MER-pryse
bekend gemaak: Die MER-prys vir kinderlektuur (2005) is toegeken aan Marita
van der Vyver vir Mia se Ma (Human & Rousseau). Sy deel dié prys met Piet
Grobler wat vir die illustrasies verantwoordelik was. 
Die
ander benoemdes in hierdie kategorie was Jaco Jacobs vir Net aliens eet spinasie
(Human & Rousseau) en Ann Walton vir Tell the Moon (Tafelberg). Die
MER-prys vir jeuglektuur is aan Fanie Viljoen toegeken vir Breinbliksem
(Tafelberg). Die ander benoemdes was Engela van Rooyen vir Vuvuzela en
François Bloemhof vir Nie vir kinders nie, wie se boeke beide deur Tafelberg
uitgegee is. - Die
Tienie Holloway-medalje kleuterliteratuur word vanjaar toegeken aan Martie
Preller en die illustreerders Erica en Andries Maritz vir Diep, diep in 'n
donker bos.
Die
ATKV-kinderboek-toekennings (2005) vir boeke wat in 2004 verskyn het, is:
Dit is: My sussie se tande deur Leon de Villiers (3-6 jaar), My ouma
is 'n rockster (gr 1-3)en Nag van die monsters (gr 4-5) deur Jaco Jacobs,
Thomas@ sms.net deur Carina Diedericks-Hugo met (gr 6-7) en Vaselinetjie
deur Anoeschka von Meck (gr 8-10). Altesaam 1380 kinders en 33 biblioteke landwyd
het deelgeneem aan die beoordelingsproses. Erebenoeming
vir Lena se bottelboom deur Wendy Maartens. Lena se bottelboom/ Lena's bottle
tree (LAPA Uitgewers), is een van slegs vier boeke en die enigste kinderboek wat
'n erebenoeming van die beoordelaars van die Noma Awards for Publishing in Africa
2006 gekry het. 105 titels van 63 uitgewers in 15 lande, in 8 tale is ontvang
om in aanmerking te kom vir die 2006 kompetisie. Slegs twee titels is uitgesonder
vir 'n erebenoeming. (2006-11-15) 'n
Kanna vir Wilde Willemientjie. Die musiekverwerking van die prenteboek Die
avonture van Wilde Willemientjie (Riana Scheepers) is tydens die 2006 KKNK
bekroon met 'n gesogte Kanna-toekenning as beste kinderproduksie van die KKNK
2006. |