|
Die
wenners van Lapa se Jeugroman-kompetise is op 4 Maart 2011 by
die Woordfees bekend gemaak. Nanette van Rooyen ontvang R25 000
as wenner vir haar manuskrip, Ek was hier. Carina Diedericks-Hugo
en Fanie Viljoen deel die tweede plek in die jeugroman-kompetisie
vir hul manuskripte, Permanente Ink en Poenk. Hulle
ontvang elkeen R15 000. (2011-03)
Nuwe
Stories- kortverhaalwedstryd. Human & Rousseau nooi Afrikaanse
kortverhaalskrywers jonger as 30 jaar uit om hul ongepubliseerde
verhale in te skryf vir die Nuwe Stories 2012 -kortverhaalwedstryd.
Meer.
The
first African Biennial IBBY Regional Conference is scheduled
to take place 31 August to September 2011. The travelling of stories:
childrens literature and reading in and of Africa. Call
for papers
Are
you passionate about theatre? Do you have a message for South
Africa's youth? If your answer is YES... enter the 2012 Maskew Miller
Longman Literature Awards. Meer
SCBWI-Gauteng
loods 'n sketsboekprojek en almal is welkom om deel te neem.
Meer
Meer
as R12 000 se pryse kan gewen word in die groot nasionale BSV-Skryfwedstryd
aangebied deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in samewerking
met NALN en geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die
Universiteit van die Vrystaat. Meer...
Dit
is weer tyd vir die Sanlam-prys vir jeuglektuur. Die sluitingsdatum
is 30 Junie 2011. Meer...
Best
Books is besig om 'n nuwe taalhandboek vir graad 4 - 7 saam te stel
en hul soek nuwe, kontemporęre gedigte
en kortverhaaltjies wat moontlik in die handboek opgeneem kan
word. Elke module moet poësie en prosa bevat wat rondom 'n tema
en leerarea benut word. Kontak Hendrik Viljoen
vir meer inligting en temas
(011 - 392 4845) hendrikviljoen@nfmsa.co.za
Skryfwerkswinkel
deur bekroonde skrywer en dramaturg. Harry Kalmer bied in Junie
sy skryfwerkswinkel in Potchefstroom aan. Die werkswinkel strek
oor twee Saterdae 11 Junie & 18 Junie van 9.30 - 16.00 Meer
Hou
jy daarvan as dinge rym,
al meen jou vriende jys n pyn?
Dan moet jy dalk inskryf vir die ATKV/JIP-gedigtekompetisie en jou
woordskeppings met die wêreld deel. Meer.
(2011-04)
'n
Werkswinkel oor Boekmaak en storievertel word op 6 Oktober 2010
aangebied as deel van die "2nd Unisa Conference on Reading
Promotion and Storytelling for Children". Die werkswinkel word
aangebied deur Prof Franci Greyling, Vakgroep Skryfkuns, NWU. Meer
inligting.
From 6 - 8 October 2010 the 2nd Unisa Conference on Reading
Promotion and Storytelling for Children will take place at the
University of South Africa in Pretoria. This will be accompanied
by a Storytelling Festival on the evenings of 6 & 7 October. Before
the Conference a series of workshops will be presented. More.
Kreatiewe
skryfkursus vir hoërskoolleerders. ATKV Kuswag Jeug, in
samewerking met die ATKV Skryfskool, die ATKV Streekkantoor en Natalia
Vakansieoord, bied op 27 en 28 Augustus 2010 'n kreatiewe skryfkursus
vir hoërskoolleerders aan. Prof
Hans du Plessis, hoof van die ATKV Skryfskool en welbekende skrywer
is self die aanbieder. Meer.
(2010-07)
Groot
pryse in skryfkompetisie. Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging,
nooi voornemende skrywers om R12 000 los te skryf in die jaarlikse
landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.
Meer.
(2010-03)
Maskew
Miller Longman, die voorste Suid-Afrikaanse opvoedkundige uitgewer,
doen n oproep om inskrywings vir die 2011 Maskew Miller Longman
Letterkunde-toekenning vir jeugromans.
MML bied jaarliks die toekenning vir letterkunde in al elf amptelike
Suid-Afrikaanse tale. Ons doel is om letterkunde in al die Suid-Afrikaanse
tale te ontwikkel en aspirantskrywers aan te moedig om hul talent
te ontgin. Sluitingsdatum 30 April. Meer
(2009-12)
Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2009. Humortema gaan sorg vir lekkerleesboeke in
2010. Tafelberg en Sanlam is opgewonde oor die finaliste in
vanjaar se Sanlam-pryse vir jeuglektuur. Die
finaliste in die kategorie vir Afrikaans is: Louise Prinsloo, François
Bloemhof, Derick van der Walt, Henning Janse van Vuuren en Erna
Müller. Die wenners word op 17 Maart 2010 in Kaapstad aangekondig,
en die wenboeke sal in Oktober 2010 op die winkelrakke wees. (2009-12)
LAPA
Uitgewers beplan n opwindende digbundel met verse wat op lesers
tussen 13 en 15 jaar gemik is. Ons wil graag bydraes oor n
breë spektrum ontvang... Meer.
(2009-09)
Bloemfonteinse
Skrywersvereniging (BSV): Uitslae van die jaarlikse nasionale
skryfwedstryd, Skrywers 2009. Meer.
'n
Seminaar oor leesbevordering en storievertel vir kinders vind
op 20 en 21 Augustus by Unisa plaas. Meer.
Die 4de Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder-
en Jeugliteratuur is vanjaar deel van 'n gesamentlike kongres
met die tema Węrelde in dialoog wat 8-11 Julie 2009 in Potchefstroom
plaasvind. Meer
(2009-03)
Maskew
Miller Longman invites you to submit your unpublished and original
children's stories and illustrations for children. Entries will
be judged by children's literature experts in each of our 11 official
languages. More.
(2008-12-16)
Sanlamprys
2009: Skryf 'n jeugverhaal met humor...
Meer
(2008-09-01)
Die
groot skryfwedstryd met groot prysgeld en moontlikhede van publikasie
in Passi-tydskrif. Voornemende
skrywers sal moet opskud om R12 000 los te skryf in die jaarlikse
landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.
Meer.
(2009-03)
Die
jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool
van die Noordwes-Universiteit aangebied. Bekendes
uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree. Meer
(2009-02-02)
Gesoek:
spookstories, rillers en ander grillers. In die middernagure,
onder ‘n bleekwit maan en draderige swart miswolke, is Fantasi Boeke
is besig om ‘n bundel vol splinternuwe spookstories saam te stel.
Meer (2008-08-01)
Help
bietjie dink en wen 'n boek! Storiewerf is besig om 'n soekprogram
te ontwikkel om boeke in Oondvars
te soek. Hoe soek jy boeke? Watter afdelings dink jy moet ons maak?
Bv. avontuur, diere, liefde, strokies, humor, ensovoorts. Stuur
jou lysie aan Storiewerf. Tien
lesers wat lysies stuur kan elkeen 'n boek wen.
