
Piet
Grobler drie maal bekroon. Piet Grobler het op 5 Maart
2008 tydens die openingsfunksie van die UP-bookfest drie
toekennings vir die Katrine Harries-medalje ontvang, vir
1999-2001, 2002-2003 and 2004-5: Doctor
Me Di Cin / Dokter Me Di syn, Human & Rousseau (2001), Toepa-toepa
towery Protea (2003), Net een slukkie, padda! / Please Frog,
just one sip! Human & Rousseau (2002), Die spree met foete
Human & Rousseau (2002), Het Vogeljes ABC Lemniscaat (2005),
Makwelane en die krokodil Human & Rousseau (2004) and Mia
se ma / Mia's mom Human & Rousseau (2005).

Emily
Bornoff is bekroon met die Katrine Harries-medalje vir
kinderboekillustrasies 2007 vir haar illustrasie van Die
Prinses van die Afrikavlaktes. Dié prenteboek wat ewe
veel deur volwassenes as kinders geniet kan word, is 'n
boek wat groot en klein dwing om nuut na die self, die mens
en die wêreld te kyk - een wat beïndruk deur die veelvlakkigheid
van die teks én illustrasies.

C.P.
Hoogenhout-toekenning. vir Jaco Jacobs. Jaco Jacobs
se jeugboek Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies
bekroon met die gesogte C.P. Hoogenhout-toekenning. Wurms
met tamatiesous het reeds in Maart 2007 die Alba Bouwerprys
vir kinderliteratuur ontvang.
Tydens
'n luisterryke en feestelike aand is die ontvangers
van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 29 Augustus
2008 aangewys. Skrywers en illustreerders van kinderboeke
is ook vereer in die kinderboektoekennings waar kinders
self as beoordelaars optree.
ATKV-Kinderboektoekennings
2007
Voorleeskategorie: 3 - 6 jaar
Skrywer: Annelize Bester (Fantasi) - Kersvader se groot
glips
Illustreerder: Johann Strauss (Fantasi) - Kersvader se groot
glips
Selfleeskategorie:
graad 1 - 3
Skrywer: Alana Bailey (LAPA Uitgewers) - Die prinses van
die Afrikavlaktes
Illustreerder: Emily Bornoff (LAPA Uitgewers) - Die prinses
van die Afrikavlaktes
Selfleeskategorie:
graad 4 - 5
Skrywer: Lize Roux (Jaco Jacobs) (LAPA Uitgewers) - Totsiens,
Sugarplum
Selfleeskategorie:
graad 6 - 7
Skrywer: Fanie Viljoen (Human & Rousseau) - Geraamte
in die klas
Selfleeskategorie:
graad 8 - 10
Skrywer: Tania Brink (Jaco Jacobs) (LAPA Uitgewers) - Ouens
is nie pizzas nie
ATKV-Kinderboektoekennings
2008
Voorleeskategorie: 3 - 6 jaar
Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) - Danie Dreyer se
dinosouruseier
Illustreerder: Maja Sereda (LAPA Uitgewers) - Danie Dreyer
se dinosouruseier
Selfleeskategorie:
graad 1 - 3
Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) - Slym en die gogga-sirkus
Illustreerder: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) - Slym en
die gogga-sirkus
Selfleeskategorie:
graad 4 - 5
Skrywer: Lize Roux (Jaco Jacobs) (LAPA Uitgewers) - Die
spookperd
Selfleeskategorie:
graad 6 - 7
Skrywer: Carina Diedericks-Hugo (LAPA Uitgewers) - Thomas@aksie-net
Selfleeskategorie:
graad 8 - 10
Skrywer: Christa Jonker-Jordaan (Carpe Diem) - Lyf