Lank
lank gelede was daar 'n man met die naam Japie. Japie het in 'n baie klein dorpie
gewoon. Hy was 'n baie eensame man gewees. Sy plek waar hy in gewoon het was ook
baie klein gewees. Niemand het ooit belanggestel om na daardie ou woning te gaan
nie. Japie het nooit uitgegaan nie, hy het ook baie alleen gelewe. En een nag
terwyl hy nog slaap, verskyn daar 'n heks aan hom. En sy vra, "Waarom
lewe jy so alleen?"
Hy
antwoord: "Omdat niemand vir my omgee nie." "Maar
daar is baie mense wat vir jou omgee, jy sien dit net nie," sê die
heks. "Ek
bly al 50 jare alleen, en daar het nog niemand na my toe gekom nie, niemand het
al ooit vir my gesê ek het jou lief."
"Weet
jy waarom voel jy dat niemand het jou lief, is omdat jy het jou nie self lief."
Daardie
nag het Japie nooit geslaap nie. Die volgende môre het hy opgestaan, en
hy het maar net weer in sy klein ou huisie gebly. Die volgende aand het hierdie
heks weer aan hom verskyn. En sy sê vir hom: "Japie ek wil jou graag
help, maar jy moet nou presies doen wat ek vir jou sê." "Wat?"
sê Japie.
"Ek
wil hê dat jy moet na die bos gaan, en as jy daar kom dan gaan jy op 'n
boom afkom, dis die eerste boom in die bos. Hierdie boom is die boom van liefde.
Sodra jy by die boom kom dan sê jy net, 'liefde', en jy sal sien dat liefde
self na jou toe sal kom. "Maar
hoe kan ek so iets doen, ek is dan so bang?"
"Jy
moet nie bang wees nie, ek sal agter jou staan." En die vrou verdwyn.
Die
volgende môre is Japie vroeg op en hy is die bos in. Hy kom toe op die eerste
boom af, en hy sê, "Liefde!" En daar kom hy liefde tegemoed. En
wat hy by die huis kom kry hy daar sit 'n ou vrou in sy kombuis. En hy vra haar
"Wat maak jy hier?"
"Ek
het gekom omdat ek gesien het dat jy so eensaam en alleen is." "Maar
jy ken my nie, hoe kon jy sommer hier in kom"?
"Ek
is nou hier en dis klaar so."
Die
volgende oggend toe hy opstaan sien hy daar staan 'n oupa langs sy bed. En hy
vra hom "Wat soek jy hier in my kamer?"
Die
oupa antwoord "Ek is gestuur om hier by jou te kom woon." Japie was
so verbaas gewees dat daar mense by hom kom woon. Maar toe dink hy terug aan die
heks en die Boom, "dit is mos deur hulle wat ek hierdie wondelike mense het,
wat my liefgekry het".
Na
drie weke gaan hy terug na die bos en hy gaan om dankie te sê vir hierdie
wonderlike mense wat hy gekry het. Want nie net die Ouma en die Oupa was so lief
vir Japie nie, daar het veel ander mense ook na hom gekom. En hierdie Ouma en
Oupa was ook Japie se ouma en oupa, hulle het vir Japie vertel dat sy ouers jare
gelede al dood is. Toe Japie by die boom kom, toe vind hy nie meer die boom daar
nie, maar hy vind wel die ou heks daar. En sy glimlag vir hom. "Hoe voel
jy?" vra sy.
"Ek
voel baie goed. Ek het net kom dankie sê vir dit wat jy en die boom vir
my gedoen het, ek het dit baie waardeer," en hy stap weg. Van
daardie dag af het Japie nooit alleen gevoel nie. Na vyf jaar het sy ouma en oupa
altwee gesterf. Maar daar was nog altyd mense wat vir hom lief was. Hy het ook
'n groter huis gekry, en baie mense het besluit om saam met hom te kom woon, en
Japie was die gelukkigste man gewees in daardie klein dorpie. |