Marita
van der Vyver is die wenner van die Afrikaanse afdeling van vanjaar se Sanlam-prys
vir jeuglektuur. Sy het die goue prys van R8 000 ontvang vir Die ongelooflike
avonture van Hanna Hoekom. Volledige
berig. Vorige wenners.
Die
C.P. Hoogenhouttoekenning vir Kinderliteratuur vir 1998 en 1999 is toegeken
aan Verna Vels vir Liewe Heksie en die Rekenaar.
Niki
Daly has won the 2002 Children's Africana Book Awards for Young Readers for
his book What's Cooking Jamela? (this book has the title Yebo! Jamela
for its South African Edition). This award is given annually by the African Studies
Association in USA. Yet another South African book is a world winner.
Die
MER-prys vir die beste kinder- of jeugboek is toegeken aan The Waterbearer
deur Dianne Hofmeyr. Die prys is deel van die Nasboek Literêre Pryse
wat toegeken word vir boeke wat in die vorige jaar by die uitgewerye van Nasboek
verskyn het. Vorige wenners.
Die
ATKV-toekennings vir kinderboeke 2002 gaan aan Martie Preller (Die Balkieboek),
Rina Coetzee (illustrasies in Die Mossie met die spiere), Ewald van Rensburg
(Nog 30 stories vir jong-ore), Hannes Smit (Ans se geheim) en Jan
Vermeulen (Geraamtes dra nie klere nie). Volledige
berig. Vorige wenner