|
|
| Kollig
... gedramatiseerde prosa |
| Formule
drie, twee, een! |
| Franci
Greyling |
|
Gedramatiseerde
prosa: Kleuterskool tot graad 5
Karakters: 'n Handvol kinders wat 'n resies hou, klakouse en
'n verteller.

Hierdie
is 'n kort gedramatiseerde uittreksel uit die prenteboek Formule
drie, twee, een! deur Franci Greyling en Vian Oelofsen. Die
verhaal kan op verskeie maniere voorgelees en gedramatiseer word.

Formule
drie, twee, een! is uitgegee deur Tafelberg en kan by Kalahari.net
bestel word.
Kontak
Franci Greyling (franci@storiewerf.co.za) vir meer inligting en
die volledige opvoerteks.
|
|
Formule
drie, twee, een!
Voorlesing
met 5 persone: drie kinders, klakous/e, verteller.
|
Karakter
vir voorlesing of dramatisering
|
Teks soos in die boek
|
| Kind
1: |
Wat
kan ons doen?
Ons is só verveeld! |
| Klakouse: |
Dit
kan nie wees nie
dis eenvoudig nie waar nie!
Is hier dan nie 'n televisie
'n radio of rekenaar nie? |
| Kind
2: |
Wat
kan ons doen? |
| Kind
1: |
Wat
kan ons tog maak? |
| Kind
3: |
Ons
hou 'n resies - 'n wedren op wiele! |
| Kind
1 en 3: |
Wie?
Met wat? Waar? Waarmee? En wanneer? |
| Kind
2: |
Ons
maak 'n plan
ons kry 'n span
wat alles organiseer:
die wie, die wat, die waar
die wanneer, die waarom, die lot! |
| 1
en 3: |
Ons
kry 'n span! Ons maak 'n PLAN! |
| Verteller: |
Teen
vensters, op bome en pale
orals in die strate
verskyn die plakkate:
DIE
GROOTSTE RESIES VAN DIE JAAR!
KOM DEEL IN DIE PRET
AS JY WIELE HET!
|
| Kind
1, 2, 3: |
Hoera!
(roep die kinders). |
Kind
1:
|
Dis
'n slim plan
om 'n rêrige resies te hou. |
| Kind
1: |
FORMULE
EEN |
| Kind
1 en 2: |
FORMULE
TWEE
|
| Kind
1,2,3: |
FORMULE
EEN, TWEE, DRIE! |
| Klakouse: |
O
nee! (sê die mense).
Dis glad nie na wense
dat die kinders in die strate lê.
Ons het erge besware
daar's te veel gevare
om kinders hier buite te hê. |
| Verteller: |
Uit
kamers en kaste en skure
en onder die bure se bloekom
orals grawe hulle wiele uit:
'n vaalnuwe skoeter
'n fiets sonder toeter
'n stootwa, 'n trapkar, 'n trok
'n wrak van 'n kaskar
'n kermende kruiwa
'n draadkar, 'n driewiel, 'n drom. |
| Klakouse: |
O
nee, (sê die mense), dis glad nie na wense dat die kinders in
die strate lê. |
| Verteller: |
Hulle
timmer en tik en hamer en kap.
Orals sien jy net spykers spat! |
| Klakouse: |
Hou
hulle by die huis.
Dis veel veiliger tuis
as om kinders hier buite te hê. |
| Kind
2: |
Maak
pad, maak pad, maak pad vir die wilde wiele van Wolmaransstad!
|

Kontak
Franci Greyling (franci@storiewerf.co.za) vir meer inligting en
die volledige opvoerteks. Kopiereg:
Franci Greyling

|
|
As jy dié stuk wil
opvoer, stuur 'n e-boodskap aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik. Kopiereg
behoort aan die skrywer.
| |
Terug na Kollig |
 |
|