Die
M.E.R.-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek
is toegeken aan Fanie Viljoen vir Geraamte in die klas
(Human & Rousseau), geïllustreer deur Karl Stephan. Die
keurders, Lona Gericke en Linda Rhode, sê hierdie pragtige
boek leer kinders die lewe se dieper lessies op 'n spitsvondige
wyse.

Die M.E.R.-prys vir jeugboeke is toegeken aan Jenny Robson
vir Praise Song (Tafelberg-Uitgewers), 'n aangrypende
en sterk verhaal oor Vigs en verganklikheid. Prof. Maritha
Snyman van die Universiteit van Pretoria en prof. Louise
Viljoen van die Universiteit van Stellenbosch was die keurders
in hierdie kategorie.
Die
Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur is toegeken aan Jaco
Jacobs se Wurms met tamatiesous en ander rympies.
Die toekenning maak deel uit van die pryse van die Suid-Afrikaanse
Akademie vir Wetenskap en Kuns en word driejaarliks toegeken.

Die
ATKV-Kinderboek-toekennings. Die wenskrywers en -boeke
is: Kategorie 3 tot 6 jaar Annelize Bester (Droombos se
nuwe prinsessie); Johan Strauss vir illustrasies. Kategorie
Graad 1 tot 3: Elmarie Botes (Jabulani die olifant). Anna-Carien
Goosen vir illustrasies. Kategorie Graad 4 tot 5: Carina Diedericks-Hugo
Operasie M.I.A.A.U. Kategorie Graad 6 tot 7: Carina
Diedericks-Hugo (Thomas@nagmerrie.net) Kategorie Graad
8 tot 10: Nerine Ahlers en Alet Steenkamp (Selfone, skelms
en sjokolade)
-