Scheepersprys
vir Jeuglektuur wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie toegeken word, gaan
in 2001 aan Jan Vermeulen vir Geraamtes dra nie klere nie. Martie Preller
ontvang die Alba Bouwer-medalje vir die Balkieboek. Vorige
toekennings.
M.E.R.-prys
vir die Jeuglektuur is toegeken aan Jan Vermeulen vir Geraamtes dra nie
klere nie. Hierdie prys word toegeken vir die beste kinder- of jeugboek wat
die afgelope jaar by die uitgewerye van Nasboek verskyn het. Vorige
toekennings.
Die
ATKV-toekennings vie 1999 is toegeken aan die volgende skrywers: Verna Vels
(6-7 jaar) vir Liewe Heksie en die rekenaar, Kristian van Tonder (8-9 jaar)
vir Die dag toe die 500kg hoeder gevlieg het, Francois Bloemhof (10-12
jaar) vir Die speletjie en Louise van Niekerk (13-15 jaar) vir Liefde
in London. Vorige wenners.