BK
Publishing wants to invite all writers to take part in this new
publishing venture. A childrens
book will be published in 2009 consisting of ten short stories.
The book is aimed specifically at children between the ages of 10
and 13 in South Africa. More.
(2008-12-16)
Hoezit!
In Maart 2008 stel die ATKV 'n opwindende nuwe kindertydskrif
bekend. Hoezit! is gerig op 9 - 12-jarige Afrikaanssprekende kinders
met 'n onblusbare lus vir die lewe. Lees
meer.
Die
bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het
pas die uitslae van sy jaarlikse landwye skryfwedstryd, Skrywers
2008, bekend gemaak. Meer.
Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag.
Almal wat belang het by Afrikaans, word gevra om op 14 Augustus
een Afrikaanse boek te koop, om te hou of om weg te gee. Meer
Room
to Read is currently promoting its first Local Language Publishing
Writing Competition that is open to all writers over
the age of 18. There are cash prizes of R10 000 each for the best
five stories. Manuscripts must be suitable for children aged 6 to14
years, and can be written in any of the 11 official languages of
South Africa. More.
(2008-04)
Kies
die beste boeke van 2007 in die ATKV-kinderboektoekennings.
Lees meer.
Maskew
Miller Longman: The 2008 Short Story Competition.
Maskew Miller Longman invites you to submit your unpublished and
original short story. Entries will be judged by prominent literary
figures in each of our 11 official languages. More
(2008-02)
Hier
is 'n groot geleentheid vir almal wat hulleself as aspirantskrywers
beskou. Of jy nou 'n volwassene is, of 'n hoërskoolleerder
wat al lank daarna smag om iets van jouself in druk te sien, nie
minder nie as R10 000 wag om in 'n landwye skryfwedstryd van die
Bloemfonteinse Skrywersvereniging gewen te word. Meer.
(2008-03)
HEARTLINES
invites you to submit a story for consideration for this new compilation.
We are looking for stories about values in action, good stories
first and foremost - that show children taking action, individually,
with their families, or in groups. More
(2008-08-01)
Nuwe
kindertydskrif van die ATKV. In Maart 2008 stel die ATKV 'n
opwindende nuwe kindertydskrif bekend. Hoezit! is gerig op 9 tot
12-jarige Afrikaanssprekende kinders met 'n onblusbare lus vir die
lewe. Lees meer.
Die
name van die finaliste wat meeding om vanjaar se Sanlam-pryse
vir jeuglektuur is pas deur Tafelberg en Sanlam bekend gemaak. Lees
meer (2008-02)
Die
gewilde Herfsskool vir skrywers word in 2008 van 10-14 Maart
by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom aangebied. Meer
(2008-02)
Kinderboekskryfskool
- kom leer saam by die kenners! ATKV-Projekte bied in samewerking
met die Provincie Antwerpen 'n kinderboekskryfskool vanaf 31 Maart
tot 2 April 2008 aan. Meer.
(2008-02)
Vonkelfiksie-Skryfkompetisie
2007. Baie geluk aan die wenners! Baie dankie vir elkeen
wat aan die kompetisie deelgeneem het. Dit was baie moeilik om die
wenners te bepaal. Lees
die wenverhale.
Die
wenners van Storiewerf Versfabriek verjaarsdagwedstryd 2007
is Cari Viljoen, Dalene de Vente, Blignaut
Viljoen,
Liza Combrinck
en Alida Louw. Lees hul gedigte in Versfabriek.
Die
Derde Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur
waartydens ook werkwinkels oor die skryf oor/van Suid-Afrikaanse
kinder- en jeugliteratuur aangebied sal word - word van 17 tot 20
September 2007 op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit
gehou. Meer
inligting. (2007-01-25)
Die
bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het
die uitslae van sy jaarlikse landwye skryfwedstryd, Skrywers 2007,
bekend gemaak. Volledige
berig
Sanlamprys
vir Jeuglektuur 2007. Goeie nuus vir skrywers van jeugboeke!
Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die Sanlam-prys vir Jeuglektuur
2007 word verleng van 18 Augustus 2006 tot 30 Junie 2007. Volledige
inligting. 2006-08-22
Maskew
Miller Longman launches Drama Competition for all 11 official South African languages.
This second Literature Award competition, which focuses on the genre of drama
and gives equal weighting to all official South African languages. More...
2007-01-20 Macmillan
is delighted to announce the start of the fourth Macmillan Writer's Prize for
Africa, the only literary prize awarded to writers of unpublished African
children's literature. The competition is open to entrants from all countries
in Africa. More... 2007-01-20
Wedstryd:
Stuur ons jou gunstelingboeke! IBBY SA, die Suid-Afrikaanse organisasie vir
kinder- en jeugboeke, sal 100 Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugboeke by die Kaapstadse
Boekefees vanaf 16 tot 19 Junie 2007 ten toon stel. Voor die Boekefees is daar
’n kompetisie. Stuur vir ons ’n lys van jou gunstelingboeke vir kinders of jongmense.
Hulle kan in enige van die Suid-Afrikaanse tale geskryf word. Daar’s ’n boekprys
vir die persoon met die meeste titels op die IBBY SA lys van 100. Lees
meer. (2007-06-03) Ek
is 'n skrywer!-kompetisie. Die wenners van die Afrikaanse afdeling is: Roman:
Derick Muller (Strand, 26 years) - Vuil skottelgoed; kortverhaal graad 7-9: Adriaan
Steyn (Bloemfontein, 16 years) - Twee jokers; kortverhaal graad 4-6: Christine
Pretorius (Kathu, 10 years) - Platte soek 'n huis. 2006-11-07 Die
wenners van Storiewerf se Vonkelfiksie skryfkompetisie 2006 is: Monique
Heystek, Charl du Preez, Marjolé
Mulder, Thomas Verhave,
Abigail Braaf, Leon
van der Vyver
en Marguérite Fouché. Baie geluk! Lees
die stories. Hier
is 'n groot geleentheid vir almal wat hulleself as aspirantskrywers beskou. Of
jy nou ongepubliseerde volwassene is, of 'n hoërskoolleerder wat al lank
daarna smag om iets van jouself in druk te sien, nie minder nie as R10 000 wag
om in 'n landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gewen
te word. Meer...
