Die
prys word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur d.w.s.
die groep lesers van sewe tot twaalf. Die prys word driejaarliks toegeken en alle
literêre werk, oorspronklike Afrikaanse werke, sowel as vertalings wat verskyn
het gedurende die drie jaar wat die bekroningsjaar voorafgegaan het, kwalifiseer
vir oorweging. (2007) Inligting
verskaf deur Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. |