Daar
was eendag 'n kameelperd wat saam met haar kalfies by die rivier gesit en gesels
het. "Luister
my kinders, julle moenie diep in die veld ingaan nie, anders vreet die hiënas
julle op. Belowe my julle sal nie." "Ons
sal nie, Mammie, ons belowe," het die kalfies geantwoord. Maar
die een kalfie het nie geluister nie. Hy wou uitvind wat diep in die veld aangaan.
Hy't besluit om vroeg die volgende oggend deur die veld te stap. Die
volgende dag het hy opgestaan en saggies uit die kraal gegaan. "Ek
sal terug wees voor hulle my mis." Hy
het deur die veld, very die bokke gestap. Die seekoeie het hom vriendelik gegroet
terwyl hy water gedrink het. "Waarheen
stap jy?" vra pa olifant. "Ag,
sommer rond." "Moenie
te ver in die veld in stap nie." "Moenie
bekommerd wees nie, ek kan myself oppas." Hy't
uiteindelik diep in die veld gekom. Hy't snaakse geluide gehoor. Nie die gewone
geluide van die buiteveld nie. Intussen,
terug in die kraal, was Mammie bekommerd. Sy't rond gevra vir die bokke of hulle
die klein kameelperdjie gesien het. "Hy't
by die river gaan drink." "Hy't
by die olifante verby geloop," het die seekoeie geantwoord na sy vir hulle
gevra het. Op
daardie oomblik het Olifant na hulle gestorm. "Ek
dink jou kalfie het diep in die veld verdwyn." "Ons
moet vir Leeu gaan kry. Hoe anders gaan ons die hiënas keer?" het Mammie
gesê. "Ons
sal vir hom en die ander kry om te help, gaan jy terug na die kraal met jou kalfies
en wag vir ons," sê Bokkie. "Bring
my babatjie terug," sê Mammie terwyl sy wegstap. Leeu
en die ander diere het na die diep veld gestap. Hulle het gesien hoe die hiënas
besig was om die arme kalfie in 'n hoekie te keer, terwyl hulle lag. "Help
my!" skreeu die kalfie. Leeu
spring in, terwyl Olifant alles plat trap. "Hy's
op ons terrein, HêHêHê. Los hom vir ons om op te vreet,"
lag die hiënas. "Nooit!"
brul Leeu. Bokkie
en die seekoeie neem die kalfie terug terwyl Leeu en Olifant keer. Toe
hulle by die kraal kom, het die kalfie begin huil. "Ek
sal nooit weer in die veld gaan nie." "My
kalfie! Ek is net bly jy's veilig! Dankie diere." "Dis
ons plesier, ons help mos altyd vir mekaar," antwoord die diere. Les:
Luister
na jou ouers. Help
jou bure as hulle jou nodig het. |