| 1970 |
M.E.R.
(Karlien en Kandas) |
| 1971 |
Pieter
W. Grobbelaar (Al sy kinderboeke, o.m. vir Trippe trappe
trone) |
| 1973 |
Freda Linde (Jos en die bok) |
| 1976 |
Hester Heese (Al haar kleuterboeke;o.m. vir Die Peperboom,
Piet Vrolik en Ben Verstrooi en Bokmakierie sing) |
| 1979
|
Tienie
Holloway (postuum) (Rympies van Tienie Holloway en Versies van
Tienie Holloway) |
| 1982 |
Hester Heese (Sy wat die soen op haar voorkop dra) |
| 1985 |
Freda Linde (Die Keiserkroon) |
| 1988 |
Rona Rupert (Nou wil almal sien) |
| 1991
|
Corlia
Fourie (Die meisie wat soos 'n bottervoël sing) |
| 1994 |
Elizabeth
van der Merwe (Kaljander van die Karoo) |
| 1997 |
Marita van der Vyver en Piet Grobler (Olinosters op die dak) |
| 2003 |
Martie
Preller (Babalela en Lisa het 'n plan) |
| 2006 |
Martie
Preller en die illustreerders Erica en Andries Maritz (Diep,
diep in 'n donker bos) |
TIENIE HOLLOWAYMEDALJE VIR KLEUTERLITERATUUR
Die
Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is in 1969
ingestel ingevolge 'n skenking deur dr. J.E. Holloway. Die
prys is genoem na sy eggenote, wyle mev. Tienie Holloway,
een van die bekendste skrywers van kleuterverse in Afrikaans.
Dié goue medalje (met die beeltenis van Tienie Holloway
daarop) word van tyd tot tyd toegeken aan 'n skrywer of
skryfster wat gedurende 'n tydperk, deur die Akademieraad
bepaal, die beste werk van bevredigende gehalte in Afrikaans
gelewer het in die genre kleuterliteratuur, dit wil sê
vir kinders onder agt jaar.
Vanaf 1976 word die prys elke drie jaar beskikbaar gestel.
|