|
Die
dag toe ek Magda ontmoet het
[MAN
SIT OP DIE STOEL IN DIE WAGKAMER EN VERTEL AAN IEMAND (die gehoor) WAT OOK DAAR
WAG] Hoekom
is ek hier? Ek kom kuier vir my vrou, Magda. En jy? Haar arm gebreek? Is sy orraait?
Ek's bly. Hulle is maar so woelig as hulle klein is. My dogtertjie, Natasha, net
so woelig. Ek en Magda het ons hande vol met haar al sedert sy begin loop het.
Ek weet presies waarvan jy praat. Wat makeer Magda? Ai, dis nie vir my maklik
nie, sy't, sy't... [HY
SLUK DIEP EN DRAAI DAN HOMSELF GEMAKLIK IN DIE STOEL EN LEUN DAN VORENTOE] Kom
ek begin eerder by die begin. Het jy tyd? Goed. Alles het begin toe ek 23 was.
Ek was toe nog op universiteit, in my finale jaar. Ek het antieke kulture bestudeer.
Een oggend, nog voor klas, het ek in die park gesit. Ek het altyd op dieselfde
ou, hout bankie in die park gesit. Soms het ek iets geëet, ander kere het
ek geleer. Die dag het ek geleer vir my finale eksamen daardie jaar. Toe
ek op kyk, het ek die mooiste meisie gesien wat ek nog ooit in my hele lewe gesien
het. Ek het voor daardie dag nie in "love at first site" geglo nie.
Sy het duidelik my mening verander. Alles aan haar het my aandag getrek, haar
hare, haar oë en haar glimlag. Sy het die mooiste glimlag. As sy lag kan
jy sien dat sy lewe! [HY
LAG EN GLIMLAG SO EFFENS] My
kop het vir my gesê: Kyk weg! Maar dink jy my oë wou luister. Ai-kona.
Ek het daar gesit en staar en my hele wese met haar gevul. Sy was so mooi. Glo
dit of nie, maar toe kom sit sy langs my. Ha, jy moes my hart hoor klop het. Buite
beheer. Ek is tot vandag toe nog verbaas dat sy nie my hard hoor klop het nie.
Ek het maar so skeef geglimlag... [HY
MAAK DIE GLIMLAG NA] ...en
met 'n droë keel, en glo my, 'n baie droë keel, het ek vir haar gesê:
Hi. Sy moes seker gedink het dat ek so stupid is, maar sy kan nie iets slegs dink
van iemand nie. Sy het sommer net begin gesels. Ons het gesels oor wat ons studeer,
waar ons vandaan kom en wat ons in ons vrye tyd doen. Ons het dadelik van mekaar
gehou, alles het net in plek geval. [HY
BLY DAN 'N OOMBLIK STIL EN GAAN DAN VERDER] Dit
was nie lank voor ek geweet het dat sy die een is vir my nie. Ek het geweet, dit
is die meisie met wie ek die res van my lewe wou deel. Voor my eindeksamen daardie
jaar was ons saam en my lewe was heel. Niks in my lewe was nie perfek nie, hoor,
niks! [HY
GLIMLAG EN SKUIF SO EFFENS AF IN SY STOEL] Ek
het November daardie jaar graadgevang. 'n Groot geleentheid, baie kosbaar. Ek
moes namens die ander graduates 'n toespraak lewer. Magda was natuurlik in die
gehoor. As sy nie vir my 'n soentjie geblaas het nie, sou ek dalk onthou het wat
om te sê. Drie jaar later is ons getroud en twee jaar daarna is ons dogtertjie
Natasha gebore. [HY
VRYF SY Oë EN GAAN DAN AAN]
Natasha is al drie. Dit voel vir my of ek eers gister vir Magda ontmoet het. Tyd
vlieg darem as 'n mens gelukkig is. Ek het Natasha nou by die skool gaan aflaai.
