|
Unisa se Eenheid vir Navorsing oor Kinderliteratuur
(ENIK) bied op 2 Maart 'n seminaar aan oor Godsdiens, letterkunde
en die kind.
Dinsdag 2 Maart 2003: Senaatsaal, Theo van Wijkgebou, Unisa
Die sprekers wat sal optree, is Prof Sakkie Spangenberg, Fakulteit
Teologie, Unisa wat sal praat oor die noodsaak om vir kinders godsdiensverhale
te vertel om hulle te help om hulle identiteit te vestig maar dat
dit gedoen moet word met die nodige sensitiwiteit vir die bestaan
van ander godsdienste se verhale. Ds Antionette Wilson, NG Kerk
Pretoria Oosterlig se bydrae sal handel oor "Die oordrag van
die Bybelverhaal: 'n hermeneutiese proses, terwyl Dr Reda Davin,
Departement Primere Skool Onderwysersopleiding, Unisa sal praat
oor hoe Bybelverhale vir die jond kind gekies behoort te word. Prof
Tinus Roux, Skool vir Opvoedkunde en Opleiding, Noordwes Universiteit
in Potchefstroom gaan kyk na die baie relevante tema van die nuwe
godsdiensbeleid van die regering in sy bydrae "Die nuwe Godsdiensonderrig
beleid as voertuig vir regering se strewe nasiebou". Prof Ig
Gous, Fakulteit Teologie, Unisa se lesing is getitel "Josef:
van Bog tot Broer. Stories vir lewensvaardighede"; Sua du Plessis
van CUM Boeke sal praat oor die Christelike boekmark vir kinders
en Ds Danie du Toit, NG Kerk Waterkloof se een bydrae sal handel
oor The Lord of the Rings as Christelike teks.
'n Hele sessie sal handel oor Harry Potter. Neels Jackson - Beeld
gaan die hele debat wat nou al so lank oor die Harry Potter boeke
gevoer word, in perspektief plaas. Ds Danie du Toit gaan ook praat
oor die Die Potter-"fenomeen": Potter as kinderliteratuur,
terwyl Prof Christina Landman, Fakulteit Teologie, Unisa spesifiek
sal kyk na die vraag: Is Harry Potter godsdienstige literatuur?
Die seminaar vind plaas in die Senaatsaal in die Theo van Wijkgebou
van Unisa en die koste daaraan verbonde is R140 wat middagete, koffie
en tee insluit.
Registrasievorm is beskikbaar by: http://www.childlit.org.za/KonfGodsRegis.html
Vir navrae en meer inligting: Dr Thomas
van der Walt, Tel: (012) 429 6520. E-pos: vdwaltb@unisa.ac.za

|