(2007-03) Alle
Babalela aanhangers: Ons
voer die komende Paasvakansie Babalela by twee fantastiese teaters in Pretoria
op. Meer
inligting (2007-03-01)
Die
ATKV-Skryfskool bied vanjaar die gewilde Herfsskool vir skrywers
van 26-30 Maart op Nooitgedacht (Potchefstroom) aan. Sprekers
en aanbieders sluit bekendes in soos Coenie de Villiers, PG du Plessis,
Hans du Plessis, Leon de Villiers, Anzil Kulsen, Dana Snyman en
Deon Meyer. Meer
inligting. (2007-02-01)
Ons
jeugtydskrif verskyn een van die dae op Suid-Afrika se rakke. Ons
is op soek na skrywers wat vir ons kan
skryf in afdelings soos: spookstories, keuseverhale, sprokies speurverhale,
fantasie, verhale oor gestremdes, liefdesverhale - ens. Die stories
moet geskryf word vir kinders of tieners as aparte kategorieë, en
mag nie langer as 1000 woorde wees nie. Moenie vergeet om julle
name en kontak-besonderhede aan te heg nie. Stuur julle bydraes
na tufftydskrif@gmail.com Tuff-groete Betsie Meyer (2007-04-01)
Erebenoeming
vir Lena se bottelboom deur Wendy Maartens. Lena se bottelboom/ Lena's bottle
tree (LAPA Uitgewers), is een van slegs vier boeke en die enigste kinderboek wat
'n erebenoeming van die beoordelaars van die Noma Awards for Publishing in Africa
2006 gekry het. 105 titels van 63 uitgewers in 15 lande, in 8 tale is ontvang
om in aanmerking te kom vir die 2006 kompetisie. Slegs twee titels is uitgesonder
vir 'n erebenoeming. (2006-11-15) Die
geleentheid waarvoor almal gevra het: n Dag van teater, boeke en wyn
op De Compagnie Wynlandgoed. Die avonture van wilde Willemientjie
KANNA-pryswenner vir die Beste Kinder-produksie (KKNK 2006) word opgevoer op
die plaas waar dié wilde meisiekind ontstaan het 11
November 2006, 10:00. Volledige
berig. 2006-10-20 Avonture
in Sonneland - kinderproduksie Pretoria. Dis heerlike Lente! Ons twee gewilde
en geliefde muismaats, Frikkie & Prikkie is weer vol streke en dinge. Maatjies,
kom kuier die Lentevakansie in Sonneland! Meer
hieroor. 2006-09-10
ABC
opvoedkundige en kulturele vereniging uit België soek na plaaslike illustreerders
om te te help met Kamishibai-projek in Oktober (Johannesburg). Volledige
inligting en kontakbesonderhede. 2006-09-18 Kortlys
bekend vir die Ek's 'n skrywer!-kompetisie. You, Huisgenoot, Drum,
Human & Rousseau Uitgewers, SABC Education en RSG se radioskryfskool, Zip,
kondig met trots aan die kortlys van die grootste skryfkompetisie vir ongepubliseerde
jong aspirantskrywers: Ek's 'n skrywer! Volledige
kortlys. Wen
met jou kinderverhaal. Skryf daardie storie wat jy jouself al jare lank beloof
om te doen en wie weet, dalk wen jy die groot prys en net miskien word jou verhaal
as 'n boek uitgegee! Neem
deel aan die Taalgenoot/ Antwerpen-kinderverhaalwedstryd. 2006-07-01 Volledige
besonderhede. Koop
'n boek op 14 Augustus! Een
of twee of tweehonderd... Van 14-19 Augustus is dit Afrikaansweek. Afrikaanssprekendes
is in rep en roep. Afrikaners is plesierig en praterig en vol pret - en dit alles
in Afrikaans. En baie
belangrik: op 14 Augustus word elke gesin in die land opgeroep om een Afrikaanse
boek te koop. Volledige
berig. South
African National Parks is running a Writing Competition to celebrate and explore
our parks...with words. The competition theme "Know Your Parks" is broad and
open to interpretation, and we're looking forward to colourful and innovative
entries in the following categories: Poetry, Prose and Children's Stories, as
well as two categories for younger writers ages 8-12 and 13-17. If you want to
enter either contact diannet@sanparks.org or look on the website for details.
www.sanparks.org Werkswinkels
in kreatiewe skryfwerk vir jongmense en mense wat betrokke is by jongmense.
Aangebied deur die Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur, Universiteit van
Suid-Afrika en vyf bekroonde Vlaamse jeugboekskrywers. Upington, 22-26 Augustus
2006. Volledige inligting.
2006-07-22 Ons
voer Babalela se twee storieboeke op! Hierdie uiters geliefde en gewilde
kinderboeke (Babalela en Diep in die donker bos) word die komende
Winter-skoolvakansie in Pretoria-Oos opgevoer. Kom ontmoet vir Babalela! Datum:
Dinsdag, 27 Junie tot Saterdag, 8 Julie 2006 Tyd: 10:00vm & 14:00nm Plek: Bethel
Chapel (Beaglestraat, Garsfontein, Pretoria-Oos). Besprekings en meer inligting.
Dúlinda of Carin by 082 467 7434 / (012) 997-2491 / dulinda@telkomsa.net / Computicket
(2006-06-01) Wen
groot met poësie-kompetisie. Die Afrikaanse Taalmuseum nooi alle graad
11- en 12-leerders uit om gedigte in te stuur vir n poësie-kompetisie.
Die wenner ontvang n prys van R1 000! Die gedig moet in Afrikaans wees,
dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie. Geen
handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie en gedigte moet verkieslik nie langer
as een A4 grootte bladsy wees nie. Inskrywingsvorms
kan verkry word by Die Afrikaanse Taalmuseum. Navrae kan gerig word aan Catherine
Snel by 021 872 3441. Gedigte kan ingehandig word by die Afrikaanse Taalmuseum,
Pastorielaan 11, Paarl. Jy kan dit ook e-pos na hgm@taalmuseum.co.za, of pos na
Posbus 498, Paarl, 7620. Die sluitingsdatum is 30 Junie 2006. Wat
kan rym met asma? Jong digters 'n Sony Playstation2 of Apple iPod wen in 'n
poësiewedstryd wat saamval met die Węreld-Asmadag. Vir die wedstryd moet jy 'n
gedig skryf met die tema asemhaal, lug of enige ander onderwerp wat met asma verband
hou. Meer inligting Laerskool
Eikestad is tans besig om 'n "masive" Węreldboekedag te beplan! Ons gaan kostuums
laat borg, eregaste uitnooi en almal "rock" met boeke! Dis natuurlik ook ons tema:
We will rock you/ons sal julle wakker skud met boeke!! Daar gaan pryse
weg gegee word en met 'n wonderlike span gaan ons klanke, liedjies, ens speel!
Nie sommer enige musiek nie!! Laerskool Eikestad is nie "outyds" nie, nee ons
gaan die nuutste Pop/Rock, R&B, ens speel. Ons moet boeke vir die węreld wys dat
boeke BAIE interessant is!! Eikestad gaan ook seker maak dit word 'n koerant (hoof)
opskrif. Carina Diedericks-Hugo gaan soos altyd een van ons eregaste wees!! Onthou:
Lees is LEKKER!!! (Adriaan Louw) 'n
Kanna vir Wilde Willemientjie. Die musiekverwerking van die prenteboek Die
avonture van Wilde Willemientjie is tydens die afgelope KKNK bekroon met 'n
gesogte Kanna-toekenning as beste kinderproduksie van die KKNK 2006. Meer
2006-04-12 Die
onweerstaanbare karaktertjie Wilde Willemientjie word op vanjaar se KKNK bekend
gestel. Riana Scheepers se eerste kinderboek, Die avonture van Wilde Willemientjie,
gewaarborg om lesers van álle ouderdomme te betower, word nie verniet nie
deur 'n leser beskryf as "
die heel beste ding sedert Smarties en roomys!"
