| You, Huisgenoot en Drum, Human & Rousseau
Uitgewers, SABC Education en RSG se radioskryfskool, Zip, kondig met trots aan
die grootste skryfkompetisie vir ongepubliseerde jong aspirantskrywers: Ek's 'n
skrywer! 'n Nuwe en opwindende Suid-Afrikaanse verhaal, geskryf in Afrikaans,
Engels, of een van die Sotho- of Nguni-tale, deur enigiemand onder 35 jaar staan
'n kans om 'n kategorie te wen in hierdie ongelooflike kompetisie. Daar is drie
kategorieë: 1. Roman of novelle
(oop vir enigiemand onder 35 jaar) Lengte: 25,000-50,000 woorde Prys: R10,000
(per taal) en die moontlike publikasie van die roman. 2.
Kortverhaal (graad 4-6) Lengte: minimum van 500 woorde Prys:
R1,000 (per taal), boeke vir jou skool en die moontlike publikasie van die verhaal
in 'n bundel. 3. Kortverhaal (graad
7-9) Lengte: minimum van 2,500 woorde Prys: R2,000 (per taal), boeke vir
jou skool en die moontlike publikasie van die verhaal in 'n bundel.
Die
sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 April 2006. Skakel elke
Woensdag om 20:00 in op RSG (100-104 FM) vir waardevolle skryfwenke en meer inligting
oor die kompetisie. Wedstrydreëls en inskryfvorms is beskikbaar in geselekteerde
uitgawes van You, Huisgenoot en Drum. Skakel 083 913 3000, besoek die webwerf
www.sabceducation.co.za/befonk of kontak vir Carina Hugo (chugo@nb.co.za) of Lana
Bakkes (lbakkes@media24.com) vir nadere besonderhede. Zip jou skryftalent
oop - word 'n skrywer! |