|
Lekkergoed
Hou
poedels van noedels
Van pap en polonie?
Ek glo nie.
Maar kaviaar en crêpes Suzettes ?
You bet!
Philip
de Vos se lekker lawwe versie, vertel vir ons net een ding: Lekker
is 'n baie, baie subjektiewe woord. En subjektief, my liewe maats,
beteken doodgewoon dat mý lekker en jóú lekker
nie noodwendig dieselfde beteken nie. Inteendeel, daar is mense
wie se idee van lekker my dood sal beteken. Ja, ek sal my eenvoudig
doodgril. Kom ek verduidelik.
Voorsitter.
Nou die dag, doodverveeld, beland ek op die webblad Funky Foods.com.
Groot fout. Ek klik op "Interesting foods around the world".
'n Nog groter fout. Want toe begin die nagmerrie. Die skerm gaan
oop op 'n straatmark in Beijing. Lekker, lekker straatkos. Mmm.
Hoe lyk dit met twee vet swart skerpioene op 'n stokkie? Krieke,
brosgebraai? Nee? Nou wat dan van drie gedroogde vlermuisies of
'n handvol termiete? En om te drink: vars slangbloed, kyk die outjie
krioel nog! Ek voel die aandete hier net onder my kuiltjie opstoot...
Dan lees ek die bordjie voor 'n Chinese restourant: "Please
not to ask again: we have not seen your cat." Vinnig oorskakel
na 'n ander land - China is definitief nie vir my nie!
Kambodja
is 'n groter ramp: hier is die delikatesse tarantulas! Jy moet glo
blitsvinnig wees op een van daardie groot, harige spinnekoppe vir
aandete te vang. En soos die Ronald Tyler, skrywer van die boek,
Bug the Cook, sê, dit gee 'n heel nuwe betekenis aan die term
"kitskos"!
Ek
spring sommer twee hele kontinente verder en klik op Mexico. Maar
hier is die lekker in lekkergoed is 'n snaakse storie. Topverkoper
is 'n Tequila-suigstokkie met 'n verskil. Reg in die middel sit
'n spesiale wurmpie, goed gepekel in 'n sopie meksikaanse witblits.
Dit klink nie soos iets wat gou in ons snoepie verkoop sal word
nie!
Lekker.
Kan dit lekker wees om rou vis te eet? Natuurlik, sal baie van julle
sê. Dink net aan sushi! Solank jy dit nie in Japan eet nie.
Glo my, jy kan jou eie bakkie lewendige vissies bestel, self die
koppies afbyt en smul! Maar as jy eerder tuna wil eet, bestel die
oog. Dis so groot soos 'n gholfbal en kyk jou stip aan asof dit
vra: gaan jy my kou of heel insluk?
Net
toe ek besluit dat Suid-Afrika die beskaafdste land op aarde is,
skakel my ma die radio aan, en ja, op my MA se stasie. Saam luister
ons toe na 'n onderhoud met mnr Philip Howard van die Skaapkopverening.
En nee, dis toe nie 'n klub vir dom mense nie, dis 'n spul kokke
wat skaapkoppe gaarmaak en eet: oë, tong, breins, als. Dink
net: die skapie se kop lê in die middel van die tafel... en
sy kyk vir my! Mag ek nooit so honger raak nie..!
Verstaan
julle nou dat lekker 'n subjektiewe woord is? Vir elke lekkerbek
is daar lyk my 'n lekkerny wat vir hom nommer pas is. Met verskoning
aan Philip de Vos wil ek dus sê:
OF DIT LEKKER, GOOR OF GEK IS, ELKEEN VREET SOOS HY GEBEK IS!
Voorgedra
deur Ricus Myburgh, gr 3, Laerskool Anton van Wouw, 2010.
|