MER-Prys
vir Jackie Nagtegaal. Jackie Nagtegaal se debuutroman, Daar’s vis in die
punch, is bekroon met die MER-prys vir Jeugliteratuur. Jackie het terselfdertyd
ook kykNET se prys vir Jong Afrikaanse Skrywers onder 35 ontvang. Sy het 'n totale
prysgeld van R30 000 ingepalm.
Jenny
Robson wen internasionale prys. Die UNESCO Prys vir Kinder- en Jeugliteratuur
in Diens van Verdraagsaamheid is aan Jenny Robson toegeken vir haar boek Because
pula means rain. Volledige
berig.
Die
wenners van die ATKV-kinderboekpryse: Leon de Villiers en illustreerder Nico
Meyer (6-7) vir Elsie soek 'n strooihoed; Antoinette Nightingale (8-9)
vir Dinge wat krrraakkk maak; Riana Scheepers (10-12) vir Blinde sambok
en Anne-Marie Conradie (13-15) vir Tippex dit uit. Vorige
wenners. Riana Scheepers oor Die
belangrikste letterkundige prys in Afrikaans.
Die
Katrine Harriestoekenning vir Kinderboekillustrasies herleef vanjaar (2003) na
ses jaar. Die wenner is Jude Daly vir haar illustrasies in die boek, The
Stone, gepubliseer deur die Britse uitgewers, Francis Lincoln. Volledige
berig.
Die
Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur word vanjaar toegeken aan Martie
Preller vir haar boeke Babalela en Lisa het 'n plan. Die medalje
is een die die toekennings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Internasionale
toekenning vir Piet Grobler. Piet Grobler, bekende Suid-Afrikaanse illustreerder
(en die skepper van Storiewerf se woordvrate), is in die prestige Biennial of
Illustrations Bratislava (BIB) met 'n bronsmedalje bekroon vir illustrasies uit
Die spree met foete en uit Net een slukkie, Padda. Lees
meer.
Spesiale
toekenning aan Freda Linde. Unisa se Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
(ENIK) het 'n spesiale toekenning aan Freda Linde gemaak vir haar besondere bydrae
tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur. Volledige
berig.
Janie
Oosthuysen bekroon vir vertaling van Harry Potter en die beker vol vuur. The
South African Translators' Institute has announced the five category winners for
its SATI Award for Outstanding Translation for 2003. Volledige
berig.
Nominasies
vir IBBY se Ererol vir 2004. Die plaaslike tak van die International Board
on Books for Young People het die volgende titels vir IBBY se Ererol vir 2004
genomineer, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Marita van der Vyver),
The Waterbearer (Dianne Hofmeyr), Yebo, Jamela! (teks en illustrasies Niki Daly),
Die spree met foete (Philip de Vos - vertaling). Volledige
berig.