|
Aktua Pers (`n uitgewer in Pretoria) beplan om
`n bundel Afrikaanse kortverhale uit te gee, wat vir die sekondêre
skolemark (Graad 11 en 12`s) voorgeskryf gaan word. Die verhale
gaan grootliks binne `n Uitkomsgebaseerde Onderrigprogram (UGO)
aangewend word, maar die bundel sal ook aan die breë publiek
bemark word. Die bundel wil graag aktuele Suid-Afrikaanse kwessies
onder die loep neem en hierdie is `n goeie publikasiegeleentheid
vir enige skrywer. Van die kwessies wat skrywers kan aanroer is
onder meer:
· Armoede
· Verkragting
· Kulturele interaksie
· Misdaad in die breë
· Geweld
· Grondbesit/grondeise (die politiek van grond)
· Die rol van die vrou
· MIV/Vigs en ander sosiale probleme
· Dwelmmisbuik
· Rassekwessies
· Godsdienskwessies
· Omgewingskwessies
· Versoening
· Arbeidskwessies
Ons soek veral voorheen ongepubliseerde werk met `n bemoedigende
inslag, wat weer hoop by Suid-Afrikaanse leerders en lesers kan
skep. Die bundel wil sover moontlik verteenwoordigend wees van die
breë Afrikaanse skrywersgemeenskap. Jonger skrywers is meer
as welkom om `n bydrae te lewer.
Keerdatum vir bydraes: 31 Maart 2003
Lengtebeperking: Ongeveer 10 bladsye in dubbelspasiëring,
maar langer of korter bydraes sal oorweeg word
Formaat: Bydraes moet op `n disket (tesame met `n hardekopie)
per gewone en/of elektroniese pos gestuur word aan:
Adres:
cochrane@postino.up.ac.za
Posbus 11372
Queenswood
0121
Vir meer inligting rondom tantiemes of enige ander navrae kontak
gerus vir Neil Cochrane by:
(012) 420 4289 (w) (Departement Afrikaans, UP)
(012) 331 3846 (h)
083 923 8752

|