'oor 'n ou kan heil. Miskien
sal pe'ty ouens nie heil nie, want hulle was al soveel kere daar; hulle wet'ie
eers me' hoe om hulleself jamme' te kry nie. Fact is, as djy skeef getrap het,
weet djy wat dit is om skeef te trap. Djy vra nie hoe dit voel om skeef te trap
nie. Djy vra ook nie wat bedoel djy met skeeftrap nie; is dit 'n groot sônne
of 'n kleintjie nie - djy weet somme' da'sie so 'n ding so'se groot sonne enne
klein sonnetjie nie, trust me. Ma' disse anner storie. Ek
en Ma ga'nou die aand kerk toe en ek vat vir Soutie Booys saam. En die pastoor
skree ons ore van ons koppe af soos hy praat oor die hel wat vi' ons wag. Ek sien
Soutie sluk amper sy tong weg. Djy kon sien hy't groot geskrik toe hy ho' van
hel. Soos ek toe ek'it vir'ie ee'ste keer gehoor het. Trust
me, disse anne' storie daai. Dis
hoekom ek sê, moenie vir djou heilig hou nie; djy's 'n mens nes ek en ons
ammal hier. Djy probeer regop loop, ma' voor djy weet wa' djy is, trap djy skeef.
En dis nie iets om hêppie oor te voel nie. Wat djy moét doen is,
djy moet openlik admit djy't drooggemaak. Ma're getobbery sallie help'ie, oukei?
Lag en die wêreld lag saam met djou; huil en djy huil alleen. Ma' dis o'ke
anne' storie. Jy
kyk in my oë en djy dink djy sien my? Djy ken my nie, my broe'. Kyk maar
weer; djy sal sien ek'it besluit, crime is yt. Ek stel'ie meer belang nie. Ek
wil onne' begin, saam met die ouens wêk. Ek wil community-friendly word.
Ouens
moet plek maak vi' my as ek aankom. Ma'nie van banggeid nie. Uit
respect! We'jy van iets wat more important is as respect? Daar's niks - respect
is als! 'Skuus
praat
djy met my?
Nee, djy't die rumour reg ge-interpret, my broe'. Ek
is we' in! Luiste', dit beteken nie ek'is guilty nie. Ek het djou mos gesê,
as hulle eers hulle mes in het vir djou, kan djy ma' vergeet djy het ooit 'n ID
document gehad. Ek'is die living proof da'van
Ma' ek gaan hulle sue. For
damaging my reputation! Virre miljoen. En nog'e miljoen. Virre pyn en lyding. En
suffering. Ek het my rights, oukei? Of hulle vind my not guilty on all charges,
soos in permanent, of
Need I say more? Ma' disse anne' storie. Ek
hette poem geskryf. Gis'traand. Toe ek'ie ko' slaap'ie. Nou's ek ook'e poet. So'sie
girl wat so lekke' djol met'ie kitaar. My Derra het ok poems geskryf, ma' niemand
het da'van geweet nie, so hy'sie 'n real poet'ie. 'Luiste'
na my, my broe',
It's
the Gospel truth I tell you: Crime
issie djou pellie nie, oukei? Soos
my Derra used to say: 'Crime
doesn't pay.' Al
wat djy vir djou moeite kry, Isse
time in die tjoekie - en
'n rekord da'by.' 'Skies
lat ek heil. Liewe Djesus, hoekom ve'lang ek vanaand so? Ek we'tie ee's na wie
ek ve'lang nie. Ook'ie hoekom nie. Dis mos'ie fêrplie nie! Ek meen, 'n outjie
kan net soevel vat en nie me' nie
.
Ma'
dis ma' seke' ok 'n anner storie
Kopiereg:
Jac. J. Brits
|