Ek bring haar net in die aande hierheen. Dit is beter vir haar om nie haar ma
so gereeld te sien nie, veral nie in hierdie toestand nie. Ons het 'n paar maande
terug uitgevind dat Magda kanker het. Bloedkanker. Aanvanklik het die dokters
hoop vir haar gahad, maar in die laaste paar maande het sy so agteruitgegaan,
hulle gee nie meer vir haar baie tyd nie. Haar vel is bleek, haar oë leeg
en haar glimlag, haar wonderlikke glimlag... [HY
STAAR VIR 'N OOMBLIK VOOR HOM EN MOMPEL] ...is
net weg... [HY
Sê DAN DUIDELIKER] ...net
weg. [HY
BLY DAN STIL EN SIT EN STAAR NET VOOR HOM. DIE DOKTER VERLAAT DAN DIE KAMER. HY
STAAN OP.] Jammer,
ek... Dis maar vir my moeilik. Dankie dat ons kon gesels. Ons praat weer. Sterkte. [HY
GAAN DIE KAMER BINNE. STAAN VIR 'N OOMBLIK STIL EN KYK NA SY VROU WAT MET HAAR
Oë TOE Lê EN STAP DAN STADIG NADER.] [HY
SOEN HAAR OP HAAR VOORKOP] [SY
WIL IETS Sê] Het
jy... mmm, het jy... [SY
STEUN VAN PYN] [HY
SIT SY VINGER OP HAAR LIPPE OM HAAR STIL TE MAAK EN PRAAT DAN SAG MET HAAR.] Shhhhh.
Natasha is by die skool. Ek sal haar vanaand bring. Ek wil vir jou iets lees.
Dit is 'n lied wat ek op 'n Cd by 'n vriend gekry het. Dis 'n mooi lied van Enrique
Eglasias. Ek wil dit gou vir jou lees. [HY
TREK DIE STOEL NADER, HAAL 'N PAPIER UIT SY SAK, VOU DIT OOP EN GAAN SIT OP DIE
STOEL LANGS HAAR BED. SY Lê STEEDS MET HAAR Oë TOE, MAAR PLAAS HAAR
HAND OP SY ARM.]
You make me strong You make me weak You lift me off my feet You gave
me hope When all my dreams Seem like they're out of reach You make
me understand The way the perfect love should be You take me to a place
So high I never wanna leave Sometimes I think of all the things I
should have said I hope it's not too late I wanna make you understand
If the world crashes down over me I know that my life is complete Cause
I've held you in my arms all night Cause I can't imagine life Without
you by my side You whisper in my ear the words: "Just hold me close
tonight" And when the pain is holding me Your love just sets me free.
[VIR
'N OOMBLIK IS ALLES STIL EN VEE HY SLEGS DIE TRANE UIT SY Oë. HY VOU DAN
DIE PAPIER OP, PLAAS DIT IN SY SAK EN SOEN HAAR OP DIE HAND. DAN PRAAT SY. SY
SUKKEL OM TE PRAAT] Skat,
as ek nie meer daar is nie, wie gaan 'n seerplek op Natasha se arm 'n soentjie
gee en sê: Dit sal orraait wees bokkie? Wie gaan haar skool toe vat en weer
oplaai en 'n lekker vet soen gee? Wie sal vir haar waai as sy op haar eerste date
gaan? Wie sal vir haar sterkte toewens met haar eerste groot eksamen? Wie sal
haar trane afvee as sy huil? Wie sal haar help regmaak vir haar matriekafskeid?
Wie sal vir haar sê: Liefling, jy lyk pragtig? Wie sal saam met die bruidegom
aan die bruidstafel sit op haar troudag? En wie sal vir haar sê: Ek het
jou so lief, Engel? Maar die ergste van alles. Ek sal nie daar wees om te sien
hoe sy groei en 'n wonderlike vrou word nie. [HY
VEE DIE TRANE UIT HAAR Oë EN OOK UIT SY EIE, SLUK DAN EN Sê IN 'N STEM
WAT BEWE] Ek
sal. Ek sal... [HY
DRUK HAAR HAND, STAAN OP EN Sê] Ek
is nou weer terug. [HY
VERLAAT DIE KAMER] [IN
DIE WAGKAMER GAAN SIT HY OP EEN VAN DIE STOELE, HOU ALBY SY HANDE OOR SY GESIG
EN BEGIN HUIL.] [DAN
PRAAT HY WEER] Ja,
ek weet my lewe gaan verander. Ek sal moet oor begin, net ek en Natasha. Ek sal
my Magda altyd lief hê. Nooit sal ek een oomblik vergeet wat ons gedeel
het nie. Nooit sal ek haar glimlag vergeet nie. [HY
SNUIF, VEE DIE TRANE UIT SY Oê] En
nooit sal ek die dag vergeet toe ek Magda ontmoet het nie...
Kopiereg: Etienne de Jager
|