|
Gieliegap
gil 'n G
TONEEL
1 (Hele
verhoog is taamlik donker, UV-ligte skyn op seediere.) (KOOR
sing lied een maal deur. Daartydens kom 'n groep DOLFYNE in, gevolg deur ten minste
een verteenwoordiger van elke seedier. As lied herhaal word, sing almal op die
verhoog A B C D E F
en begin huil. Hulle bly moedeloos in groepies sit en
leun snikkend op mekaar.) MUSIEK:
MUSIKALE ALFABET KOOR:
Ken jy die note van die musikale alfabet? A is die eerste letter in die lange
ry, G is die laaste letter wat ons kry, A B C D E F
Ag wanneer
kry ons tog die G! (Sing
1 keer deur, neurie 2e keer tot voor A B C.. en begin dan huil.) KRIEWEL:
Hoor daar Knyper; die seediertjies sing ook van die musikale alfabet. KNYPER:
Ja, ek hoor. Maar hoekom dink jy huil hulle so? KRIEWEL: Ek weet nie. Miskien
ken hulle nie al die note nie. Foeitog, ek kry hulle jammer! As ek maar net
geweet het hoe die nootjies klink. Ai, ek wens ek kon note lees
(*
Kantlyn dui aan dat dialoog tegelykertyd met musiek of aksie op verhoog, plaasvind.) (Skielik
verskyn GIELIEGAP, die ruimtewese - aangerol uit die kant of sy ruimteskip kom
met rukke af, vanuit die dak en land voor die grot en GIELIEGAP kom uit die bek
van die grot. Musiek speel sag terwyl dit gebeur.) MUSIEK:
GIELIEGAP WAAR GAAN JY BLY? (slegs instrumentaal) KNYPER:
Kyk Kriewel! Daar kom 'n vreeslike snaakse mannetjie aan! O Krapkrises, waar
kom hy vandaan? Gee 'n krap tog krag! KRIEWEL: Knyper! Moet tog nie so raas
nie! Kyk eers, dalk is dit 'n gawe vriend
(GIELIEGAP
vryf sy oë en stap met sy tassie rond.) KRIEWEL:
Lyk my sy oë is nou gewoond aan die donker. KNYPER: (Lewer kommentaar
terwyl GIELIEGAP die wêreld verken. Hy vat en ruik en proe aan die diere,
elkeen maak hom skrik. Telkens spring hy weg. Die diertjies beweeg agtertoe om
plek te maak vir die SKULPIES se dansie.) Die
ruimtemannetjie moet nie dink hy kan hier kom rondloop onder die see en maak of
die plek aan hom behoort nie!
. Daar stap hy nou by 'n dolfyn verby. O, daar
sien hy hy 'n silwerelf
Gmf! Lyk my nie hy is eintlik bang vir die diere
nie. Gits - amper trap hy op die bloublasie. Gmf, ek wens daardie bloublasie gee
hom 'n lekker raps! Moet nie dink jy kan daardie alikreukel eet nie, sy dop sal
jou tande laat kraak! MUSIEK:
SKULPIES (Speel
een maal deur terwyl SKULPIES instap. Hulle vorm sirkels, dans en aan die einde
van die liedjie gaan lê hulle op hulle magies en rus op hul hande.) (GIELIEGAP
gaan sit op sy tassie en kyk na die SKULPIES wat dans as die musiek begin.) KRIEWEL:
Kyk daar, hy kyk na die skulpies. Ek wonder of die skulpies vir hom mooi is?
KOOR: Ons skulpies lê in die water en blink, ons ruggies is hol en ons
wangetjies bol. As jy 'n skulpie se stemmetjie wil hoor dan druk jy die
skulp teen jou oor.
Luister hoe die golwe raas luister hoe die seewind blaas. Luister fyn
die skulpie sê: ek wil so graag op my magie lê!
(Sing liedjie eenmaal deur, herhaal dan sonder woorde - baie sag.) (GIELIEGAP
is in verwondering. Wanneer lied herhaal word pak hy sy tassie vol skulpies, wat
die SKULPIES aan hom gee.) KNYPER:
(Praat as musiek sag speel na sang.) (Lag) Hy pak sy tassie vol skulpe! O, skulpies
is darem mooi! ('n SKULPIE fluister iets in GIELIEGAP se oor.) KNYPER:
Wat? Ek wonder wat fluister die skulpie in sy oor. Sien jy, Kriewel, hy luister
na wat die skulpie vir hom sê. GIELIEGAP:
(Vir die SKULPIE:) Ja, ek sal jou sê waar ek vandaan kom. KRIEWEL: Het
jy gehoor? Hy kan praat! Kopiereg:
Gerrit Jordaan
|