|
Om
uit die vuis te praat is 'n kuns. Om kort en kragtig, logies en
spitsvondig 'n kort toespraak te lewer, is selfs 'n groter kuns.
Daar is egter 'n paar vaardighede wat mens kan aanleer:
1.
As die onderwerp 'n gebeurtenis is (bv my eerste skooldag/
slegste dag/ beste vakansie, ens) is dit goed om jou toespraak te
lei met vrae:
- Wanneer? Waar? Wat? Wie was daar, Wat het gebeur, Waarom voel
jy so? Wat het jy daaruit geleer? ( 'n lessie uit 'n gebeurtenis
is altyd 'n goeie idée)
2.
As die onderwerp 'n redenasie behels (vir of teen 'n saak)
is dit goed om die volgende akroniem te onthou: PREP
- P = Punt: maak jou punt, herfraseer die tema wat vir
jou gegee is. Sê dadelik of jy vir of teen die idée
is
- R = Rede; gee jou rede(s) vir bogenoemde saak
- E= Entoesiasme: al praat jy die grootste gemors, doen
dit met entoesiasme en oortuiging!
- P= Punt: vat saam en eindig weer met jou eerste punt.
3.
As die onderwerp 'n voorwerp is, bv Praat oor 'n Haas; of
dit is 'n voorwerp wat fisies in jou hand gestop word (bv 'n liniaal),
dan kan die volgende punte help: TEPDAK
- T = Tema/Titel van jou praatjie (bv "Die ongelooflike
liniaal"/ "die siel van die haas", ens)
- E = Entoesiasme = wees uiters entoesiasties oor die
tema!!! Dramatiseer
- P
= Punt/opinie
- jou gevoel teenoor die tema/voorwerp
-
D = Demonstreer
- gebruik die voorwerp/ vertoon dit op oorspronklike manier
-
A = Ah ha! Humor! Sorg
vir oorspronklikheid en 'n humoristiese hoek
-
K = Kort en kragtig!
Die
onvoorbereide spreker se woordeskat is van onskatbare waarde.
Bogenoemde
punte kan in die klaskamer geoefen word. Wanneer daar 'n paar minute
van 'n lestyd oor is, doen onvoorbereide toesprake. Dit kan dan
soos hierbo in 3 afdelings geoefen word: voorbeelde van temas daarnaas
-
1.
Gebeurtenisse - beste vakansie/slegste vakansie/ troue/ naweek/
kermis
..
2. Redenasies - sakgeld/ troeteldiere/ maniere / ouers / skoolreëls/
TVprogramme/ tegnologie/ selfone by die skool
..
3. Voorwerpe: sit 'n voorwerp of prent voor die kind neer: letterlik
enige iets in die klas, bv pleister/uitveer/ asblik/ skoolskoen/
besem/ kramdrukker/ rapport/
.
|