|
Skryf nou in vir die Taalgenoot se kinderverhaalwedstryd
en staan die kans om R15 000 se pryse te wen!
Waarom
'n kinderverhaalwedstryd?
Vir die ATKV is dit belangrik dat kinders vroeg reeds kennis maak
met die plesierigheid van kinderboeke en die lees daarvan, sodat
'n liefde vir lees van kleins af gekweek word.
Ingevolge 'n ooreenkoms wat die ATKV onlangs met die provinsie
van Antwerpen in België gesluit het, het Antwerpen 'n bedrag
beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van die kinderboekbedryf
in Suid-Afrika - nie net vir die skryf van kinderboeke nie, maar
ook vir die uitgee daarvan.
Een van die eerste projekte wat aangepak is om uitvoering te gee
aan die ooreenkoms, was 'n slypskool vir die skrywers van kinderverhale
in Julie verlede jaar. Die skrywers van die beste verhale is elk
aan 'n mentor toegewys. Die mentor is tans besig om, saam met die
skrywer, te werk aan die verfyning en afronding van hul verhale,
sodat dit uiteindelik geskik sal wees vir publikasie.
'n Bedrag geld is ook gebruik om boeke te skenk aan skole in behoeftige
gemeenskappe, sodat 'n leerkultuur onder die kinders gekweek word.
"n Derde projek wat nou aangepak word, is die Taalgenoot
se kinderverhaalwedstryd.
Sluitingsdatum
Die sluitingsdatum van die kinderverhaalwedstryd is 31 April 2003.
Hoe
neem ek deel?
Deelnemers kan in een of meer van drie kategorieë deelneem:
- Voorleesverhale vir kinders van 3-5 jaar
- Voorlees- of selfleesverhale vir kinders van 5 tot 8 jaar
- Selfleesverhale vir kinders van 8 tot 11 jaar.
Wen
groot pryse!
- Algehele wenner: R3 000 kontant, 'n naweek vir ses by enige
ATKV-oord ASOOK gratis bywoning van die ATKV-Skryfskool se Herfsskool
vir Skrywers
- Eerste prys in elke kategorie: R1 000 kontant, asook 'n naweek
vir vier by enige ATKV-oord OF gratis bywoning van een van die
ATKV-Skryfskool se naweekkursusse
- Tweede prys in elke kategorie: R750 kontant
- Aanmoedigingspryse in elke kategorie: 'n Boekpak met kinderboeke
ter waarde van R200 met komplimente van LAPA Uitgewers.
Skryf nou in!
Moenie langer wag nie - skryf sommer nou in!
Stuur jou inskrywings saam met 'n inskrywingsvorm na Kinderverhaalwedstryd,
Taalgenoot, ATKV, Posbus 4586, Randburg, 2125.
Kinderverhaalwedstryd:
Reëls
- Die sluitingsdatum vir die wedstryd is 31 April 2003. Geen
laat inskrywings sal aanvaar word nie.
- Skrywers mag vir een, twee of al drie kategorieë inskryf,
maar slegs twee inskrywings per skrywer per kategorie sal aanvaar
word.
- Deelnemers hoef nie ATKV-lede te wees nie.
- Geen beperkings word op die lengte van die verhale geplaas
nie. Deelnemers moet egter in gedagte hou dat die lengte van die
ingeskrewe verhaal gepas moet wees vir die ouderdomskategorie
waarvoor die verhaal geskryf is.
- Verhale hoef nie geïllustreer te wees nie.
- VIER eksemplare van elke inskrywing, elk met 'n inskrywingsvorm,
moet ingesluit word.
- Verhale moet getik en op A4-grootte papier voorgelê word.
Geen handgeskrewe inskrywings sal aanvaar word nie.
- Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie
sal daaroor gevoer word nie.
- Die Taalgenoot en LAPA Uitgewers behou die reg voor om enige
van die ingeskrewe verhale redaksioneel te versorg en dit te publiseer.
Skuilname mag gebruik word, maar die skrywer se regte naam en
van MOET op die inskrywingsvorm
(Word-formaat) verskyn.
- Name van skrywer mag slegs op die inskryfvorm verskyn en NIE
op die verhaal self nie.
- Die Taalgenoot behou die reg voor om een of meer van die pryse
nie toe te ken nie, indien die standaard van inskrywings nie na
wense is nie.
- Die algehele wenner, wat uit die drie kategoriewenners aangewys
sal word, ontvang 'n kontantprys van R4 000 (R1 000 as kategoriewenner
en R3 000 as algehele wenner), maar kom net in aanmerking vir
EEN gratis naweek by 'n ATKV-oord. Die algehele wenner ontvang
die gratis naweek ASOOK gratis bywoning van die Herfskool van
die ATKV-Skryfskool.
- Kategoriewenners ontvang R1 000 kontant, en het 'n keuse tussen
enige van die naweekskryfkursusse van die ATKV-Skryfskool of 'n
gratis naweek by 'n ATKV-oord.
- Naweke by ATKV-oord kan nie binne die vakansieseisoen of oor
langnaweke geneem word nie. Die naweke moet geneem word tussen
31 Mei en 31 November 2003.
- Naweekpryse sluit verblyf vir ses persone vir twee nagte by
die oord van die pryswenner se keuse in. Die waarde van die naweke
is sowat R1 000 elk. Vervoer na en van die oord is nie ingesluit
in die prys nie. Eenhede waarin verblyf verskaf word, is selfsorgeenhede
en etes is dus nie ingesluit in die prys nie.
- Pryse is nie omruilbaar vir kontant nie.
- Wenners van die naweekpryse moet positiewe identifikasie toon
met hul aankoms by die oord. Pryse is nie oordraagdaar nie.
- Inskrywings kan gestuur word aan Kinderverhaalwedstryd, Die
Taalgenoot, ATKV, Posbus 4586, Randburg, 2125.
- (Inskrywingsvorm in Word-formaat.
Kontak Susan Lombaard indien jy dit nie kan ontsluit nie.)

|