- Jong
lesers wys wenners aan. Die ATKV-kinderboekpryse wat deur jong lesers self
aangewys word, word vanjaar aan die volgende skrywers toegeken. In die kategorie
3-5 jaar: Piet Grobler met Net één slukkie, padda! In die
kategorie 10-12 jaar: Francois Bloemhof met Hospitaaltyd. In die kategorie
13-15 jaar: Jaco Jacobs (Tania Brink) Liefde laat jou Rice Crispies anders
proe.
-
- Literêre
toekennings. Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hulle literêre
pryse bekend gemaak. Die Scheepersprys vir jeugliteratuur word toegeken aan Willem
van der Walt vir sy boek Ragtime en rocks en die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur
aan Leon de Villiers vir Droomoog Diepgrawer.
Die
M.E.R.-prys vir kinderliteratuur is toegeken aan Ek is Simon deur Martie
Preller. Wenners
van die SAPPI Isiqalo kompetisie is: What's down the hole deur Clea
Berge, Now Mama deur Catherine Kraetschmer en Three Friends and A Taxi
deur Maryanne Clegg & Shayle Bester. Twee verhale is eervol vermeld: Lindi
No Gogo deur Thembi Mwelase en I could be anywhere deur Catherine Groenewald. Die
First Words in Print-projek van die Sentrum vir die Boek is die ontvangers van
die IBBY Asahi toekenning
vir die bevordering van lees. Lees
meer. Die
wenners van Exclusive Books se ONE CLUB PRIZE 2004 is: 1ste plek: The earth,
my butt and other round things deur Carolyn Mackler. 2e plek: Thief Lord
by Cornelia Funke. 3de plek: The curious incident of the dog in the night-time
by Mark Haddon. |