Bekronings:
MER-pryse 2009: Lien
se lankstaanskoene deur Derick van der Walt (Tafelberg)
is bekroon met die MER-prys vir jeuglektuur.

Die
MER-prys vir kinderlektuur is toegeken vir Siyolo’s
Jersey/Siyolo se trui deur Mari Grobler, illustrasies
deur Elizabeth Pulles (Tafelberg). Die wenners is op 13
Junie 2009 by 'n funksie in Kaapstad bekend gemaak.

Twee
kinderboeke uitgegee deur LAPA Uitgewers word vanjaar deur
die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon.
Alana Bailey en die illustreerder Emily Bornoff ontvang op
27 Junie 2009 die Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur
vir Die Prinses van die Afrikavlaktes.

Die
kinderboek-skrywer Jaco Jacobs ontvang die Elsabe Steenbergprys
vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur vir Willemien en
die Geel Kat.

- ATKV-Kinderboektoekenning
2009
Voorleeskategorie:
3 6 jaar
Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) Liewe land,
n olifant!
Illustreerder: Maja Sereda (LAPA Uitgewers) Liewe
land, n olifant!
Selfleeskategorie: Graad 1 3
Skrywer: Henry Ferreira (LAPA Uitgewers) Cowboy
Koekemoer van die Klein-Karoo (en sy getroue kameelperd,
Shorty)
Illustreerder: Alistair Ackermann (LAPA Uitgewers)
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo (en sy getroue kameelperd,
Shorty)
Selfleeskategorie: Graad 4 5
Skrywer: Fanie Viljoen (Human & Rousseau) Die
geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood
Selfleeskategorie: Graad 6 7
Skrywer: Christie Nortjé (LAPA Uitgewers) - Spinnekopspeletjie
Selfleeskategorie: Graad 8 10
Skrywer: Fanie Viljoen (Tafelberg) - Onderwêreld
|