|
Rehab
for the dead and lonely Meisie
kom binne, soek na die graf. Gaan staan stil by een graf. Kleredrag is "New
Age", avontuurlustig, informeel en gemaklik. (Streel
oor grafsteen. Gaan sit langs dit en staar eers 'n rukkie die verte in.)
Wow, bru... Remember all those wonderful times we had together? The
first time we met? (lag saggies met deernis) Jy was so gerook! Ek't gedink
jy was mal maar terselfdertyd was ek- so fascinated! (Kyk
af) I never thought I'd take drugs with you... You were so kind to me.
You knew, didn't you? I didn't like drugs... You never tried to convince me to
take drugs-you only were my friend... Souti,
no man! How could you? You warned me to go easy! (Vee traan af) Kyk
waar sit ek nou! Dit was nie suppose om te gebeur nie! As
iemand moes doodgaan, dan was dit ek! Jy het selfs vir my ge-'cover' met die bust!
Dis hoe ek geweet het-ye, that's how I knew you were my friend... Mense
verstaan nie. As mens eers saam gerook het dan deel mens iets specials... Dis
so anders! Total trust. (Staan
op en loop stadig heen en weer voor die graf.) Ek
onthou toe jy terug gekom het van Engeland af - jy't so goed gelyk. Toe jy sê
jy's weer Christen - ek het gedink dis verby - al die goeie tye. Ek was bang,
so bang. Toe strike die reality my, dis wat ek nog die hele tyd van weghol. Drugs
is bad vir my, dit neuk my op! Dit neuk almal op! (Lag sarkasties) Ek het
gedink dit sou soos altyd wees - jy weet, druggies wat altyd sê hulle wil
ophou en nooit doen nie... (Sit weer) Ek
wou dit terug hê, die excitement van skyf-rol, die wild goose-chase om goeie
Swazi te kry en dit sonder dat die cops jou vang! Die eerste trek en dan daardie
gevoel van alles wat sweef... Die oorwinnende gevoel as jy veilig terug is by
die koshuis. Die adrenaline rush. Die verskriklike gesoek na kos vir die munchies-die
funny mengsels net om die honger te stil... Ek
was tog bly vir jou. Wou jou net nie sê nie... Toe het ek nog gedink dis
cool om te rook, dat dit enigste uitweg is... (Staan
stadig op) Ek wou net ophou rook man, het gedink ons kan dalk saam die
ding conquere... Maar
wat maak jy? Gaan staan en drink E's(Ecstacy) dat dit by jou ore uitkom! (Stilte)
(Begin
huil, stamp voet op grond) Hoe kon jy? Ek wou so graag ophou! Wie gaan
my nou help? Niemand verstaan nie man! Niemand nie... Net jy... (Draai
stadig om en loop van die verhoog. Skouers hangend.)
Kopiereg: Annemarie Botes
|