Jakkals
is altyd . . . hy stel vir Wolf in 'n swak lig, ek hou nie daarvan nie. Want jy
weet net goed, as jy van Jakkals en Wolf praat, Wolf gaan maar altyd die spit
afbyt, hy gaan die laaste kom en dan is Jakkals altyd eerste. Okay, ek maak gou
'n storie van Jakkals en Wolf, so 'n kort enetjie. Eendag was dit gewees,
Wolf het langs die rivier gestap. Sy vrou en sy kinders is honger by die huis.
En hy besluit toe om 'n plan te maak vir iets om te eet. Soos die geluk dit toelaat,
daar vang Wolf vyf ganse. Wolf vat die ganse, hy sit hulle in die sak oor sy rug,
huistoe. Oppad huis toe ontmoet hy vir Jakkals.
"Môre,
Oom Wolfie!"
"Môre,
Oom Jakkie!"
"Hoe
gaan dit, Oom Wolfie?"
"Nee
goed, Oom Jakkie."
"Au
Oom Wolfie, maar ek ruik mos vleis in daai sak van jou!"
"Ja,
nee wat, Oom Jakkie, dis maar so vyf gansies wat ek hier teen die rivier vasgelê
het."
"Ag,
Oom Wolfie, wil jy nie maar die vyf ganse aan my verkoop nie?"
"Nee
Jakkals. Ek kan nie die ganse aan jou verkoop nie, ek wil dit huis toe vat vir
my vrou en my kinders."
"Ag,
wee' jy Oom Wolfie, ek sal jou goed betaal. Ek gee jou vir elke gans 'n rand.
En dié vyf rand, jy kan hom by Oom Leeu gaan kry, en jy weet Oom Leeu is
'n eerlike man. Hy sal jou regtigwaar betaal vir die vyf ganse. So sê net
vir hom ék het vir jou gesê hy moet daai vyf rand wat hy vir my skuld
vir jóú gee."
"Nee,
maar is goed, Oom Jakkie."
Daar
vat Jakkals die vyf ganse. Hier gaan Wolf na Leeu toe. Kom by Leeu, klop aan die
deur.
"Wie'sit?"
"Is
ek, Wolf, Oom Leeu."
Leeu
maak oop.
"Oom
Leeu, Jakkals het my na jou toe gestuur. Hy't gesê jy skuld hom vyf rand,
en daai vyf rand jy moet hom vir my gee sodat ek vir my kinders kan kos koop.
Want hy't vyf ganse by my gevat."
"O
nee, maar goed, kom dan in, Wolf." Leeu maak toe oop, Wolf gaan in, en Leeu
maak die deur toe. Toe gaan hy in die huis in, hy gaan haal sy sambok. Hy slaan
vir Wolf vyf houe met die sambok. Hel! Toe Wolf uithardloop, skreeu Leeu agterna,
"Dit is die vyf rand wat ek vir Jakkals geskuld het wat hy gesê het
ek moet vir jou gee!" Daar's Jakkals weg my die vyf ganse, en daar't
Wolf sy ganse verloor, en nog 'n drag slae ook agterna gekry. Dis nie lekker so
nie! Vat Jakkals ou Wolf se ganse, hy gaan eet die ganse, en daar laat hy Wolf
nog 'n dekselse pakslae ook kry. Nou is dit nou regverdig so? Nou sulke stories,
ek hou nie van hulle nie. Nee, stories moet karakters het. Karakters moet teen
mekaar is of saam met mekaar wees. Dan klink hy meer intelligent. |