|
Lizianne
wil dans (Maak of by die deur inkom. Gooi tas na die
anderkant van die deur en sluit weer die deur agter jou. Loop na die anderkant
van die verhoog en maak of jy 'n deur redelik hoog op oopmaak.) "Rys,
rys, waar is die rys." (Gaan bietjie die 'kas' met jou hande oor.) "So
waar sal ek dit nie kry as ek in die verkeerde kas soek nie." (Klink half
vies vir jouself.) "Dis
nou nie juis of mens dit kan mis nie, ek bedoel waar het jy al ooit in jou lewe
gesien dat iemand wat in so ? klein plekkie bly en net een soort kos in die huis
het dit nou eintlik kan mis?" (Vat dit dan raak en maak of jy nog iets
van die kant af nader trek. Gooi dan die kamstige rys in die pot.) "Dit
was nou een van die goeie oefenbeurte van die revue oefening. Of altans ek dink
so, van daar waar ek in die gehoor sit en vir Jonathan kyk. Ek wens ek kon ook
dans. Maar juffrou sê mos ek het genoeg ritme in my boude, maar ek is nie
in 'n dansskool nie, so ek mag nie deelneem nie." (Loop dan na meer die
middel van die verhoog.)
"Maar ek is nog te jonk om te werk sodat
ek self kan betaal om net dansklasse te neem." (Gaan
sit dan op die verhoog. Begin 'n paar oulike dansbewegings wat stadig is uit haal.)
"En
Jonathan." (Sug en sit weer stil terwyl jou gedagtes ver weg is.) "Toe
hy eers begin met die deel waar hy so stadig vooroor die meisie moet gaan staan
en in haar oor iets sing
As hy net vir my ook sal kyk." (Klink dan
half vies vir omstandighede) "Maar
ek kan hom ook nie blameer nie. Wie wat by hul volle verstand is sal nou eintlik
vir 'n kerkmuis kyk?" (Begin so bietjie egalige bewegings uithaal. En
dink by self terwyl jy dans.) "Ek
sal ook nooit in 'n dansgroep kom nie. Nie eers as ek voor die mense in trane
uitstort nie. Want ons sal dit nie kan bekostig nie." (Kry 'n hartseer
toon in die stem.) "Die vervoer vir elke oefening en die klere en dit
alles kos geld." (Sug
weer. Begin dan meer ritmiese bewegings uithaal in die doel om jou woede uit te
haal.) "Geld
wat ons nie het nie. En hoe sal ons ooit geld hê vir so iets? Ons kry dan
op hierdie stadium net een ete per dag bekostig." (Lyk
of jy iets vergeet het en loop dan na waar die rys op die stoof is en tel 'n papier
op..) "Ek het skoon vergeet ma het gesê sy sal ? briefie op die
tafel los." (Lees
dit dan hardop. In ma se stem.) "Hi, my kind, sit asseblief rys op die
stoof en sorg dat dit nie brand nie. Ek hoop jy doen lekker huiswerk en dans lekker
op jou kamstige musiek. Jammer kannie vir jou 'n radio koop nie. Sien jou vanaand
weer. Hou sommer dan weer vir konsert asseblief. Lief jou. Ma." (Sit
dan die brief neer en gee 'n lang sug.) "Ag, taf die radio. Ek sal maar
getrou oefen vir hul konsert. Dis ook maar al waarna hulle kan uitsien. "
(Dans
so 'n entjie op die verhoog en stamp dan jou toon en val dan neer en hou jou toon
vas.) "Genadetjie
tog, mens kan nie eers drie tree na mekaar gee nie dan dans jy al teen iets vas.
En die feit dat pa nie nou geld het om die gloeilamp te vervang nie maak dit nog
net erger want daar kom nou nie juis veel van lig deur die venster nie. Hoe wil
hulle dan konsert kyk?" (Loop
so 'n entjie op die verhoog rond en gaan sit terwyl jy so half op jou eie sit
en droom) "Ek
onthou nog die dag so goed
die dag toe ek van my gunsteling dansstappies
uitgehaal het op die verhoog vir die oudisies en per ongeluk in Jonathan vas gedans
het so in my eie gedagtes was ek
Hy het net gesê dis reg
hy
was nie eers vir my kwaad nie." (Staan
op en begin weer bietjie dans.) (In
juffrou se stem) "Lizianne net 'n bietjie minder ritme." (Dan
weer in jou stem) "Reg juffrou"
(In 'n diep stem wat Jonathan sin moet wees.) "Jy dans darem maar
goed, Lizianne." (Glimlag
so half verleë.) "Baie dankie, Jonathan." (Kyk
dan vorentoe.) "Ag as my drome net waar word?"
(Kyk dan fronsend om jou rond en trek jou neus op.) "Die rys!!!"
(Hardloop
na agter en haal gou die pot van die plaat af.) "Bakkie, bakkie, net
die wat nie so erg gebrand het uitskep. Net iets eet. Iets." (Maak
of jy rys oor skep en begin dan half huil.) "Wel
aangesien dagdroom nou verbode is vir sulke arm mense soos ek, want dan brand
mens net die kos, sal ek dans. Maak nie saak wat juffrou sê nie. Ek sal
haar wys ek gaan nog wêreldwyd dans. Nie worry oor klein plekkies om te
dans of die kos nie." (Staan
vas vir 'n oomblik en loop dan van die verhoog af.)
Kopiereg: Magde-Mari Greeff
(14 jaar)
|