|
Vertaalwerk aan die 5de titel in Human & Rousseau
se reeks Afrikaanse Harry Potters vorder flink.
Bekroonde skrywer Janie Oosthuysen, wat weer die vertaalwerk doen,
het vanoggend reeds 13 hoofstukke van Harry Potter and the Order
of Phoenix uitmuntend vertaal - en daar is geen toorkunsies betrokke
nie!
Janie het vroeg Saterdagoggend, 21 Junie, saam met nagenoeg 700
ander Kaapse Harry-aanhangers haar eksemplaar van die nuutste boek
gaan inwag en kort daarna aan die werk gespring.
Harry Potter en die Orde van die Feniks sal teen die einde
van Oktober 2003 beskikbaar wees, net betyds vir die Kerskous. Dit
word weer deur Human & Rousseau uitgegee.
Kompetisies met groot pryse en 'n allemintige bekendstellingspartytjie
IEWERS in Suid-Afrika sal die koms van die Afrikaanse vertaling
voorafgaan. Hou die uilepos dop!
Vir enige medianavrae kontak asseblief vir Michelle Cooper by NB-Uitgewers:
Tel. (021) 406 3414 of mcooper@nb.co.za.

|