Daar
was hongersnood en toe het mnr. Vark vir mnr. Skilpad gevra dat hulle lande ploeg
vir hulle families. Hulle het 'n dag gesê wanneer hulle gaan begin met die
werk. Die
dag het toe gekom. Dan het mnr. Vark allenig gaan begin ploeg. En hy het vir 'n
week alleen gewerk. Dan het mnr. Skilpad met 'n verskoning gekom dat sy hele gesin
lê in die bed en hy kon nie hulle allenig gelos het nie. Toe sê mnr.
Vark vir hom die stuk grond wat hy geploeg het, is genoeg vir twee gesinne. Dan
kan hulle begin plant en nat maak. Hulle het besluit om die volgende dag te begin
plant. Dan
het mnr. Skilpad weer nie opgedaag nie. Toe het mnr. Vark se hele gesin gaan plant.
Na
twee weke het mnr. Skilpad aangekom en gesê hy het 'n seer rug. Mnr. Vark
was baie kwaad. Toe besluit hy mnr. Skilpad gaan nie meer kos verniet kry nie,
hy sal moet koop. Mnr. Skilpad het kos op skuld gekoop en toe wil hy nie betaal
nie. Mnr.
Vark het besluit om sy geld te gaan kry, toe was mnr. Skilpad nie daar nie. Die
vrou was besig om mielies op 'n maalklip te maal. Dan het mnr. Vark die maalklip
buite gegooi. Die maalklip was mnr. Skilpad. Hy het toe opgestaan en in die huis
in gekom.
Mnr. Vark het die "maalklip" gesoek want daar was 'n beursie daarin.
Dis hoekom die vark moet grawe om die beursie te kry. |