|
'n Konferensie
oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur word van 30 September
tot 3 Okober 2003 by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike
Hoër Onderwys aangebied.
Uitnodiging vir
bywoon van konferensie en lewer van referate
Die doel van die konferensie is die bevordering van kinder- en
jeugliteratuur in al die tale van Suid-Afrika. Veeltaligheid in
Suid-Afrika beteken onder andere dat die literatuur van elke taal
op so 'n wyse ontwikkel moet word dat dit 'n bewustheid van taalidentiteit
en taaltrots by elke Suid-Afrikaner help bevorder.
Die konferensie is vir almal wat op een of ander manier betrokke
is/wil wees by die produksie (bv. mondelinge vertellers,
skrywers, illustreerders, vertalers, uitgewers), bemarking en
verspreiding (bv. uitgewers, agente, boekhandelaars), bemiddeling
(bv. onderwysers, ouers, bibliotekarisse, koerante, radio, televisie)
en reaksie van kleuters, kinders en tieners op bv. verhale,
poësie, toneel en film. Om kinder- en jeugliteratuur optimaal
te laat groei in 'n veeltalige Suid-Afrika, is dit nodig dat belanghebbendes
by kinder- en jeugliteratuur hulle probleme, uitdagings, oplossings
en suksesse met mekaar deel.
Ons internasionale medewerker is prof. Kimberley Reynolds,
direkteur van die National Centre for Research in Children's Literature
aan die University of Surrey, Roehampton (Brittanje). Sy sal 'n
aantal werkswinkels aanbied oor kwessies van algemene belang in
kinderliteratuur: (1) "Childhood and children's literature",
(2) "What are they reading? An international overview of young
people's reading habits" en (3) "Theory and text: why
we use theory with children's literature".
'n Werkswinkel oor die ontwerp, bou en onderhou van kinderliteratuurwebtuistes
word aangebied deur dr. Franci Greyling, vakvoorsitter van Skryfkuns
van die PU vir CHO.
Alle onderwerpe oor kinder- en jeugliteratuur
welkom:
Belangstellendes word uitgenooi om referaatvoorstelle vir die konferensie
voor te lê. Referate (20 minute + 10 minute besprekingstyd)
kan handel oor byvoorbeeld die volgende onderwerpe:
- Produksie van kinderliteratuur: mondelinge vertelling, die
skryf van verhale, gedigte, drama/toneel, die uitgewerswese (veral
Woensdag 1/10)
- Bemarking en verspreiding: agente, die boekwinkelbedryf (veral
Donderdagoggend 2/10)
- Mediëring: die voorlees van verhale en gedigte, kinderteater,
fasilitering van kleuter-, kinder- en jeugliteratuur in alle skoolfases,
biblioterapie, narratiewe terapie (veral Donderdagmiddag 2/10
en Vrydag 3/10)
- Resepsie: leesbehoeftes en leespatrone van Suid-Afrikaanse
kleuters, kinders en tieners, lesersreaksies (al vier dae)
- Literatuurteorie en kinderliteratuur (al vier dae)
- Interdissiplinêre studies, byvoorbeeld die interaksie
tussen kinderliteratuur en psigologie, die onderwys, kommunikasiestudies,
inligtingstegnologie, visuele kunste, kultuurstudies, die uitgewerswese,
mediastudies, ekonomie ens. (al vier dae)
- Vergelykende studies in die Suid-Afrikaanse en internasionale
konteks (al vier dae).
Referate kan gelewer word in enige van die amptelike tale van Suid-Afrika.
Referaatopsommings moet, indien dit in 'n ander taal as Engels gelewer
gaan word, ook van 'n Engelse opsomming voorsien wees.
Datums:
30 Mei 2003: Finale titel, referaatopsomming (300 woorde), kort
C.V. (100 woorde). Registrasie (betaling ingesluit).
5 September 2003: Laaste datum vir registrasie (betaling ingesluit).
Referaatopsommings moet per e-pos
ef landpos gestuur word aan:
Betsie van der Westhuizen
Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Skool vir Tale
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
Privaatsak 6001
Potchefstroom
2520
Suid-Afrika
Tel.: +27 18 2991491 of: 018 2991491
Faks: +27 18 2991562 of: 018 2991562
E-pos: afnesvdw@puknet.puk.ac.za
'n Beperkte aantal beurse (vir konferensie, etes en verblyf, maar
reiskoste uitgesluit) is beskikbaar. Stuur aansoeke met 'n volledige
C.V. per e-pos of landpos aan Betsie van der Westhuizen.
Navrae oor enige faset van die konferensieprogram
kan gerig word aan:
Dr. Betsie van der Westhuizen
Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Tel.: +27 18 2991491 of: 018 2991491
Faks: +27 18 2991562 of: 018 2991562
E-pos: afnesvdw@puknet.puk.ac.za
OF
Dr. Franci Greyling
Vakgroep Skryfkuns
Tel. +27 18 - 2991783 of: 018 2991783
Faks: +27 18 2991562 of: 018 2991562
E-pos: sktsfg@puknet.puk.ac.za
OF:
Dr. Maria Letsie
Vakgroep Afrikatale
Tel.: +27 18 2991511 of: 018 2991511
Selfoon: 0723120247
Faks: +27 18 2991562 of: 018 2991562
E-pos: aftmml@puknet.puk.ac.za
Ons posadres:
Skool vir Tale
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
Privaatsak 6001
Potchefstroom
2520
REGISTRASIEVORM
(Word-formaat)

|