Lank
gelede toe voël kon praat, was daar 'n meisietjie wat goeie vriende was met
'n uil. Die meisietjie was baie lief vir die uil. Sy het die uil se mooi oë
geadmireer. Die
twee vriende het gesit en gesels oor verskillende dinge. Die meisietjie het die
uil vertel van haar ma, haar pa, haar broers en susters en ook van haar ouma wat
'n towenaar is. Die uil het haar vertel van alle voëls, die een wat net vleis
eet en die wat wag nadat ander diere geëet het en die kos wat agter gebly
het dan eet. Eendag
het die uil die meisietjie se sonbril geleen. Die meisietjie was baie jammer vir
haar bril. Die uil het gesë dat hy met vakansie gaan en hy benodig sonbrille.
Die meisietjie het dit vir hom gegee. Die uil het belowe hy sal dit terug bring.
Die uil het nie die bril teruggebring nie en die meisietjie was baie kwaad. Sy
het haar ouma vertel van die uil en sy belofte. Haar ouma het die uil getoor sodat
die uil se oë baie groot moet wees. Die uil is nou baie skaam oor sy oë
en daarom gaan hy nie meer uit gedurende die dag nie.
|