2007-04


jongklomp

lapastorie

Kierietjie, kierietjie, trek weg!
Godfrey van Rooyen
Deel 2

Oppad na die bos of veld toe sien ek 'n ou oupa op 'n ashoop sit en huil. Ek sit toe my gereedskap neer en gaan na die oupa toe. Soos ek naby stap, sê hy vir my "Bly weg!!" Ek staan 'n bietjie en kyk hom. Toe hy my mooi in die oë kyk, begin hy weer te huil. Ek stap maar na hom toe en druk hom teen my skouer. Mense om ons, die ryk mense, sê vir my "Gaan weg van daardie man af, hy stink!" Maar my ouma het my geleer dat ek moet probeer help by enige probleem, al lyk dit hopeloos, maar moet nie na mense luister nie.
Soos ek hom druk vra hy vir my, "Wie is jou ouers?" en ek antwoord en sê, "My ouers het gesterwe. Ek lewe net saam met my ouma."
Ek vra vir hom, "Hoekom sit jy hier?"
Hy skep eers wind en kyk, hy vra vir my, "Moet ek sê?"
"Asseblief."
Hy sê, "My kinders en my vrou het my uitgesit twee dae gelede."

Ek vra ook hoekom. Toe sê hy vir my, "Omdat hulle gehoor het dat ek 'n kind het met 'n ander vrou." Terselfdertyd vra hy vir my, "Waarnatoe is jy oppad, seun?" maar jy kan nou sien sy gesig kom 'n bietjie beter.
Ek sê toe, "Ek is oppad na die veld om vir ek en my ouma hout gaan haal."
Hy vra vir my, "Saam met wie?"
Ek sê alleen, hy sê, "Seun, jy is 'n gehoorsame kind," en gee my 'n kierie.
Ek vra toe, "Vir wat gee jy my 'n kierie?"

Hy sê vir my, "In die veld is dit baie gevaarlik en jy is nog baie klein vir sulke dinge, so vat hierdie kierie en as daar enige gevaar spring dan moet jy net sê 'Kierietjie kierietjie trek weg!!' dan sal hy jou bietjie help."
Ek sê toe, "Baie dankie oupa!" en gee hom 'n soentjie op sy voorkop, toe vat ek weer my gereedskap en stap aan.

vervolg
Godfrey van Rooyen (17)
Hoërskool Promosa, Potchefstroom
Uit: Die soetsuur lemoen: hartseer en geluk van Promosa
Illustrasies: Emily Bornoff
Terug na Lapastories

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2012