Werfjoernaal
 
2004-02-14

werfjoernaal
argief



Dis weer tyd vir die ATKV-Skryfskool se Herfsskool

Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar die gewilde Herfsskool vir skrywers van 22-26 Maart in Potchefstroom aan.

Bekende skrywers, soos Elias Nel, Adrio König, Martie Preller, Corlia Fourie, Abraham de Vries, Ronel Nel en Winston Mohapi is ingesluit. Kursusgangers kry ook geleentheid om met uitgewers van Lapa te gesels.

Enige mens wat sy of haar eie skryfwerk wil verbeter, is welkom om vir die 5 dae die Herfsskool by te woon. Herfsskoolgangers ontmoet bekende skrywers, kry direkte terugvoer op hulle eie skryfpogings, woon werkswinkels by en gesels met voornemende skrywers oor skryf!

Daar is vyf bene in die kursus waaruit u kan kies, nl. prosa, poësie, kinderliteratuur, Christelike literatuur of fotojoernalistiek.

Die koste vir vanjaar se Herfsskool is R1 300 per persoon wat selfsorg verblyf vir 4 nagte insluit.

Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar ook verskeie naweek- en dagkursusse regoor die land aan. In September bied die Skryfskool ook 'n driedaagse Lenteskool aan.

Vir verdere besonderhede besoek die webtuiste http://www.puk.ac.za/fakulteite/lettere/SKT/skryfskool_kursusse_herfs.html

of skryf of e-pos of skakel Kobie van Aswegen by:

ATKV-Skryfskool
Privaatsak X6001
POTCHEFSTROOM
2520

Tel: (018) 299-1783
Faks: (018) 299-1562
E-pos: assjcjva@puknet.puk.ac.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2005