My
oupa-hulle was padmakers. En hulle het in die veld in gekom, toe kom hulle by
'n groot klip. En toe hulle by die klip kom het hulle gesit en eet, toe's daar
geskryf op die klip - in Hollands - "O, wat 'n wonder, draai my om en kyk
van onder."
En
hulle is toe mos nuuskierig! En hulle los toe die kos en goete, en hulle begin
die klip te rol om die klip nou na onder te kry. En toe hulle nou so klaar gerol
is en moeg dat hy nou na onder toe is, toe staan daar geskryf op die klip: "O
ben ik bly, nou lê ek op my ander sy!"
Hulle
sê hulle het maar nou so klaar geëet en als, maar voor hulle toe nou
weer vertrek verder toe gaan draai hulle hom weer om sodat die volgende mense
weer kan sukkel! |