Meer inligting. 2006-03-20
Die
grootste skryfkompetisie vir ongepubliseerde jong aspirantskrywers: Ek's 'n skrywer!
Die kompetisie word aangebied deur You,
Huisgenoot en Drum, Human & Rousseau Uitgewers, SABC Education en RSG se radioskryfskool,
Zip. 'n Nuwe en opwindende Suid-Afrikaanse verhaal, geskryf in Afrikaans, Engels,
of een van die Sotho- of Nguni-tale, deur enigiemand onder 35 jaar staan 'n kans
om 'n kategorie te wen in hierdie ongelooflike kompetisie. Sluitingsdatum 30 April
2006. Meer
inligting. Suid-Afrikaanse
Kinderboekforum (IBBY Suid-Afrika) se eerste byeenkoms in Pretoria. Ons wil
graag alle kinderboek-mense (oud en jonk) in Pretoria bymekaar maak om te kom
gesels, dink en leer oor die Suid-Afrikaanse kinderboek. Die eerste byeenkoms
vind plaas op Woensdag 29 Maart om 17:30: Fascination Books: Brooklyn Mall. Ons
gesels oor 2005 se Sanlam pryswenners. Meer
inligting. 2006-03-11
Die
pas heruitgereikte Rympieman bestaan uit twee Cd's plus 'n boekie met gedrukte
teks. Rympieman bevat byna 200 alombekende Afrikaanse rympies en liedjies. Meer
inligting 2006-02-11 Dis
storietyd by Woordfees 2006. Die Woordfees (6-12 Maart) se tema is vanjaar
Stories. ‘n Simposium oor kinder- en jeugliteratuur is deel van die
program. Verskeie kenners kom gesels oor verskeie relevante aspekte soos ondermeer
dié aspekte in ‘n verhaal wat boeke vir leerders gewild maak, hoe en wat die jeug
graag lees en wat die uitdagings is van hedendaagse jeugskrywers. Meer
inligting. 2006-02-01 Die
jongste uitgawe van die Literator tydskrif handel spesifiek oor Suid-Afrikaanse
Kinderliteratuur. 'n
Aantal eksemplare is teen R45 beskibaar: Inhoud
en inligting. Skrywers!
Stuur julle verhale, poësie en dramas. Bateleur Books wil graag aan alle skrywers,
gevestig of onbekend, 'n uitnodiging rig om hulle skeppende werk voor te lę aan
ons vir moontlike opname in bloemlesings wat aan die departement voorgelę kan
word. Volledige inligting.
(Januarie 2006) Vlaamse
Jeugliteratuurfees in Pretoria. Van 12 tot 15 Oktober word n Nederlandse
literêre fees by die Universiteit van Pretoria aangebied. Unisa se Eenheid
vir Navorsing in Kinderliteratuur is verantwoordelik vir die aktiwiteite rakende
kinder- en jeugliteratuur. Die program sluit in 'n n uitstalling van moderne
Vlaamse kinder- en jeugboeke by Protea Boekhuis in Hatfield, n uitstalling
van Vlaamse strokiesprente, en aktiwiteite rondom die besoek van die befaamde
Vlaamse jeugboekskrywer, Anne Provoost. Volledige
berig. (Oktober 2005) CP
Hoogenhout vir Droomoog Diepgrawer. Unisa se Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
het bekendgemaak dat Leon de Villiers se boek, Droomoog Diepgrawer, die wenner
is van die CP Hoogenhouttoekenning vir Kinderliteratuur. De Villiers het vroeër
ook die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur vir die boek ontvang. Die prys is
op Vrydag 30 September by die Aardklop Kunstefees aan hom oorhandig. Volledige
berig. Slypskool
vir aspirant en beginner en gevestigde skrywers aangebied deur Anne Provoost,
Vlaamse jeugboekskrywer en die Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur, Unisa,
Donderdag 13 Oktober. Beriggie. (Oktober
2005) Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2005: Drie Afrikaanse wenners pleks van twee! Die wenners
van vanjaar se Sanlam-pryse vir jeuglektuur is so pas bekend gemaak. Die standaard
van die Afrikaanse inskrywings was so hoog en die twee manuskripte wat meegeding
het om Goud het so kop aan kop geloop dat die beoordelaars nie anders kon as om
aan albei presies dieselfde punt toe te ken nie. Die Afrikaanse wenverhale is
geskryf deur Francois Bloemhof (goud), Fanie Viljoen (goud) en Engela van Rooyen
(silwer). Volledige berig. 'n
Boek oor Stellenbosch se skrywers, Stellenbosch Writers, is onlangs
vrygestel. Die boek bevat inligting oor 355 skrywers wat bande met dié
dorp het soos Piet Grobler, Philip de Vos, Hester Heese, Dianne Hofmeyr, Maretha
Maartens en PJ Schoeman. Vir meer inligting kontak die redakteur, Rosemarie Breuer.
rosie@stellenboschwriters.com
Koop-een-Afrikaanse-boek-dag.
Op 13 Augustus 2005 is dit "Koop-een-Afrikaanse-boek-dag" wat deur die VVA (Vriende
van Afrikaans) gereël word. Dit val saam met die jaarlikse Afrikaansweek (6 -14
Augustus) wat landwyd deur Afrikaanse instansie en skole gevier word. Daar word
op hierdie dag 'n beroep gedoen op almal wat Afrikaans praat om een Afrikaanse
boek te koop, om te hou of om weg te gee. Dit is 'n bewusmakingsveldtog wat ten
doel het om die aandag te vestig op die fantastiese Afrikaanse boeke wat op die
mark is, maar ook om 'n leeskultuur aan te moedig. Protea, Van Schaik (en LuX
Verbi) en Wordsworth neem hieraan deel en gaan hulle Afrikaanse boeke op daardie
dag teen 10% afslag verkoop. (Augustus
2005) Gesoek:
Plaasstories. Riana Scheepers is is besig om 'n boek saam te stel. Nie sommer
só 'n boek nie, 'n wonderlike, wonderlike boek. Die voorlopige werkstitel
is: Wingerd- en plaasstories Saamgestel deur Riana Scheepers en Nicci Thabo. 'n
Bloemlesing "wingerd- en plaasstories" dus. Hieroor is ek baie, baie
baie opgewonde. Meer inligting.
(Julie 2005) Bekronings:
MER-pryse, M-Net-prys, Jan Rabie/Rapport-prys. Vaselinetjie deur Anoeschka
von Meck (Tafelberg-Uitgewers) het die dubbele onderskeiding behaal dat beide
die Jan Rabie/Rapport-prys en die MER-prys vir jeuglektuur daaraan toegeken is.
