Die
ATKV-toekennings vir kinderboeke wat deur jong lesers self aangewys word,
is toegeken aan: Ewald van Rensburg vir Stories vir jong ore, Alida Bothma
vir Steweltjies na Wonderland, Marianna Brandt vir Die mieliestronkpop,
Francois Bloemhof vir Kamer 13 en Helen Brain virTamara. Vorige
toekennings.
C.P.
Hoogenhout-prys vir Janie Oosthuysen.
Dié gesogte prys vir kinderliteratuur
bestaan reeds sedert 1960 en word toegeken deur Unisa se Eenheid vir Kinderliteratuur
(ENIK) in samewerking met die Stigting vir Afrikaans. Lees die volledige berig
in Resensies
Die
M.E.R.-prys vir jeuglektuur is op 22 Junie 2000 toegeken aan Freda Linde vir
Eenders en Anders. Dié boek verskyn 40 jaar ná haar eerste
kinderboek die lig gesien het. Vorige pryswenners
Die
wenners van 2000 Sanlam-prys vir Jeuglektuur is: Jan Vermeulen (goud) vir
Geraamtes dra nie klere nie, Rena Schüler (silwer) vir Die somervakansie
wat te lank was, Jenny Robson (goud)
vir Because pula means rain, Sarah Britten (silwer) vir The worst year
of my life, so far en Zibela Sisusa (silwer in die Nguni-tale) vir Isahluko
sokuqibela (Die laaste hoofstuk). Kabelo Kgatea (silwer in die Sotho-tale)
vir Njeng manong fa ke sule (Verslind my, aasvoëls, wanneer ek sterf).
Die wedstryd wat deur Tafelberg-Uitgewers en Sanlam aangebied word, bestaan reeds
sedert 1984. Vorige wenners