Baie
lank gelede toe die diere gepraat het, was daar 'n klein slim hasie. Hierdie hasie
was baie slim. Slimmer as die ander groter diere. Een
dag het Hasie na die bobbejane se huis gestap. Hy het Leeu se vel aangetrek. Toe
Hasie by die bobbejane se huis kom, het hy die bobejane skrik gemaak. Die bobbejaan-familie
was doodbang. Maar toe sê Hasie vir hulle dat hy sal tuis by hulle kleintjies
bly terwyl hulle kos soek. Dit
het so gebeur dat die bobbejane kos gaan soek het en Hasie het by die kinders
gebly. Maar
eendag het die bobejaan vroeg huis toe gekom. Hulle het Hasie gesien dans en gehoor
sing oor hoe dom die bobbejaan is om nie te kan sien dat hy nie 'n regte leeu
is nie. Die bobbejaan was baie kwaad en wou Hasie dood maak. Soos altyd was Hasie
te vinnig vir hulle. Hasie
het in die veld geloop steeds met Leeu se vel aan. Ongelukkig het Hasie vir Leeu
langs die pad ontmoet. Leeu kon sien dat Hasie nie 'n regte leeu was nie. Voordat
Leeu hom opeet, het Hasie belowe om kos te soek vir Leeu. Hasie
het die ander diere laat skrik en dan het Leeu hulle doodgemaak, want hy was 'n
regte leeu. Dit het so gegaan vir 'n rukkie. Toe hulle genoeg vleis het om vir
'n paar dae te eet, het Hasie 'n plan gemaak. Hy het vir Leeu gesê dat hulle
'n huisie moet maak om die kos te bêre om te kook. Die
huise was klaar - net die dak was nie op nie. Hasie het gesê dat hy te kort
is en nie die dak op kan sit nie. Toe Leeu besig was om die dak op te sit, het
Hasie die vleis gekook. Hulle het 'n paar kere uit die huis gekom om Leeu te vra
of hy party stukkies vleis kan eet en leeu het met 'n diep stem gesê dat
die groter stukkies syne was. Hasie
het 'n ander plan gemaak. Hierdie keer was Leeu in die moeilikheid. Hasie het
op die dak geklim met 'n hamer en 'n spyker. Hasie het Leeu se stert met die psyker
en hamer vasgeslaan op die dak. Toe Leeu pyn voel en vir Hasie vra wat hy besig
is om met sy stert te doen, het Hasie gesê dat hy 'n baie groot luis dooddruk
op Leeu se stert. Hasie
het van die dak af geklim en binne in die huis gegaan. Hy het uitgekom. Hy het
begin om die grootste stukke vleis te eet wat Leeu gesê hy mag nie eet nie.
Toe Leeu van die dak wil afklim om Hasie te vang, was sy stert vas aan die dak.
Hy het probeer totdat hy dood was. Hasie het al die vleis alleen klaar geëet.
Hasie het gesin en gesê: "Ek is klein hasie, maar ek is slimmer as
al die groter diere."
|