Sy het ook n M-Net-prys daarvoor ontvang. Die MER-prys vir kinderlektuur,
is toegeken aan Wynand Louw vir Mr Humperdincks wonderful whatsit, met illustrasies
deur Marjorie van Heerden (Human & Rousseau). Volledige
berig. Gesoek:
Verhale vir kortverhaalbundel. Die nuwe bundel sal voorgelê word vir
moontlike voorskrywing vir Graad 11 Afrikaans Huistaal en/of Afrikaans Eerste
Addisionele Taal in 2006/7. Die bundel sal ook aan die algemene leserspubliek
bemark word. Hierdie is dus `n ideale geleentheid tot publikasie. Volledige
inligting. (Julie 2005) Nuwe
tydskrif vir lesers en skrywers.
Kakkerlak is 'n nuwe tydskrif oor boeke, skrywer, kuns en kultuur. Die
nuutste uitgawe bevat onder andere artikels oor Jaco Jacobs en die Hobson Broers
asook Die ABC van skryf deur Martie Preller. Vir meer inligting Kontak
die redakteur Chrisna van Rensburg emas@mweb.co.za.
Bekendstelling
van Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: 'n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek.
LAPA Uitgewers. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom vervul 'n belangrike leemte
in die beskrywing van die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur en dit is ideaal
geskik vir kinders, ouers, onderwysers, akademici, uitgewers, bibliotekarisse,
boekhandelaars - trouens, elkeen wat op die een of ander wyse betrokke is by die
kind en die leefwęreld van die kind. Dit kan inderdaad met reg aanspraak maak
op die benaming standaardwerk oor hierdie breë terrein. Meer
inligting. Sanlam
en Tafelberg-Uitgewers het so pas die name van die finaliste in die Sanlam-prys
vir Jeuglektuur 2005 bekend gemaak. Die finaliste in die kategorie vir Afrikaanse
jeugromans is François Bloemhof, Annerie Britz, Naomi Meyer, Derick van
der Walt, Engela van Rooyen en Fanie Viljoen. In die afdeling vir Engelse jeugromans
is die finaliste Darrel Bristow-Bovey, John Coetzee, J.W. Hichens, Heather Lee-Graham,
Janie Oosthuysen en Jenny Robson. In die afdeling vir Nguni-tale is die finaliste
Sabatha Sifundza, met 'n jeugverhaal in siSwati, en Dumisani Sibiya, met een in
isiZulu, terwyl die finaliste in die afdeling vir Sotho-tale Kabelo Duncan Kgatea
is, met 'n manuskrip in Setswana, en K.P.D. Maphalla, met een in Sesotho. Meer
inligting. Laerskool
Jan van Riebeeck in Kaapstad gaan 'n wonderlike week hou rondom Węreld Boekedag
(23 April). Markus Stermuis gaan vir ons kom kuier, Carina Diedericks-Hugo
gaan ons ouer leerders kom toespreek, en ons hou 'n heerlike "opdress" dag. Leerders
moet aantrek soos 'n karakter uit 'n sprokie. Om alles te kroon hou ons 'n skryf-kompetisie!
Leerders moet 'n storie skryf van 'n minimum van 1 bladsy. Die wenner wen 'n radio-onderhoud
op Zip! Die
ATKV-Kinderboek-toekennings vir 2004 is bekend gemaak. Die ATKVeertjie-toekennings
gaan aan die skrywers (en illustreerders, waar van toepassing) van 2003 se beste
kinderboeke. Daar is meegeding in vyf kategorieë wat volgens ouderdomsgroepe
ingedeel is. Kategorie 3- 6 jaar: Parmant deur Leon de Villiers en geïllustreer
deur Samantha van Riet. Kategorie Graad 1- 3: Manie se Motor deur Una Koch en
geïllustreer deur Alta Joubert. Kategorie Graad 4- 5: Erik en die kido-dinges
deur Leon de Villiers. Kategorie Graad 6-7: Pretpark deur Jaco Jacobs. Kategorie
Graad 8-10: Koning Henry deur Carina Diedericks-Hugo. Volledige
berig. Laerskool
Lynnwood se skrywersaand van Dinsdagaand 15 Maart 2005 was 'n reuse sukses.
Die gaste het iets eie aan Afrika aangetrek. Witstinkhout het die gaste aan die
brand gehad met hulle puik tromuitvoerings. Prof. Christina Landman, Anthony Wilson
en Robert Pearse was die sprekers terwyl Johan Lodewyk Marais en Henk Hugo van
hul gedigte voorgelees het. Miemie
du Plessis, LAPA se kinderboekuitgewer, is deur 'n span Suid-Afrikaanse beoordelaars
gekies om Suid-Afrika in Maart in London by die "International Young Publisher
of the year award" te verteenwoordig. Tien lande nomineer elk ‘n uitgewer jonger
as 35 jaar oud wat dan meeding om ‘n prysgeld van 7 500 pond wat aangewend kan
word vir verskeie projekte. (Maart
2005) 'n
Vergadering om 'n Noordelike tak van die Society for Children's Book Authors and
Illustrators in Suid-Afrika op die been te bring word 28 April om 18:00 by Rapunzel
Children's Book Shop in Duncan Street, Hatfield, Pretoria gehou. By hierdie geleentheid
sal uitgewers van kinderboeke en leesreekse kom gesels oor hulle publikasie-program
vir die res van die jaar. Beplanning sal ook gedoen word van SCBWI aktiwiteite
in die noorde vir die res van 2005. Meer inligting sal later bekend gemaak word.
Vir navrae kontak Thomas van der Walt by vdwaltb@unisa.ac.za (Maart
2005) ALTESAAM
R8 000 se prysgeld kan vanjaar gewen word in 'n landwye skryfwedstryd van die
Bloemfonteinse Skrywersvereniging Hierdie
kompetisie is oop vir volwassenes en hoërskoolleerlinge wat nog nie voorheen
gepubliseer het nie. (Volledige
besonderhede) (Maart 2005) The
Macmillan Publishers are delighted to announce the third Macmillan Writer’s Prize
for Africa. This biennial competition is devoted to previously unpublished
works of fiction by African writers, and aims to promote and celebrate story writing
from all over the continent. The prize focuses on the reading interests of children
and young people. (Besoek die webtuiste vir volledige inligting www.write4africa.com)
(Maart
2005) Die
2de Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur
vind vanaf 30 Junie - 2 Julie 2005 in Potchefstroom plaas. Hierdie konferensie
vind gelyklopend met die Internasionale konferensie oor hibriditeit, liminaliteit
en grense plaas en word aangebied deur die
Potchefstroomse navorsingsgroep oor ruimte en identiteit en die Literator-vereniging.
