|
'n VOLLE R5 000 se prysgeld kan vanjaar gewen
word in 'n opwindende, landwye skryfwedstryd deur die Bloemfonteinse
Skrywersvereniging gereël slegs vir volwassenes en hoërskoolleerlinge
wat nog nie voorheen gepubliseer het nie.
Daar is ook vier wisseltrofeë vir skole op die spel. Wenners
van geldpryse kan verder 'n Slypskool vir Ontluikende Skrywers wat
die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in Augustus aanbied, gratis
bywoon.
Deelnemers moet een of meer oorspronklike opstelle, vertellings,
kortverhale of kortkortverhale in Afrikaans oor voorgeskrewe onderwerpe
voor Vrydag 7 Mei 2004 indien. Inskrywings word heeltemal anoniem
beoordeel.
Daar is drie afdelings:
- 'n junior afdeling (gr. 8 en 9)
- 'n senior afdeling (gr. 10 - 12) vir hoërskoolleerlinge
- 'n ope afdeling vir volwassenes en leerlinge.
Inskrywings in die skole-afdelings moet hoogstens 1 000 woorde
lank wees en in die ope afdeling hoogstens 2 500 woorde.
In elke afdeling is daar vier pryse, plus 'n aanmoedigingsprys
vir 'n deelnemer uit 'n voorheen histories benadeelde gemeenskap,
of vir 'n deelnemer wie se moedertaal nie Afrikaans is nie.
Al die bekroonde inskrywings sal in Inkvars 2004, 'n huishoudelike
publikasie van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, gepubliseer
word.
Die wedstryd word deur die Vrystaatse dagblad Volksblad geborg
en word met die steun van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige
Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein geadministreer.
Die wedstryd word sedert 1989 landwyd aangebied en het sedertdien
gegroei tot die grootste in sy soort in die land.
Inskrywing
Alle inskrywings moet van 'n voorgeskrewe inskrywingsvorm vergesel
wees.
Die vorm en ook alle verdere besonderhede oor die wedstryd is op
http://www.geocities.com/bsv_skrywers/skryfwedstryd.html
Of bel Stoffel Cilliers by
(051) 436 8089 (alle ure) of
Cecilia van der Linde by (051) 444 0115 (alle ure).

|