| Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word
vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied
en bekendes uit die skryfwêreld sal as aanbieders optree. DATUM:
14 - 18 Maart 2005 PLEK: ATKV Buffelspoort (naby Rustenburg) KURSUSSE:
Hoe skryf ek prosa, poësie, kinderliteratuur? KOSTE:
R1 500,00, verblyf vir 4 nagte in selfsorgeenhede ingesluit SLUITINGSDATUM
VIR INSKRYWINGS: 4 Maart 2005 TOELATINGSVEREISTES: Net
jou eie skryfstukkie, soos hieronder uiteengesit. Herfsskoolgangers
kan vanjaar dus uit drie bene tydens die Herfsskool kies: prosa, poësie en
kinderliteratuur. Hierdie bene loop gelyktydig tydens die Herfsskool. Vir
vyf dae word daar intensief aan jou eie skryfwerk geskaaf deur skrywers, uitgewers,
groepleiers en werkswinkelaanbieders. Aan die einde van die Herfsskool word `n
bywoningsertifikaat uitgereik. Die Herfsskool begin op Maandag, 14 Maart
2005 om 11:00 (jy kan reeds van 09:00 af registreer) by die ATKV-oord, Buffelspoort
en die Herfsskool sal Vrydag om 12:00 afsluit sodat jy weer kan vertrek. Die
drie verskillende bene van die Herfsskool word in parallelle sessies aangebied,
hoewel die hooflesings van skrywers of uitgewers vir al die kursusgangers gelyktydig
aangebied word. Om tot die Herfsskool toegelaat te word, word daar `n skryfstuk
gevra wat jy saam met jou inskrywing voor die sluitingsdatum, 4 Maart 2005, moet
inlewer met `n deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie). Hierdie skryfstuk
van jou word deur die loop van die week in kleingroepverband met jou bespreek. Die
Herfsskool bied jou nie net die geleentheid om met die skryfkuns, skrywers, uitgewers
en tydskrifmense kennis te maak nie, maar jy ontmoet ook ander mense wat jou intense
belangstelling deel en wat met dieselfde skryfprobleme as jy worstel. Dit maak
nie saak op watter vlak jou skryfwerk is nie - of jy nog nooit gepubliseer het
nie, en of jy alreeds gepubliseer het - die Skryfskool se mense sal jou skryfwerk
help slyp. Die bene van die Herfsskool en elkeen se skryfstukke lyk só: KINDERLITERATUUR Om
vir kinders of vir die jeug te skryf, is dieselfde as om vir grootmense te skryf
- dit is net moeiliker! Die moets en moenies van kinderliteratuur en die besondere
eise daarvan word behandel. Om vir hierdie been in te skryf moet jy `n kinder-
of jeugverhaal van nie meer as 10 bladsye saam met jou inskryfvorm instuur. PROSA Hoe
lyk `n kortverhaal of `n roman? Daar word aandag geskenk aan die uitwerk van die
verhaallyn die skep van karakters en ruimte en die tyd van die storie. Om
vir hierdie been in te skryf, moet jy `n kortverhaal van nie meer as 10 bladsye
vooraf instuur. POëSIE Waar
kry ek `n gedig vandaan? Hoe werk metafore, klank, beweging en vorm wanneer ek
`n gedig skryf? Moet dit rym, en wat is `n moderne gedig nou eintlik? Vir
hierdie been moet jy een gedig met jou inskrywing saamstuur. AKKOMMODASIE Akkommodasie
is beskikbaar in netjiese, selfsorgingseenhede by die ATKV-oord, Buffelspoort. Vir
inskrywingsvorm of navrae Vir 'n inskrywingsvorm kontak Kobie
van Aswegen Tel: (018) 299-1783 Faks: (018) 299-1784 assjcjva@puknet.puk.ac.za
Inskrywings, 'n deposito van R500,00 (nie terugbetaalbaar nie) en
jou skryfstuk (getikte skryfstuk en ses afskrifte daarvan) vir die betrokke been
moet ons nie later as 4 Maart 2005 bereik nie. Ons het al baie mense gehelp
om regtig aan die skryf en publiseer te kom, ons kan jou ook help! Stuur
die voltooide inskryfvorm saam met jou voor 4 Maart 2005, aan: Die Direkteur ATKV-Skryfskool Noordwes-Universiteit Privaatsak
X6001 POTCHEFSTROOM 2520 |