- CP
Hoogenhout vir Droomoog Diepgrawer. Unisa se Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
het bekendgemaak dat Leon de Villiers se boek, Droomoog Diepgrawer, die wenner
is van die CP Hoogenhouttoekenning vir Kinderliteratuur.
Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2005: Die standaard van die Afrikaanse inskrywings was so
hoog en die twee manuskripte wat meegeding het om Goud het so kop aan kop geloop
dat die beoordelaars nie anders kon as om aan albei presies dieselfde punt toe
te ken nie. Die Afrikaanse wenverhale is geskryf deur Francois Bloemhof (goud),
Fanie Viljoen (goud) en Engela van Rooyen (silwer). Bekronings:
MER-pryse, M-Net-prys, Jan Rabie/Rapport-prys. Vaselinetjie deur Anoeschka
von Meck (Tafelberg-Uitgewers) het die dubbele onderskeiding behaal dat beide
die Jan Rabie/Rapport-prys en die MER-prys vir jeuglektuur daaraan toegeken is.
Sy het ook n M-Net-prys daarvoor ontvang. Die
MER-prys vir kinderlektuur, is toegeken aan Wynand Louw vir Mr Humperdincks
wonderful whatsit, met illustrasies deur Marjorie van Heerden (Human & Rousseau).
Die ATKV-Kinderboek-toekennings
vir 2004. Die ATKVeertjie-toekennings gaan aan die skrywers (en illustreerders,
waar van toepassing) van 2003 se beste kinderboeke. Daar is meegeding in vyf kategorieë
wat volgens ouderdomsgroepe ingedeel is. Kategorie 3- 6 jaar: Parmant deur Leon
de Villiers en geïllustreer deur Samantha van Riet. Kategorie Graad 1- 3:
Manie se Motor deur Una Koch en geïllustreer deur Alta Joubert. Kategorie
Graad 4- 5: Erik en die kido-dinges deur Leon de Villiers. Kategorie Graad 6-7:
Pretpark deur Jaco Jacobs. Kategorie Graad 8-10: Koning Henry deur Carina Diedericks-Hugo.
Special commendation
for Makwelane en die krokodil. The Noma Award for Publishing in Africa
announced the 25th Noma Award for Publishing in Africa in 2005. The Jury singled
out a further three titles for Special Commendation, one of which is Makwelane
en die krokodil (Makwelane and the Crocodile) by Maria Hendriks Illustrated
by Piet Grobler. |