(Meer inligting en oproep om
bydraes.) (Februarie 2004) Die
skryf van kinderliteratuur is een van die bene wat in die jaarlikse Herfsskool
van die ATKV-Skryfskool aangebied word. Die Herfsskool word 14-18 Maart op
Buffelspoort aangebied. (Volledige inligting)
(Februarie
2005) LIASA
has declared 14 to 18 March 2005, South African Library Week. During this
week stakeholders will celebrate and promote library and information services
throughout South Africa with the theme: "Libraries: opening the doors of
learning and culture to all".
Volledige berig. Kort
kursus: Inleiding tot kinder- en jeugliteratuur vir Suid-Afrikaanse opvoeders
word in Desember in Kaapstad aangebied.
Lees meer. (November
2004) Goeie
nuus vir alle kortverhaalskrywers is dat die Woordfees vanjaar vir die eerste
keer - in samewerking met Protea Boekhuis en LitNet 'n nasionale Afrikaanse kortverhaalkompetisie
aanbied. Lees meer. (September
2004) Poësie-slypskool
vir hoërskoolleerders. Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl bied op Saterdag
16 Oktober 2004 van 09:00 – 14:00 ‘n poësie-slypskool deur die bekende skrywer
en digter George Weideman aan. Alle jong digters word uitgenooi om die slypskool
by te woon. Die bywoningskoste is R50. Slegs beperkte plekke is beskikbaar. Bespreek
by Catherine Snel by 021 872 3441. (September 2004) Hulde
word gebring aan Barry Hough, die gewilde en veelbekroonde skrywer wat op
16 Augustus oorlede is. Barry het met sy aktuele jeugverhale soos My kat word
herfs, Vlerkdans en Skilpoppe 'n baie groot bydrae tot die Afrikaanse
jeugboeke gemaak en sal deur jong lesers gemis word. (Augustus
2004) IBBY-kongres
in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Kinderboekforum is vanjaar die gasheer
vir die 29ste wêreldkongres van die International Board on Books for Young
people. Die kongres
vind van 5-9 September in Kaapstad plaas en word in die Baxter-teater aangebied.
Vir meer inligting en 'n program besoek die webtuiste. http://www.sacbf.org.za/
(Julie 2004) Unisa
en Vlaamse slypskool in kreatiewe skryfwerk. Van 11-13 Augustus bied Unisa
se Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur (ENIK) 'n slypskool in kreatiewe
skryfwerk aan wat gelei sal word deur vyf top Vlaamse jeugboekskrywers. ENIK en
die vyf skrywers (Marita de Sterck, Els Beerten, Daniel Billiet, Kolet Janssen
en André Sollie) het die slypskool in 2002 en 2003 met groot sukses in Pretoria
en Kaapstad aangebied. Meer inligting. Babbelbox
se vakansieprogram: Die vakansieproduksie is Die Ertjieprinses. Die
produksie speel vanaf die 26ste Junie tot 30 Julie, Woensdae en Vrydae om 15:00
en Saterdae om 11:00. Besprekings kan gedoen word by Henriëtte Darvall. Tel 012
9977907. Maasdorp
is weer met ons! In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore,
Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n
reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans.
Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en vanjaar keer Kobie, Elsabe, Breggie,
Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning!
Oondvars jeug. Rapunzel
Books se vakansieprogram sluit in werkswinkels volgens temas vir Gr 0 - Gr
3 met hope handwerk- en boekepret; Bos in die BOS - Interaktiewe pret met maskers
& gesigverf; Poppekasvertonings en Poppekas-Werkswinkel: Kom maak jou eie pop
EN doen jou storie! Rapunzel Books is in Duncan Yard, h/v Duncan- en Prospectstrate
(Pretoria) Tel: 012 362 2208 Francois
Bloemhof deel sy skryfwenke. Donderdagaand 17 Junie om 8-uur is dit weer tyd
vir die jeugprogram ZIP op Radio Sonder Grense, spesiaal vir almal wat n
passie het vir kreatiewe skryfwerk, en wat op soek is na advies, nuus en inspirasie.
Carina Diedericks-Hugo en Susan Booyens gesels met die bekroonde skrywer Francois
Bloemhof oor sy loopbaan en hy sal ook van sy skryfwenke met die luisteraars deel.
Dis Zip, tussen 8 en half 9. (Junie 2004) Splinternuwe
program op RSG.
Donderdag 22 April
2004 om 8-uur begin ‘n splinternuwe program op RSG met die kort en kragtige naam
ZIP. Die teikengehoor is jongmense wat ‘n passie het vir lees en veral kreatiewe
skryfwerk, en wat op soek is na advies, nuus en inspirasie. Meer
inligting. (April 2004) 'n
VOLLE R5 000 se prysgeld kan vanjaar gewen word in 'n opwindende, landwye skryfwedstryd
deur die Bloemfonteinse
Skrywersvereniging gereël slegs vir volwassenes en hoërskoolleerlinge
wat nog nie voorheen gepubliseer het nie. Volledige
berig. (Maart 2004) Unisa
se Eenheid vir Navorsing oor Kinderliteratuur (ENIK) bied op 2 Maart 'n seminaar
aan oor Godsdiens, letterkunde en die kind. Plek:
Senaatsaal, Theo van Wijkgebou, Unisa, Pretoria. Meer
inligting. (Feb 2004) Die
ATKV-Skryfskool se Herfsskool kom nader. Die
ATKV-Skryfskool bied
vanjaar die gewilde Herfsskool vir skrywers van 22-26 Maart in Potchefstroom aan.
Bekende skrywers, soos
Elias Nel, Adrio König, Martie Preller, Corlia Fourie, Abraham de Vries,
Ronel Nel en Winston Mohapi is ingesluit. Meer
besonderhede. (Feb 2004) Iranse
kinderfilm en boekfees in Pretoria. Die Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
van Unisa en die Ambassade van Iran bied 'n Iranse kinderfilm en boekfees aan
van 9-14 Februarie. Behalwe die kinderfilms wat vertoon sal word, word kinderboeke,
opvoedkundige speelgoed, poppe met tradisionele drag, kinderboekillustrasies en
kinderkuns uit Iran uitgestal. 'n Iranse kinderboekskrywer, Mahdi Shojaee, bied
ook op Woensdag 12 Februarie 'n lesing aan oor Iranse kinderliteratuur.Kinders
van skole in Pretoria gaan tyens die week kunswerke maak en tekste en briewe skryf
oor hulle skole, lewe in Suid-Afrika en Pretoria en dit sal dan uitgeruil
word met skole in Teheran wat dieselfde sal doen oor hulle stad en skole. Die
materiaal sal later vanjaar in Pretoria uitgestal word. Navrae:
Dr Thomas van der Walt, Unisa Tel: (012) 4296520 of e-pos: vdwaltb@unisa.ac.za
(Feb 2004) Repelsteeltjie
by Babbelboks. 2004 is 'n sprokie by Babbelbox
en daar is 'n gefladder van feetjies, prinse, prinsesse, towerspreuke, vlegsels,
goeie feë en potte vol goud op die verhoog. Ons skop die jaar af met REPELSTEELTJIE.
