|
Eens op 'n tyd, daar was in 'n sekere land 'n koning gewees wat
'n boodskap uitgestuur het in die hele land van hom. Hy stuur 'n
bevel uit: Iemand wat vir hom kan 'n goue boot met goue vlerke bring
wat kan vlie, kan met sy dogter trou, én nog 'n deel van
sy rykdom erf.
Die mense van daai land het geprobeer om te dié boot maak
of te soek, maar niemand nie.
Op 'n sekere plaas het 'n ander boer gebly. Hy't drie seuns gehet, twee
grotes en dan die jongste enetjie. En hulle was houtkappers, hulle
was maar arm gewees.
Eendag
sê die grote vir sy pa en sy ma, "Ma en pa, ek wil bietjie
gaan hout kap."
Sy
ma bak toe vir hom 'n lekker pannekoek, sit vir hom 'n botteltjie
wyn in, alle lekkernye. Alle lekkernye sit sy vir hom in vir padkos
vir die dag in die bos.
Hy
gaan nou gaan houtkap. Vat sy byl oor sy skouer, bos toe. Kom daar
in die bos, hy't gekap, so bietjie gekap, toe besluit hy om te eet.
Voordat hy eet, dat hy nou sy kossak oopmaak, sien hy hier kom 'n ou gerimpelde grysaard by hom.
Die
ouman vra vir hom, "Kan ek ook van jou kos eet?" Die ouman
vra mooi.
Hy
sê, "Jou naarheid! Wavanaf kom jy? Maak jou nou uit die
voete uit!" En hy gryp daar rond.
En die verminkte ou grysaard verdwyn in die bos, weg is hy.
Die jongman eet toe maar lekker en hy drink van sy wyn. Toe hy nou
dronk is, toe wil hy nie meer werk nie, toe gaan hy terug huis toe.
Die tweede keer sê die tweede grootste hy gaan ook bos toe.
Nou die grote het hom nie gesê wat het hy teëgekom daar
in die bos nie. Die tweede grootste een gaan, hy maak ook sy kossak
oop om te eet.
Hier's
die grysaard weer. 'n Kort mannetjie. Amper met 'n hoed soos 'n smurfie
of noem hom maar 'n dwergie, of so iets.
Hy
sê, "Wavanaf kom jy, jou naarheid? Gaan weg!"
Die
oumantjie is weer hier in die bos in.
Hy
eet. Klaar geëet, lê en slaap hy, staan hy op, daar gaan
hy huis toe. Hy't nie hout gekap nie.
Die derde keer toe's dit nou die kleintjie. Dié kleintjie,
sy pa en sy ma is nou nie so ernstig oor hom as oor die twee grotes
nie. Want die twee grotes is nou eintlik die ouens wat plan maak
vir die hout en al daai dinge. Hulle het nie baie vertroue in hom
nie.
Hulle
gee hom sommer die brandsels en verbrande brood en suurmelk.
Vat
hy sy byl oor sy skouer, hy's ook nie geworrie nie. Da gaan hy.
Kom daar in die bos, daar rondgestaan, voordat die ou wil beginne
eet, hier kom die verminkte grysaard weer hier by hom ook. "Mag
ek saam met jou eet?"
Die
mannetjie sê vir hom, "Ag oupa, weet jy, die kos van
my is nie lekker nie. maar ek gee nie om nie, as jy nie omgee nie,
jy kan maar saam my kom eet."
Hy
sê oraait. Hier kom sit die oumantjie langs hom. Maak hy nou
die verbrande broodsak oop wat verbrande brood en pap het en suurmelk.
Na hulle verbasing, dis nie meer daai goed nie. Die lekkerste nye
wat sy broers ook nie eens gehad het nie. Hu! Wavanaf kom die kos
nou? Toe eet die verminkte mannetjie saam met die seun. Hulle eet,
hulle eet, hulle eet, hulle eet.
Klaar geëet, die verminkte mannetjie sê vir hom, "Luister
hier, seun. Jy moet nou aandagtig luister wat sê ek jou. Gaan
dáár in die woud. Jy gaan 'n boom kry daar. Kyk die
dikste boom wat jy sien daar. Kap daai boom. En as jy moeg voel,
dan hoef jy nie verder te kap nie, dan rus jy 'n bietjie. Dan kan
jy maar 'n bietjie slaap."
Oraait,
die seun vat sy sak en sy byl en daar gaan hy. Kom daar in die bos.
Rondgeloop, gesoek na die boom, gesoek. Uiteindelik kry hy hom.
Gekap, gekap, gekap. Hy voel uitgeput. Hy lê so skuins teen
die boom. Weg aan die slaap is hy. Hy weet ook nie hoe lank het
hy geslaap nie. Toe hy wakker skrik, sien hy op die stam van die
boom is 'n goue skip met vlerke. Hmm! En dié ding?
Binne-in
die skip kom 'n stem uit: "Stuurman van die skip, klim in die
skip! En als wat jy oppad kry, moenie verbygaan nie. Laai op. Laai
hulle binne-in die skip in en ry saam met hulle."

|