Die
Scheepersprys vir jeugliteratuur word vanjaar toegeken
aan Nelia Engelbrecht vir Pandora se boks. (2010-03)

Die
Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur word toegeken
aan Linde Rode vir In die nimmer-immer bos. Die Scheepersprys
en Alba Bouwer-prys word toegeken deur die Suid-Afrikaanse
Akademie vir Wetenskap en Kuns. (2010-03)

Sanlamprys
vir jeuglektuur: wenners vir 2009 aangekondig. Daar
is vanjaar twee goue en drie silwer pryse toegeken. In
die Afrikaanse kategorie is word Derick van der Walt bekroon
met 'n silwer prys vir Willem Poprok. In die kategorie
vir Engels wen die debuutskrywer Adeline Radloff ’n goue
prys vir haar verhaal, Sidekick. Die silwer wenner
in die kategorie vir Engels is Alex Smith vir haar verhaal
Agency Blue.
Die gouemedalje-wenner vir 2009 in die kategorie Nguni-tale
is Dumisani Sibiya, vir sy verhaal Ngiyolibala Ngife
(IsiZulu). In die afdeling vir Sotho-tale kry Mabonchi
Motimele Goodwill ’n silwer prys vir sy verhaal, Ke a
hwa, ke a ikepela (Sepedi). Al dié wenboeke sal in Oktober
2010 op die boekwinkelrakke wees. Meer
(2010-03)
ATKV-Kinderboektoekennings
2010
Voorleeskategorie:
3 - 6 jaar: Skrywer: Theresa van Baalen (LAPA Uitgewers)
- Aspris-krokkedis.
Illustreerder: Johann Strauss (Fantasi Boeke) - Reënboogfeetjie
se spesiale dag
Selfleeskategorie:
Graad 1 - 3: Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) - Slym
en die beker van geluk
Illustreerder: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) - Slym
en die beker van geluk
Selfleeskategorie:
Graad 4 - 5: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) - Middernagfees
Selfleeskategorie:
Graad 6 - 7: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) - Perfek
Selfleeskategorie:
Graad 8 - 10: Skrywer: Nelia Engelbrecht (Tafelberg) - Pandora
se boks. (2010-10)
Die
wenners van Via Afrika se letterkundepryse is 30 Julie
bekend gemaak. Die M.E.R.-prys vir geillustreerde kinderboeke
is toegeken aan In die Nimmer-Immer-bos/In the Never-Ever
Wood deur Linda Rode en Fiona Moodie (illustrasies)

Die
M.E.R.-prys vir jeuglektuur is toegeken aan The Bird
of Heaven van Peter Dunseith. Slegs publikasies van
die Via Afrika-uitgewersgroep word vir die pryse oorweeg.
(2010-08)
