|
Die Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur van
Unisa bied van 17-19 September 2003 n konferensie oor Afrikaanse
kinder- en jeugliteratuur aan by die Goudini Oord naby Worcester.
Tydens hierdie konferensie, "Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom",
gaan gepoog word om benewens skrywers en illustreerders, ook uitgewers,
akademici, verteenwoordigers van die boekhandel, biblioteekwese
en onderwys bymekaar te bring om oor die stand en toekoms van die
Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur te praat. Skrywers en illustreerders
wat reeds aangedui het dat hulle sal deelneem, is Marianna Brandt,
Leon de Villiers, Philip de Vos, Carina Diedericks-Hugo, Piet Grobler,
Barrie Hough, Jacobs, Martie Preller, Riana Scheepers en George
Weideman. Daar word nog met talle ander onderhandel.
Belangstellendes word hiermee deur die organiseerders uitgenooi
om voorstelle vir lesings oor enige aspek rakende die Afrikaanse
kinder- en jeugliteratuur in te dien. n Opsomming van ongeveer
200 woorde moet voor 30 Junie gestuur word aan:
Thomas van der Walt
Eenheid vir Navorsing in Kinderliteratuur
Departement Inligtingkunde
Universiteit van Suid-Afrika
Posbus 392
0003 Pretoria
E-pos: vdwaltb@unisa.ac.za
Faks: (012) 429 6520

|