|
Die
Geleentheidstoespraak of hoflikheidstoespraak. In
die volwasse lewe van enige mens, word hy/sy geweldig baie blootgestel
aan geleentheidstoesprake. Dit is goed dat kinders hierdie tipe
toesprake in ten minste TWEE tale kan doen.
Tipe
temas:
- Afskeid
- Bedanking
- Huldeblyk
- Leedwese
- Gelukwense
- Oorhandiging
- Reëlings
- Stel iemand voor
- Aankondiging
In
enige geleentheidstoespraak is die volgende elemente belangrik:
- Aan wie word die woorde gerig?
- Namens wie?
- Wat is die geleentheid?
- Detail
- Persoonlike annekdote
- Opsomming
Voorbeeld:
bedank mev Willis vir haar 5 jaar by die skool:
Beste
mev Willis, oor die afgelope 5 jaar was u ons graadvoog, ons kunsjuffrou,
ons konsertafrigter, ons sieketrooster en ons vriendin. Namens elke
leerder in Graad 7, wat die afgelope 5 jaar die voorreg en plesier
gehad het om deur u bekwame hande geslyp en gepoets te word, sê
ek dankie. Wie sal ooit ons goeie tyd saam kan vergeet? Die uitstappie
Dieretuin toe, die besoek aan die planetarium, die kamp by Loskopdam
en
die Vrydagmiddae wat ons altyd bederf is met 'n toffee uit juffrou
se handsak? Woorde is te min om werklik dankie te sê. Ons
kan maar net probeer dankie leef, deur kreatief te bly dink, soos
u ons geleer het. Ons sou graag vir juffrou 'n splinternuwe sportmotor
wou gee, maar nou het ons iets vir juffrou se Volla laat maak. Mag
hierdie nommerplate u altyd aan ons laat dink.: SUPERTEACH 1.
'n
Geleentheidstoespraak moet:
- kort en kragtig wees
- opreg wees
- persoonlik wees
- volledig wees
- by die punt bly
- bly weg van geykte uitdrukkings
Tydsduur:
1 - 2 minute
Voorbeelde
van onderwerpe:
- By 'n begrafnis moet jy 'n huldeblyk lewer oor 'n goeie vriend
- Stel die nuwe leerlingraad voor
- Stel die nuwe skoolhoof voor
- Neem die saal se nuwe verhoog in ontvangs
- Neem afskeid van die skoolsekretaresse
- Tref reëlings vir die redenaarsaand
- Wens mnr Nel geluk met 'n nuwe baba/ nuwe pos/ troue
- Kondig die dood van 'n personeellid aan
- Maak die name van die rugby/netbalspelers van die jaar bekend
|