|
Ek, Godfrey van Rooyen het saam met my ouma gebly, ek was elf jaar
oud en my ouma was al vier en vyftig jaar oud. Ons het in 'n viervertrek
gebly, wat 'n bietjie ongemaklik was vir ek en my ouma, maar weens
die omstandighede kon ons nie 'n beter een bekostig nie.

My
plig was dat ek moes hout gekap het, ons het 'n dik stomp gehad
agter onse huis en ek moes met 'n byl daardie stomp geslaan het
tot daar krummels van houtjies is. Maar soos die tyd gegaan het,
het die stomp klaar geword en ek moes 'n ander plan gekyk het as
jong seun, want ons het gelewe van 'n vuurtjie, op die vuurtjie
'n potjie met 'n bietjie pap wat ons by mense kry, 'n bietjie melk
wat ons een keer 'n week koop, dit was ons daaglikse lewe. Ons moes
net twee keer 'n dag geëet het, weereens, die kos wat ons besit
het.
Toe
besluit ek maar om my daaglikse of dag se kos te pak in 'n rugsak
en 'n byl te vat om hout vir ek en my ouma te kry, want as ek dit
nie gaan doen nie, wie sal dit doen? Ek sê toe my ouma wat
ek dink, toe stem sy saam, maar toe sê sy ook dat ek nie bang
moet word nie. Ek pak toe my gereedskap en vat die pad.
|