|
Die
monster CINDY: (fluister) Boetie?..... Boetie ek het
iets gehoor. Hey, is jy wakker? (Sy skud aan hom) Boetie, word wakker! BRIAN:
(Slapering) Gaan weg. Ek slaap. CINDY:
(Klim op bed) Maar boetie, ek het iets gehoor! BRIAN:
(trek kombers oor sy gesig) Dit is jou verbeelding. Gaan slaap! (Daar
is 'n harde geluid en Brian sit skielik regop.) W...w..wat was dit? Het jy
dit gehoor? (Hy skakel die lamplig aan.) CINDY:
Ek het jou gesê ek het iets gehoor! Ek het jou gesê! BRIAN:
(skrikkerig) Sjuut. Netnou hoor hulle ons. CINDY:
(saggies) Is jy ook bang? BRIAN:
(bewerig) Bang. Ek. Nooit. ('n HOND BLAF.) BRIAN:
(opgewonde) Hoor hoe blaf Max! (dan huiwerig) Hy sal net blaf as
daar fout is. CINDY:
(paniekerig) Boetie, gaan maak die opwasser wakker. 'Seblief BRIAN:
Oppasser. Ons kan nie jy weet ons gaan in die moeilikheid hom as ons nog
wakker is. CINDY:
(bars in trane uit) E.....e...ek wil vir Mamma hê. Boetie wanneer
kom sy huis toe? BRIAN:
Ek weet nie. Wag. (Klim van sy bed af en gaan krap in speelgoedboks.) Moenie
huil nie, sus. Hier so, vat my gun. (Hy hou 'n klein speelgoed geweertjie na
haar toe uit.) CINDY:
Hoe werk hy? (bekyk die geweertjie) BRIAN:
Maklik, jy aim net en dan skiet jy. CINDY:
(sit geweertjie neer) Wat van jou? BRIAN:
(Krap verder en haal 'n krieketkolf uit.) Ek sal hulle met my bat sommer
stukkend slaan.
'N HARDE GELUID SOOS GLAS WAT BREEK LAAT DIE KINDERS WEER VERSTYF. DADELIK SPRING
HUL ONDER DIE BED IN, SODAT NET HUL GESIGGIES UITSTEEK. NA 'N RUKKIE IS DIT WEER
STIL. CINDY:
(bewerig) D...di..dink jy hulle is weg? BRIAN:
(skrikkerig) Ek weet nie
DAAR IS WEER 'N GELUID, DIE KEER HARDER EN NADER AS DIE VORIGE KEER. CINDY:
(verskrik) Hy is by die deur! (Elkeen hul 'wapens' voor hulle. Dan gaan
die deur oop.) CINDY
EN BRIAN: Aaaaaaaaaaagggggggghhhhhhhhhhh (Hulle hou vinnig op met skree en
begin dan hard op te lag.) BRIAN:
(Kruip onder die bed uit.) Dit is net Max. CINDY:
(Kruip ook uit.) Kom hier, Max BRIAN:
Sien dit was niks om oor bang te wees nie. CINDY:
Jy was ook bang. BRIAN:
Was nie. CINDY:
Was. BRIAN:
Was nie. CINDY:
Was.
DIE GORDYNE GAAN TOE TERWYL CINDY EN BRIAN STRY.
Kopiereg: Elizabeth
Bekker
|