Die ou ou sprokie kry nuwe glinster as die outydse spinwiel geruil word vir 'n
meer moderne spinfiets! Repelsteeltjie begin die 7de Februarie en daar sal elke
Woensdag, Vrydag en Saterdag vertonings wees tot die 28ste Februarie.
(Kinderteater & Boekwinkel
Kimiad, Wekkerstraat Moreletapark, Pretoria Tel: (012) 997 7907) (Feb
2004) Die
Jong Skrywers van Laerskool Lynnwood woel en werskaf vir 'n vale! Vanjaar
2003, het hulle 'n negende bundel stories saamgestel, Die Ruimte-avontuur. Van
die leerlinge het aan die Waterbergse Afrikaanse Kunsfees deelgeneem en baie goed
presteer. Die Laerskool Lynnwood Jongskrywers Vereniging is die inisiatief van
Louise Prinsloo, 'n personeellid van die skool. As 'n leerling 'n storie, rympie,
gediggie ingee, is daardie leerling outomaties lied van die LLJSV, en die kinders
en ouers is mal daaroor. Afrikaanse
kinderstories in Nieu-Seeland. Die East Coast Bays Biblioteek in Browns Bay,
Auckland nooi alle ouers met kleuters van 3 jaar en ouer om hul Afrikaanse Stories
en Rympies by die biblioteek te kom geniet. Wanneer? Elke Woensdagoggend om 10.00.
Navrae Susan Kok, by tel. 486 8577 (Berig van Die Afrikaanse klub in Nieu-Seeland)
Die
inligting vir Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005 vir so pas bekend gemaak. Die
borg, Sanlam, het die prysgeld vir die Samlam-prys vir Jeuglektuur ingrypend opgestoot.
n Skrywer wat met n Goue Prys wegstap, kry van nou af aan R12 000,
en iemand wat n Silwer Prys verower R6 000. Meer
inligting en wedstrydreëls. A
workshop on writing van illustrating children's storybooks. From the 8th to
the 19th of December 2003, PRAESA will host a workshop on writing and ilustrating
storybooks for children aged 0 to 10 in the Arts Block at UCT. Information
(Des 2003) ATKV-Woordwoekeraars
hou skryfkompetisie. Nuwe skrywers van vyftien tot tagtig jaar word genooi
om aan dié kompetisie deel te neem. Volledige
inligting. (Des
2003) Skryfkompetisie
waar jy in jou eie TV-storie kan speel én 'n reis na Italië kan
wen. Al die besonderhede. (Nov
2003) Kinderteater
en -boekwinkel in Moreletapark, Pretoria. Die
Babbelbox open met 'n opvoering Die Maniese Pie-eet Kompetisie. Meer
inligting. Babbelbox kinderteater se vakansieprogram Kompetisie
vir skrywers en illustreerders. First Words in Print nooi skrywers en illustreerders
om nuwe boeke vir kinders tussen 0-5 jaar voor te lê. Meer
inligting en wedstrydreëls. (Okt 2003) Ou
Langoor donkie is deurmekaar.
Die afgelope paar maande het hy die eienaardigste stories gehoor by die ander
diere op die plaas: die ou koeistalle word nou verander in 'n towerplek! As klein
Giggel gansie nie uitasem kom vertel van potte verf wat afgelaai word nie, dan
is dit Bertus bok wat moes koes voor 'n lorrie vol ligte! Die eienaardigste storie
nog is Aristoteles aap wat vertel van 'n verhoog en kartondose vol
boeke!
(vertel verder!) Internasionale
kinderboekkenner in Suid-Afrika. Kimberley Reynolds is die hoofspreker by
die Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur wat later vanjaar
by die PU vir CHO plaasvind. Prof. Reynolds is direkteur van die National Centre
for Research in Children's Literature aan die University of Surrey, Roehampton
(Brittanje). Sy bied ook 'n drietal werkswinkels tydens die konferensie aan. Volledige
inligting. Harry
Potter wikkel in Afrikaans.
Vertaalwerk aan die 5de titel in Human & Rousseau se reeks Afrikaanse Harry Potters
vorder flink. Bekroonde skrywer Janie Oosthuysen, wat weer die vertaalwerk doen,
het reeds 13 hoofstukke van Harry Potter and the Order of Phoenix uitmuntend
vertaal - en daar is geen toorkunsies betrokke nie! Lees
meer Nuwe
rekord vir Storiewerf. Gedurende April en Mei is 'n gemiddeld van 700 bladsye
per dag op Storiewerf besoek. Die
wenners van Storiewerf se skryfkompetisie vir 2003 is: Lana Fourie, Helen
van der Horst, Suretha du Plessis, Lizet Engelbrecht, Marietjie Vos, Marie-Louise
Solms. Lees die wenstories in Vonkelfiksie. Daar
was baie goeie inskrywings en dit was moeilik om die wenners te kies. Baie dankie
vir almal wat deelgeneem het! Verteenwoordigende
beraad oor Afrikaanse skrywer- en boekesake word op 22 September 2003, die
Maandag voor Aardklop, in Potchefstroom gehou. Volledige
inligting en program. (Julie 2003) Konferensie
oor Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur. Die Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
van Unisa bied van 17-19 September 2003 ‘n konferensie oor Afrikaanse kinder-
en jeugliteratuur aan by die Goudini Oord naby Worcester. Meer
inligting. (Julie 2003) 'n
Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur word
van 30 September tot 3 Okober 2003 by die Potchefstroomse Universiteit
vir Christelike Hoër Onderwys aangebied word.
Volledige inligting. (Junie
2003) Skryf
nou in vir die Taalgenoot se kinderverhaalwedstryd en staan die kans om R15000
se pryse te wen! Daar is drie afdelings om aan deel te neem: Voorleesverhale
vir kinders van 3-5 jaar; Voorlees- of selfleesverhale vir kinders van 5 tot 8
jaar; Selfleesverhale vir kinders van 8 tot 11 jaar. Al
die inligting (April
2003) 'n
Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur. Uitnodiging
vir bywoning en oproep om referate vir die belangrike konferensie wat van 30 September
tot 3 Okober 2003 by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër
Onderwys aangebied word.
Volledige inligting.
(April 2003) Volg
'n kursus in skryfkuns en kreatiewe denke
aangebied deur dr Riana Scheepers, bekende en bekroonde skrywer in Afrikaans.
Die
klasse word aangebied in die historiese opstal op De Compagnie, Wamakersvallei,
Wellington. Lees alles hieroor. (April
2003) Die
Katrine Harriestoekenning vir Kinderboekillustrasies herleef vanjaar na ses jaar.
Die wenner is Jude Daly vir haar illustrasies in die boek, The Stone, gepubliseer
deur die Britse uitgewers, Francis Lincoln. Volledige
berig. (Maart 2003) Neem
deel aan die skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.
