|
Die
groot vraag
(Stap na meisie toe) Haai! Lynette reg? Ek neem aan jy ken my naam. Nie?
In elk geval, ek is Pieter. Jy het my al seker by die klas gesien? Nee? Ek sien,
maar ek het saam met jou klas. ('n Paar oomblikke stilte). Ek het maar
net gewonder of
of het jy
? Ekskuus, ek weet nie wat dit vandag met
my is nie. Lynette, is daar iemand anders
ek meen
'n spesiale iemand,
soos byvoorbeeld, jy weet
'n ou
soos in 'n kêrel of iets
jy weet, in jou lewe. ('n
Oomblik se verbasing, dan weer gladdebek) Jy jok seker! 'n Meisie so mooi
soos jy
sonder 'n ou? Met daardie diep bruin ogies en dimpels van jou moet
jy seker hard baklei om hulle van jou lyf af te hou. Ag, jy probeer nou net weer
skaam speel. Nee,
Lynette, wat ek eintlik wil sê is (stotterend)
ag jy weet
ek het maar net gewonder of
as jy dalk
vir Saterdag
dit hang natuurlik van jou af. Wat ek eintlik probeer sê is
ek gaan
nou in elk geval Saterdag daar by die dam piekniek hou
so as jy so voel
dan is jy welkom om
ek bedoel
dan kan jy gerus
miskien
saamkom
of nes jy wil. (Met
skielik geforseerde selfvertroue) Jammer, natuurlik is jy besig, ek moes geweet
het. Nee, sien, ek het juis onlangs so moes baklei om die meisies van my af weg
te hou. Ja, regtig. Mooi meisies. Daardie Marais-tweeling, ken jy hulle? Ja, daai
blondines. Hulle kan my mos net nie uitlos nie
(Oomblik stilte,
dan effens uit die veld geslaan.) Nee, hulle het nie kêrels nie. Waar
hoor jy dit? (herstel van die onsekerheid) Hulle is net nie my tipe
nie. Heeltemal te los vir my. En buitendien, jy weet seker hoe baie hulle van
hulle self dink, en dit pas nie heeltemal by my nie. Ek dink ek sou baie meer
in gemeen hê met 'n meisie (meer aarselend) soos
ek meen
ek en jy kon dalk
jy weet. Dis
nou juis hoekom ek gedink het
nou dat al hierdie meisies buite my smaak
val
en jy heel duidelik nie in ander ouens belangstel nie
wil jy
nie dalk
jy weet
as jy dink dis 'n goeie idee
en ek wil nou
nie hê dit moet vir jou snaaks klink of iets nie
maar dis nou net
as jy belangstel
miskien daaroor dink om
om
my meisie te
wees? (oomblik
stilte) Nee? (weer stilte en dan vinnig hervat) Oraait dan , sien jou
later. (vir
homself) Ag nee man, Pieter. Kry bietjie selfvertroue en maak oop jou mond. (kry
skielik lewe) Haai daar, jy is mos Rika, reg? Ja, man. Jy ken seker my naam,
ek het saam met jou klas. Nee? Man, ek is Pieter. Onthou jy? Nee? Kyk maar bietjie
uit, ek is in daai klas. Luister
Rika
ek het net gewonder of jy nie dalk my meisie wil wees nie, siende
dat ons so goed oor die weg kom? Nee? (met amperse dadelike oorgawe) Nou
maar oukei. Baai dan. (mompel
by homself) Vroumense! Ek wil nooit weer met hulle iets te doen hê nie.
So lank as wat ek lewe wil ek nie weer in 'n meisie se bakkies vaskyk nie. Veral
nie as hulle so (kyk na links vir 'n meisie wat aankom)
so lank,
slank, blond
en beautiful is nie. Nee (ruk kop weg), ek het my besluit
geneem oor my liefdeslewe. Hulle veroorsaak vir my net smart en drama en in elk
geval het ek nie tyd vir 'n gefliekery en pamperlangery nie. So waar as vet
..ek
dink ek het so pas groot geword. No woman no cry is my motto van vandag af. (draai
om wanneer die blonde meisie hom op sy skouer tik) Ja, dis reg, ek is Pieter
en jy is? Michelle
ek sien. Vanaand? Kyk, Lynette en Rika het my
ook gevra vir vanaand, maar vir 'n meisie met sulke helder blou ogies en diep
dimpeltjies soos joune sal ek seker nie nee kan sê nie, of hoe? (stap
tevrede weg) Kopiereg:
Pieter Jordaan
|