'n VOLLE R5 000 se prysgeld kan vanjaar gewen word in 'n opwindende, landwye skryfwedstryd
spesiaal deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gereël vir volwassenes
en hoërskoolleerlinge wat nog nie voorheen gepubliseer het nie. Volledige
inligting. (Maart 2003) Het
jy 'n storie oor diamante? Bly jy dalk in diamantwêreld? Hier
is 'n interessante uitdaging: "A US magazine is looking for an African girl
writer age 8-14 to write about the effect of the diamond trade upon her life."
Volledige inligting (Maart
2003) Die
wenners van die ATKV-kinderboekpryse is so pas bekend gemaak. Dit is: Leon
de Villiers en illustreerder Nico Meyer (6-7) vir Elsie soek 'n strooihoed;
Antoinette Nightingale (8-9) vir Dinge wat krrraakkk maak; Riana Scheepers
(10-12) vir Blinde sambok en Anne-Marie Conradie (13-15) vir Tippex
dit uit. Vorige wenners. Riana
Scheepers oor Die belangrikste
letterkundige prys in Afrikaans. (Maart 2003) Skryf
nou in vir die Taalgenoot se kinderverhaalwedstryd en staan die kans om R15000
se pryse te wen! Daar is drie afdelings om aan deel te neem: Voorleesverhale
vir kinders van 3-5 jaar; Voorlees- of selfleesverhale vir kinders van 5 tot 8
jaar; Selfleesverhale vir kinders van 8 tot 11 jaar. Al
die inligting (Feb 2003) Oproep
om bydraes: kortverhale. Aktua Pers beplan om `n bundel Afrikaanse kortverhale
uit te gee, wat vir die sekondêre skolemark (Graad 11 en 12`s) voorgeskryf
gaan word. Meer inligting. (Feb
2003) Oproep
om bydraes vir jeugnovelle. Aktua Pers beplan om `n jeugnovelle in Afrikaans
uit te gee. Gevestigde sowel as jonger skrywers is welkom om manuskripte voor
te lê. Meer inligting (Feb
2003) E-poslys
vir boekmense. Die Sentrum van die Boek in Kaapstad het 'n nuwe e-groep begin:
books@nlsa.ac.za. Die doel van dié groep is boekmense by mekaar uit te
bring - lesers, skrywers, uitgewers, biblioteekmense, boekhandelaars, boekliefhebbers.
Die poslys kan bv. gebruik word om konferensies, seminare, werkswinkels of boekbekendstelling
te bemark. Dit is ook die plek om navrae te rig en antwoorde te verskaf. Deelname
aan die e-groep is gratis. Om by die groep in te skakel, stuur 'n epos aan books@nlsa.ac.za
en vra om aan te sluit (subscribe). Die kontakpersoon is Colleen Higgs. Toekennings
2002. Bekroonde skrywers en boeke. (Jan
2003) Goeie nuus vir Tebogo!
The Gauteng Institute for curriculum development
gaan Tebogo Maphothoma se storie, Die Weeskind, (Lapastories) gebruik in
'n leerprogram vir Afrikaans as addisionele taal. Baie geluk Tebogo!
Lees die storie. Versoeke vir
manuskripte. Verskeie versoeke. Die
finaliste vir 2002 se Sanlamwedstryd is so pas bekend gemaak. 'n Totaal van
109 inskrywings is ontvang. In die kategorie vir Afrikaanse jeuglektuur was daar
36 inskrywings. Die finaliste in die Afrikaanse afdeling is: Carina Diedericks-Hugo,
Helena Hugo, Anlen Marais, Marita van der Vyver, Jan Vermeulen en George Weideman.
Volledige berig. A
workshop on writing and illustrating childrens storybooks. From 1st to 12
July 2002, PRAESA will host a workshop on writing and illustrating childrens story
books in the Arts Block at UCT. More
information. Die
Anglo-Boereoorlog het in Mei 1902 amptelik tot n einde gekom. Om hierdie
geleentheid te herdenk organiseer Unisa se Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
op 27-29 Mei 2002 n konferensie in Pretoria oor die uitbeelding van Anglo-Boereoorlog
in die letterkunde. Konferensie
inligting. Internasionale
Kinderboekdag (ICBD) word op 2 April gevier. Die dag word reeds sedert 1967
rondom Hans Christian Andersen se geboortedag gedenk. Die doel is om só
die liefde vir lees te bevorder en aandag op kinderboeke te vestig. Meer inligting
hieroor is op IBBY se webtuiste
beskikbaar. Pieter
Pieterse, die bekende skrywer en TV-persoonlikheid is op 17 Maart vermoor.
Hy sal veral onthou word vir jeugverhale wat in die natuur afgespeel het, soos
Ou Kanniedood kom huis toe, Die dag van die reuse en Smokkelaars
in die nag. Huldeblyk.
Gryp
jou pen vir Skrywers 2002. Dit is nou die tyd vir ongepubliseerde skrywers
om lei en griffel te gryp en deel te neem aan die Bloemfonteinse Skrywersvereniging
se jaarliks skryfwedstryd. Meer
inligting. Boeke
is wonderlike geskenke. Heerlike ontdekkings wag in die volgende boekwinkels:
Lees
volledige storie. Skrywers
word uitgenooi om deel te neem aan die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2002. Lees
verder. Twee
uitnodigings om jeugstories te skryf vir buitelandse publikasies: Skryf 'n
Afrika-storie vir Amerika. Vind
alles uit. Skryf 'n storie om Suid-Afrika te verteenwoordig. Lees
meer. Toekennings
2001. Bekroonde skrywers en boeke. Een-dag-storiemaakwinkel.
Kom leer hoe om 'n storie te maak. Aangebied deur die bekroonde skrywer Martie
Preller. Lees meer. Kry
'n kreaploffing in jou kreadagtes! Kreatiwiteitswerkswinkel aangebied deur
M1 en M2. Meer hieroor. Le
Carré filmpremière vir kinderboeke. Die opbrengs van
die geleentheid gaan vir First words in print - 'n projek met die oogmerk
om 'n leeskultuur by jong kinders te vestig. Meer
inligting. Skryfkompetisie
oor die Anglo-Boereoorlog vir
graad 7-12-leeringe met gróót
pryse om te wen. Vind meer
uit. Internasionale
konferensie oor kinder- en jeugboeke. Die 15de konferensie van die IRSCL (International
Research Society for Children's Literature) vind van 20-24 Augustus by Klein Kariba
plaas. Meer hieroor. 'n
Goeie prenteboek is die eerste kunsgalery waardeur 'n kind stap. Piet Grobler,
die skepper van Storiewerf se woordvrate, is vanjaar die amptelike feeskunstenaar
by die KKNK. Lees meer. Die
wenners in die Afrikaanse afdeling van 2000 Sanlam-prys vir Jeuglektuur is: Jan
Vermeulen (goud) vir Geraamtes
dra nie klere nie, Rena Schüler (silwer) vir Die
somervakansie wat te lank was,
Boeke
maak tóg 'n verskil... 'n mooi
storie oor 'n Sanlamwenner. Toekennings
2000. Bekroonde skrywers
en boeke. |